Daar is min dinge so lekker soos die uitsien na turkoois water, goue sand en souterige lywe met ’n eilandvakansie wat op pad is. As ware skoonheidsliefhebbers word ons smuktassies vol skoonheidsprodukte net so belangrik geag soos die uitrustings wat ons inpak. Justine deel haar lysie van moet-hê skoonheidsprodukte om saam te neem op ’n eiland- (of see) vakansie. Hier’s wat saamkom:
Deur Justine Kroes
Sonbeskerming
Avène Ultra Fluid Perfector for Face
Sonskerm is naas my paspoort seker die heel belangrikste item wat ingepak word. Ek wil ook nie noodwendig tussendeur swem en in die son lê, ’n gesig vol grimering dra nie, dit is waarom die Avène Ultra Fluid Perfector for Face ’n spesiale plekkie in my smuktassie verdien.
Die sonroom laat my vel foutloos lyk sonder om swaar of olierig te voel. Hierdie ligte sonroom is steeds hoog in beskerming en laat my vel egaglig en glansend lyk met net genoeg dekking vir ’n gepoleerde vakansievoorkoms.
Avène Water-Resistant Sunscreen for Kids
Dan natuurlik sonskerm vir die kinders, en dankie tog vir Avène Water-Resistant Sunscreen for Kids, ’n familie moet-hê, veral as jou kinders sukkel met sensitiewe velletjies, soos myne.
’n Gunsteling omdat dit ekstra sag is op selfs die mees sensitiewe velle, geurvry is met ’n breë spektrum beskermingsfaktor teen die son. Boonop hou dit ure lank op klein lyfies tussendeur son, see, speel en swem omdat dit waterdig is. Ons wend in elkgeval elke paar uur sonskerm aan. Wees gewaarsku, selfs die grootmense gaan die een wil gryp!
Beskerming vir hare
Berskerming vir jou vel, ja maar wat van jou hare?! Die swem, see en eilandson is nie altyd goed vir jou hare nie, daarom kan ek nie sonder Sisley se Protector Fluid vir hare nie. Spuit eenvoudig aan voordat jy swem of in die son gaan wees. Hierdie slim sproei beskerm die hare teen UV strale en hou jou hare sysag en gehidreerd. Dit maak dit ook super maklik om te gaan van strand tot aandete sonder kroeserige droë hare.

Sisley Hair Protective Fluid (R1900)
Ek het nie juis krul hare nie maar die sproei gee my hare ‘n natuurlike wave. My skoonsus het wel krul hare, kyk hier na die voor en tien minute na die produk aan haar hare gespuit is. Veel meer hanteerbaar, sag en minder droog.


Ek gebruik dit sommer op my dogters se hare ook, minder koeke en uitkamdrama en gesonde lokke vir almal nog lank nadat die vakansie verby is.
Eilandgrimering
’n Vakansie is natuurlik die beste tyd om te eksperimenteer met verskillende grimeer- en lipskakerings en Clarins se somerreeks stel nooit teleur nie! ’n Beperkte uitgawereeks met die allermooiste tropies geïnspireerde skakerings en ligte teksture komplementeer ’n songesoende vel. Dink aankoraallippe, bronsooglede en ’n glansende gelaat wat enige iemand soos ’n eilandgodin sal laat voel.
Clarins Skin Illusion Tinted Moisturizer in 04 gee ’n natuurlike, gesonde en glansende velvoorkoms. Lig en hidrerend vir ’n natuurlike onderlaagvoorkoms wat hou en hou in die eiland se humide weer.
Clarins All-In-One Palette (R895), ’n veelsydige “multi-use” palet met die mooiste skakerings wat ek op my oë, en my gesig as verhelderaar gebruik.
Clarins Lip Comfort Oil. Daar was nog geen Clarins lipolie wat ons ontmoet het wat nie ’n handsakgunsteling word nie. Skakering 27 ‘Fleeting Dew’ is die mooiste sagte koraal skakering met ultrafyn glinsterende vlokkies (jy voel nie die glinsters nie) vir daardie voller lipvoorkoms en ekstra glans.


Clarins Bronzing Compact Powder (R920) with Coconut oil. Ons sien elke jaar uit na die Clarins verbronsingspoier.
Sonder hierdie verbronser kan ons nie, bewyse:

Hier is ’n foto van my vorige Clarins Bronzing Powder wat byna twee jaar lank gehou het, jy gebruik hom tot op die laaste krummel!
Gebruik dit as verbronsingspoeier en as die perfekte oogskadu skakering vir elke dag se dra.
Clarins Fix’ Makeup Spray (R625), is ’n revolusionêre 4-in-1 grimeersproei ontwikkel om jou grimering te laat hou en te verfris deur die loop van die dag. Nie net hou die sproei jou grimering op sy plek nie (hallo eiland-humiditeit!) maar hierdie nuwe weergawe bied 12 uur lange hidrasie, beskerm teen besoedeling en vrye radikale. ’n Grimeersproei wat beloof om grimering vir 24 uur op sy plek te hou, boonop een wat vel hidreer, voed en beskerm.
Reis-groottes:
Dermalogica Daily Microfoliant & Precleanse (reisgrootte)
Reis en die humiditeit kan gewoonlik ’n negatiewe impak hê op my vel, daarom gan ek nooit êrens sonder Dermalogica se Daily Microfoliant nie. Hierdie rys gebaseerde afskilferaar wat sagkens my vel afskilfer is my geheime wapen vir ’n meer egalige gelaat. Hierdie reisgrootte botteltjie maak dit so maklik om in te pak.
Ek versamel altyd klein toetsgrootte produkte en gebruik dit wanneer ek reis, veral gesigwas, lyfwas en sjampoe.
Reis-skeermessie
Sygladde bene is ’n moet en kyk net hoe oulik is hierdie piepklein reis-skeermessie van Clicks. Klein en kompak sodat daar geen waardevolle spasie opgeneem word in my smuktassie nie, meer plek vir luukse noodsaaklikhede.
Glinsterende lyf
G’n eilandvakansie is volledig sonder ’n tikkie glinsterende glans nie. Ek pak altyd my Nuxe Prodigieuse Huile droë olie in (wonderlik ook vir ekstra hidrasie vir my vel en sommer my hare ook!). Die heel beste vrystelling nog ’n droë olie (dieselfde formule wat ons ken en van hou) maar nou in ’n super slim aanrol (roll-on) botteltjie!
Nuxe Roll-On Shimmer Huile Prodigieuse
Hierdie wend soos ’n droom aan, ek swiep dit oor my sleutelbene, arms en bene vir ’n ekstra bietjie glinster en goedvoel glans! Maklik een van my gunsteling skoonheidsprodukte wat ek nog gebruik het!
Nuxe Huile Prodigieuse Roll-On (R795 vir 60ml)
Gehidreerde vel
Optiphi Even Glow Cellulose Sheet Mask (R250)
Na lang dae in die son, swembad en seewater benodig my vel ekstra hidrasie en sorg. Ek pak gewoonlik ’n lappiesmasker in wanneer ek reis en hierdie Even Glow Cellulose Sheet Mask van OptiPhi bevat gekonsentreerde hidrerende bestanddele wat droë en gedehidreerde vel ’n ekstra hupstoot gee. Propvol anti-oksidante beloof die masker boonop ‘n glansende en meer eweredige gelaatstekstuur. Die Optiphi span stel die masker voor as die ideale “na reis” masker, of om dit te gebruik dit voor ’n spesiale glansgeleentheid vir daardie “glasvel” effek.

Optiphi Evenglow Cellulose Brightening Sheet Mask (R250)
Avène Thermal Spring Water Spray
My holy grail reisgenoot, ek gaan feitlik nêrens sonder Avène Thermal Spring Water Spray nie. Ek gebruik dit tydens die vlug om vel gehidreerd en vars te hou. Op die eiland spuit ek dit soggens aan om seker te maak my rome absorbeer goed en dit werk natuurlik ook fantasties as ’n grimeersproei.
Hierdie sproei werk wonderlik om enige songebrande velletjies te streel en te kalmeer terwyl dit vel blitsvinnig hidreer. Ek gebruik dit ook om af te koel so tussendeur my swemsessies in die swembad.
Skoonheidsprodukte inpak vir ’n eilandvakansie (of enige vakansie) gaan oor slim, veelsydige produkte kies wat prakties is, jou beskerm, en soos ’n glansende weergawe van jou alledaagse self laat voel.



















