Eenvoudig, elegant: CHANEL N°5 Eau de Toilette

As dit klere en geure kom, bewys CHANEL dat goeie ontwerpe tydloos en elegant is; soveel só dat dit modern voel, selfs meer as 100 jaar na die skepping. Die houtagtige blommegeur van CHANEL N°5 Eau de Toilette (wat in 1924 geskep is) pronk nou in ’n bottel geïnspireer deur die oorspronklike ontwerp van toe. Dit lyk en ruik steeds modern en elegant. Deur Suzanne Kotzé

CHANEL N°5; die skepping

In 1921 besluit Gabrielle Chanel sy wil ’n parfuum skep wat nie net soos rose ruik nie. In daardie jare het welgestande dames dikwels fyngeure gedra wat soos ’n enkele blom, dikwels ’n roos, ruik. Terwyl vroue van die laer sosiale klasse dikwels jasmyn en muskus gedra het. Sy wou graag ’n moderne geur skep sodat “ ’n vrou soos ’n vrou, en nie ’n roos ruik nie.”

Parfumier Ernest Beaux skep ’n hele paar weergawes, en Gabrielle kies die vyfde een. (Vyf is ook haar gelukkige nommer. Al haar modevertonings word op die vyfde dag van die vyfde maand gehou!). 

Die geur is misterieus en moeilik om te beskryf en sy besluit dat net vroue waarlik terugvoer sal kan gee hoe dit ruik. Sy gee hierdie parfuum (met onder andere note van roos, jasmyn, aldehiede, jasmyn en muskus in) in eenvoudige botteltjies vir ’n paar vroue om te probeer. Haar instruksies: “Vertel my.” “Vertel my hoe mense reageer.”

Die terugvoer is dat almal wil weet: “Watter parfuum dra jy?” Mense is gefassineerd en niemand kan presies sê hoe dit ruik nie. Gabrielle Chanel hoor dit en glimlag. N°5 is nie net ’n geheimsinnige parfuum nie, maar dit is net so onontsyferbaar en ontwykend soos die liefde en vroue.

’n Universele geur

Die terugvoer verskil so; van ‘dit ruik skoon,’ tot ‘dit ruik elegant’, ‘dit ruik soos ’n geleentheid’, ‘dit ruik soos jasmyn’ en ‘dit ruik soos klere’ (al die CHANEL-skeppings is met N°5 gespuit.) Hierdie is almal waar, want dit ruik soos die draer wil hê dit moet ruik.

Chanel N°5 Eau de Toilette


Na die sukses van CHANEL N°5 word die Eau de Toilette weergawe in 1924 geskep as ’n warmer en lewendiger interpretasie van die oorspronklike N°5. Met die selfde kern as die oorspronklike, ruik hierdie weergawe meer soos ’n abstrakte houtagtige blommegeur. Dink aan roos, jasmyn en ilang-ilang, versterk deur aldehiede, terwyl sandelhout en kuskusgras (vetiver) diepte en tekstuur gee.

Oliver Polge, CHANEL se parfumier, beskryf dit vandag as volg: “N°5 Eau de Toilette is ’n moderne, abstrake blomme-samestelling met ’n subtiele houtfaset wat dit onderskei. Die geur laat ditself geld as elegant en kompleks.”

2026: Die oorspronklike 1924 CHANEL N°5 Eau de Toilette bottel inspirasie

CHANEL N°5 Eau de Toilette (R3225 vir 75ml en R4450 vir 100ml is aanlyn beskikbaar by ARC-Store en in CHANEL Fragrance & Beauty Boutique V&A Waterfront en Canal Walk (Kaapstad), Sandton City (Johannesburg), Menlyn Mall (Pretoria) en Umhlanga Ridge (Durban)

Met N°5 wat al hoe meer gewild word, word daar besluit om die minimalistiese ontwerp van die oorspronklike 1924 bottels as inspirasie te gebruik en die Eau de Toilette hierin te bottel.

’n Paar moderne elemente soos ’n nuut-ontwerpte sproeier en ’n magnetiese doppie wat seker maak die dubbel C handelsmerk is in lyn met die N°5 op die bottel, is bygevoeg.

Die geur, wat vandag as modern en elegant beskryf word lyk ook modern en elegant. Dit is moeilik om te glo die geur en botteltjies is só oud. Dit wys jou net dat ware styl en kreatiwiteit nie ’n ouderdom het nie!

Van die kweek van hul eie bestanddele tot die skep en maak van die bottel; CHANEL se vaardigheid en aandag aan detail word van een generasie tot die volgende oorgedra.

Margot Robbie is die gesig van CHANEL N°5 Eau de Toilette

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Veelsydige skoonheidsprodukte; spaar tyd en spasie
error: Content is protected !!