Feestelike haarbykomstighede; van strikke tot scrunchies en haarbande

Hierdie feestelike haarbykomstighede is nie net ’n redder as jy vasdraai met tyd nie, maar dit gee dadelik ’n tikkie feestelike glans aan jou voorkoms. Deur Suzanne Kotzé

Feestelike haarbykomstighede; strikke

Strikke is steeds groot nuus, en hierdie jaar is reusestrikke selfs op die dekorfront ook te sien, in bome, op tafels en aan deure.

Thaciana Bow Hair Tie (R129, Poetry)
Satin Bow Hairbands 2 Pack (R99, 95, Woolworths)
Satin Bow Hair Clip (R279, Zara)
OpHeidi Hair Bow (R149, Cotton On)
Neutral Large Double Bow Hair Claw Clip (R270, Lovisa)
Satin Headband with bows (R249, Zara)
Katie Check Bow Clip (R199, Poetry)
The Pleated Edge Bow (R199, Me and B)

Knippies

Blair Constellation Clips (R199, Poetry)

Dra gerus jou knippies aan die een kant van jou kop om ’n stelling te maak, hoe meer knippies saam hoe beter. Kies knippies wat met jou haarkleur kontrasteer of iets blink in het sodat jy dit mooi kan sien. (Dit is een keer in die jaar wat jy gerus ekstra kan sprankel).

Silver Snowflake Hairpins 2-Pack (R190, Lovisa)
Multi Flower Diamanté Clips (R270, Lovisa)
Lennon Clips (Multi-Pack) (R199, Poetry)

Haarknippe

Blomme, pêrels en seeskulpe is groot nuus as dit by haarknippe kom.

Pearl & Flower Cluster Hair Clip (R270, Lovisa)
Seashore Barrette (R126,75, Forever New)

Knip wat uitgly

Hoeveel keer sit mens nie ’n mooi knip in, net sodat dit ’n rukkie later weer uitgly nie.

Keer dit so:

  1. Besluit waar jy die knippie gaan plaas, en pluiskam die area effens sodat daar ekstra ‘grip’ is.
  2. Spuit jou knippe en die area liggies met haarsproei.
  3. Moenie te veel of te min hare gebruik nie. Te min hare veroorsaak dat die knip uitgly en te veel maak dat dit nie behoorlik wil toe nie. Kies min of meer dieselfde hoeveelheid hare as die breedte van die knip.
  4. Steek jou hare eers met ’n ‘bobby pin’ vas en steek dan jou knip bo-oor vas.
  5. Spuit ’n klein bietjie haarsproei rondom die area nadat jy die knip ingesteek het.

Haarbande

Haarbande is ook wonderlik om effense uitgroei-kleur weg te steek.

Geni Freshwater Pearl Alice Band (R249, Poetry)

Shia Beaded Alice Band (R349, Poetry)
Sequin Alice Band (R149, Woolworths)

Scrunchies

Boo-hoo Oversized Sheer Scrunchie – Ivory (R249, Superbalist)

Die scrunchie bolla

Hierdie is ’n lekker manier om ’n scrunchie te gebruik. Haarstilis Matthew Curtis het die voorkoms vir die New York modeweek geskep. Hy het mousse aan hare aangewend, dit droog gemaak en toe hare gekrul met ’n krultang. Daar het hy ’n poniestert gemaak, die hare in twee verdeel en dit om mekaar gedraai om ’n touvlegsel te vorm en toe ’n bolla daarmee gevorm en vasgesteek. Daarna is die scrunchie ingesit.

Die scrunchieserp (scrunchie en serp in een) is nog ’n interessante manier om ’n scruchie te dra. Jy kan die serp deel rondom jou poniestert laat hang, dit saam invleg of selfs ’n strik maak daarmee.

Plain Scrunchie Scarf (R149, Woolworths)

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
lipstiffie kleure
Lipstiffiekleure wat elke vrou moet hê
error: Content is protected !!