Donker kringe, pofferige oë of ooglede wat hang? Hier’s hulp!

Sukkel jy met donker kringe, pofferige oë en ooglede wat hang? Jy is nie alleen nie, hierdie is ’n skoonheidsprobleem waarmee die meeste van ons sukkel. ’n Kundige velkenner deel die oorsake van moeë oë en ooglede wat hang, wenke om dit te verminder, plus ’n indrukwekkende oogroom wat duidelik sigbare resultate bied na die eerste aanwending. Saamgestel deur Justine Kroes

08/16/2024 Promosie

Donker kringe

Lusinda Bosch, hoof opleidingsspesialis by Dermalogica, deel met ons ’n paar algemene oorsake van donker kringe, naamlik:

Pigmentasie

Peroribitale pigmentasie, dit verwys na ’n oorproduksie van melanien rondom die oogarea wat opsigtelike donker kringe veroorsaak.

Oorerflik

Daar is ook ’n genetiese verduideliking en die meeste van die kere is donker kringe oorerflik.

Velveroudering

Natuurlike velveroudering is nog ’n rede waarom ons met donker kringe sukkel.

Namate ons ouer word, raak ons velle dunner, die vetlagie verminder en kollageenproduksie neem af, al hierdie dinge veroorsaak dat bloedvate onder die vel meer sigbaar is, wat lei tot ’n donkerder velvoorkoms.

Lusinda Bosch, hoof opleidingsspesialis by Dermalogica

Vermy so donker kringe:

Lusinda se topwenke om die voorkoms en oorsaak van donker kringe te vermy:

Dit is belangrik om ’n goeie slaaproetine te volg, verminder skermtyd voor slaaptyd en mik vir minstens 7 tot 9 ure se slaap.

Verminder ook jou inname van alkohol en kafeïene, dit kan lei tot ’n gedehidreerde vel wat in ruil donker kringe meer prominent maak.

Dra daagliks sonbrille en SBF om teen UV strale te beskerm en moontlike pigmentasie te verminder.

Pofferige oë

Lusinda sê die volgende faktore het ’n impak op pofferige oë:

Sonblootstelling

Die velweefsel rondom ons oë is baie dun en sensitief, oormatige sonblootstelling veroorsaak heel eerste hier fyn lyne en plooie.

Min slaap

Die ophoping van oortollige vloeistof in die weefsel op ons ooglede en onder ons oë is gewoonlik die oorsaak van pofferige oë wanneer jy soggens opstaan. Lusinda verduidelik: “om jou oë te knip is soos oefening vir jou oë, en terwyl jy slaap knip jou oë nie en “oefen” nie gereeld nie. Hierdie tipe pofferigheid neem gewoonlik af ’n uur nadat jy wakker geword het en jou limfdreinering en sirkulasiestelsel behoorlik ingeskop het”.

Allergieë

Natuurlike oogirritante soos stuifmeel en allergiese reaksie op troeteldierhare veroorsaak oë wat jeuk, opswel en rooi word. Hierdie lei tot histamien snellers wat waterretensie en vloeistofophoping rondom oë veroorsaak wat natuurlik tot ’n pofferige oë voorkoms lei.

Indien jy met allergieë sukkel, maak gebruik van antihistamiene en probeer om nie jou oë te vryf nie – gebruik eerder ’n koue roller, eye globes of ’n gua sha masseersteen om limfdreinering aan te moedig wat pofferigheid ook sal verminder.

Dieet

Lusinda verduidelik “Jou dieet en souterige kosse hoog in natrium kan lei tot waterretensie en vloeistofophoping, nie net in die res van jou liggaam nie maar ook selfs rondom jou oë.

Leefstyl

“Sekere leefstylgewoontes soos rook en alkoholinname kan pofferige oë veroorsaak. Nikotien in tabak steur natuurlike slaappatrone waar oormatige alkoholinname jou liggaam dehidreer en in ruil swelling kan veroorsaak” se Lusinda

Skermtyd

Oormatige skermtyd en lang ure se werk voor ’n rekenaarskerm kan oogspanning veroorsaak wat lei tot pofferige oë. Oormatige skermtyd is boonop ’n oorsaak van fyn plooie rondom die oë.

Wenke om pofferige oë te verminder

Wanneer jy soggens jou oogroom aanwend, probeer ’n limfdreineringsmassering rondom jou oë om sirkulasie aan te moedig wat sodoende gifstowwe en vloeistof dreineer.  

Oë en ooglede wat hang

Die oë rondom jou vel is tot tien keer dunner as die res van die vel op jou gesig. Dit is juis hierom dat die vel rondom jou oë die eerste tekens van veroudering wys. Dit is ook duidelik dat daar min oogprodukte en oogbehandelings bestaan wat ooglede wat hang behandel en die rede waarom “eye lift” chirurgie tans onder die top vyf kosmetiese prosedures wêreldwyd is.

Hier’s hulp vir donker kringe, pofferige oë en ooglede wat hang:

Dermalogica se innoverende nuwe oogroom, die Phyto Nature Lifting Eye Cream, bevat kragtige peptiedes en fitoaktiewe bestanddele (phytoactives) wat duidelik sigbare resultate beloof na een keer se gebruik.

Dermalogica Phyto Nature Lifting Eye Cream (R2699 vir 15ml)

Nie alleen beloof die oogroom om ooglede wat hang te lig nie, maar ook ’n gladder vel en minder sigbare fyn lyne en plooie terwyl dit vel hidreer en opplomp.

Die hardwerkende bestanddele:

Dermalogica Phyto Nature Lifting Eye Cream (R2699 vir 15ml)

Quinoa saadekstrak: verminder die voorkoms van voue op ooglede en ooglede wat hang. En verfyn boonop veltekstuur.

Kragtige peptiedes: sorg vir ’n fermer vel en beskerm die vel teen besoedeling en vrye radikale.

Adaptogeniise astragulus, elektriese madeliefie en ko-ensiemQ10: sorg vir gladder en fermer vel met ’n “lig”-effek.

Matchabotter, squalane, vitamien E en vitamien B5: Hidreer en streel die vel. Dit moedig ook jou vel se natuurlike hidrasie aan en versterk en ondersteun die vel se sperfunksie

Dermalogica Phyto Nature Lifting Eye Cream (R2699 vir 15ml)

Die oogroom is ideaal vir:

  • Vroue wat sukkel met vel wat effens hang op ooglede en rondom die oogarea (hooded eyes).
  • Vroue wat sukkel met fyn lyne en plooie rondom oë.
  • Vroue wat sukkel met velfermheid rondom die oë.
  • Ideaal vir vroue wat graag die ingryping van mediese prosedures en chirugie soos die blepharoplasty” (eye-lift) behandeling wil uitstel en vertraag.

Die aanwendingsmetode:

Dermalogica Phyto Nature Lifting Eye Cream (R2699 vir 15ml)
  • Maak ’n ertjiegrootte (een spuit) van die oogroom tussen jou vingers warm.
  • Wend 3 kolletjies onder die oë en 3 kolletjies bo jou oë (op jou ooglede) aan.
  • Met  klein sirkelbewegings, masseer die oogroom in van die slape tot by die binnehoeke van jou oë.
  • Herhaal weer hierdie sirkelmasseerbewegings oor jou ooglid van die binnehoeke na die buitehoeke/slape.
  • Eindig by die slape en vryf met ’n kruis (criss-cross) beweging aan die buitehoeke van jou oë waar jou fyn lyne en plooie die meeste sigbaar is.
  • Herhaal op jou ander oog.
  • Gebruik soggens en saans.

Stylvol sê:

Justine sê: “Ek is ’n naguil (my beste werk gebeur tussen 23:00 1:00 saans!) en hoewel ek goed voel, vertel my oë ’n ander storie – min slaap met seisoenale allergie daarby is oogpofferigheid en donker kringe ‘n probleem waarmee ek gereeld sukkel”.

Die room het ’n lieflike tekstuur en voel nie branderig rondom my sensitiewe oë nie. Na selfs net ’n week se gebruik, kan ek ’n duidelike verskil sien, my fyn plooie is sagter, die vel lyk meer gehidreerd en my donker kringe is minder opsigtelik. Die voorgestelde aanwendingsmetode en sirkelbewegings het ook ’n reuseverskil gemaak aan die pofferigheid wat ek gereeld ervaar.

Suzanne sê: “Ek is mal daaroor dat jy die oogroom ook op jou ooglede kan aanwend, want dit word al hoe meer van ‘n probleem area hoe ouer ek word.”


Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
grys hare
Wys jou grys hare (met trots)
error: Content is protected !!