Verbloem en verhelder, tik blosser en lipglans aan en siedaar. Hier is ’n paar nuwe Revlon produkte wat ons probeer het vir ’n blitsige natuurlike voorkoms. Deur Suzanne Kotzé. Foto’s Tegan Smith.
1. Verbloem en verhelder

Ons het Revlon se nuwe Glimmer Correcting Concealer en Brightening Concealer gebruik. Die Correcting Concealer is ideaal vir donker kringe onder jou oë, terwyl die Brightening Concealer (gebruik een skakering ligter as jou onderlaag) jou gesig ophelder. Gebruik dit op plekke soos langs jou neus of mondhoeke waar daar natuurlik skadu val (al hoe meer soos ons ouer word).

Caption: Ek het die Glimmer Correcting Brightening Concealer in 115 gebruik.
Die Concealer bevat ook velsorgbestanddele soos vitamien C, kafeïen en Stevioside, wat maak dat hierdie veel meer as net grimering is.
Ons het die Glimmer Correcting Concealer in skakering 105 Neutralizer gebruik vir donker kringe. Dit het ’n effens pienkerige kleur wat help om die kleur van donker kringe te neutraliseer.
2. Blosser: skud, druk en tik aan


Dis so maklik soos 1. Skud 2. Druk en 3. Tik aan om Revlon se nuwe Glimmer Blush Drops aan te wend! Dit gee pragtige glansende kleur wat aanbly. Een druppel is al wat jy nodig het, want hierdie blosser is propvol pigment. Vinnig speel met die aanwending, want dit word vinnig droog en dan bly dit sit. (Wenk: gebruik grimeer- of watersproei as dit te vinnig droog geword het, en jy nog wil meng).
Dit kom uit as ’n vloeistof en word droog as ’n fluweelagtige poeier. Dit is beskikbaar in drie skakerings; ons het skakering 102 Pink it Over gebruik.
3. Lippe; hidreer en gee kleur

Revlon Super Lustruous Glimmer Lip Oil is wonderlik vir elke dag dra. Dit is ’n lipproduk wat gedeeltelik lipglans, gedeeltelik lipsalf en gedeeltelik lipbehandeling is, met ’n effense kleur daarby. Dit bevat hidrerende plantgebaseerde squalane wat lippe versorg en hidreer.
Revlon lip-olies se glinster is elegant en vang net genoeg lig om jou lippe voller, varser en gesond te laat lyk.
Dit is beskikbaar in ses verskillende skakerings. Ons het Revlon Super Lustruous Glimmer Lip Oil in Plum Pop en Vio-Lit (R190, elk) gebruik.





