Raad vir donker kringe onder jou oë

Hoe gemaak met donker kringe onder jou oë? Hier is  kundige raad; van moet-hê oogroom-bestanddele tot estetiese behandelings wat kan help en hoe om dit weg te steek met grimering. Deur Suzanne Kotzé

Wat veroorsaak donker kringe onder jou oë?

’n Mens is geneig om te dink donker kringe beteken te min slaap, maar Kaapse dermatoloog Dr Dr Suretha Kannenberg sê daar is meestal twee redes:

1. Volumeverlies as gevolg van veroudering 

Ons het oral natuurlike vetkussinkies in ons gesig, en veral onder ons oë. Soos ons ouer word, word die natuurlike vet egter minder, of dit kan selfs afskuif en kleiner word.

Die vel rondom ons oë is boonop die dunste en die bloedvaatjies (wat nou minder vet oor hulle het) skyn deur die dun vel. 

2. Pigmentasie as gevolg van wrywing

 Jy vryf dalk jou oë omdat jy moeg is, of as gevolg van allergieë of maskara wat jou oë irriteer.

Wat kan ons doen aan donker kringe onder die oë?

Foto: Unsplash

Estetiese behandelings 

Dr. Suretha vertel watter estetiese behandelings ons kan probeer, sou jy besluit dat dit jou te veel pla.

Vullers vir volumeverlies

Jou oog-area kom as gevolg van veroudering en volumeverlies meer ingesonke voor. Vullers wat hialuroonsuur bevat, plomp hierdie area op deur hidrasie van binne te gee. Nou is jou vel nie meer so naby aan die bloedvaatjies (wat deurskyn en die donker kringe vorm) nie omdat daar meer van ’n lagie tussen jou vel en die bloedvaatjies is. 

Vullers vir pigmentasie

Jy kry vullers (soos Teoxane Redensity 2) wat bestanddele bevat soos aminosure, anti-oksidante en vitamiene, wat veral goed werk vir pigmentasie onder die oë.

Vullers word gewoonlik so tussen jou oog en wangbene gespuit, aan die onderste rand van jou oogbank, maar ’n kundige dokter kan dit aanpas na gelang van jou kringe en gesigsvorm. 

Vullers kan help vir donker kringe onder jou oë. Foto: Pexels

Swelling en kneusing

Ons het met ’n Stylvol-vriendin gesels wat al vuller in die area laat doen het en sy sê: “Dit was nie regtig seer nie. Ek kneus maklik en ek het ’n hele paar blou kolle gehad. Ek is baie bly ek het hierdie op ’n Vrydag laat doen, sodat ek by die huis kon bly. Die effek was wel baie goed, en ek het ook hoër wangbene gehad en minder plooitjies rondom my mond.”

Dr. Suretha sê swelling en kneusing kan vier tot sewe dae hou, maar jy kan dit met grimering wegsteek. 

Hoe lank hou dit?

Gewone vullers hou een tot twee jaar, en dit kan selfs langer hou onder jou oë. 

Kostes

Kostes kan wissel van R2500-R4000, afhangende van wat gedoen moet word.

Chemiese afskilfering vir pigmentasie. 

“Vir donker kringe as gevolg van pigmentasie, werk chemiese afskilferings goed,” sê dr. Suretha. Die afskilfering word oor jou hele gesig en oog-area gedoen.

  • Glikoliensuur-afskilferings kan elke vier tot ses weke gedoen word.
  • Jy behoort na vier tot ses afskilferings ’n verskil te sien. 
  • Daarmee saam beveel ek gewoonlik ’n goeie oogroom soos Neostrata Bionic Eye cream en Skinceuticals AGE Eye complex aan.  

Jou oogroom

Ons gaan nie doekies omdraai nie, ons weet nie van ’n oogroom wat op sy eie jou donker kringe kan wegneem nie. Daar is te veel ander faktore, soos genetika en leefstyl, ook betrokke. ’n Oogroom kan dit wel help verbeter. 

Dr Suretha verduidelik dat die vel rondom jou oë dunner en meer sensitief is en is meer geneig om droog te wees. Daarom moet jy ’n oogroom op die area gebruik en nie ’n gewone room nie. 

Aanwending

Gebruik ’n ertjiegrootte druppel op jou ringvinger en tik die room liggies aan. Ons het geleer dat dit beter is om oogroom vanaf die buitehoeke na die binnehoeke liggies aan te tik en weer uitwaarts te tik. So beland die grootste hoeveelheid van die room op jou lagplooitjies. 

Wat van ’n rollertjie? Kan dit ’n verskil maak?

Ek gebruik graag rollertjies nadat ek my room aangewend het (ek het ’n ou rollertjie wat saam met ’n oogroom gekom het wat ek steeds gebruik).

Dr Suretha maan egter dat dit belangrik is om sagkens te werk. Daar is heelwat oogrome met ’n metaal-aanwender op die punt. Dr Suretha sê: “’n Rollertjie mag goed wees vir donker kringe, mits jy dit saam met room gebruik en die rollertjie nie jou vel trek nie.  

Bestanddele

Volgens dr Suretha is hierdie die bestanddele wat jou oogroom behoort te bevat. 

Peptiede
retinoiëde
HIALUROONSUUR
anti-oksidante vir donker kringe onder jou oê
kaffeíen en vitamiene k

Dr. Suretha beveel aan

Nog oogroom opsies waarvan ons hou

Eau Thermale Avéne PhysioLift Eye Cream bevat deeltjies hialuroonsuur, anti-oksidante en Retinaldehyde (‘n vorm van vitamiene A)
Bioderma Sensibo
Bioderma Sensibio
Ideaal vir sensitiewe oog-areas. Dit bevat kaffeïen en hialuroonsuur.
Die bestanddele van Clarins Double Serum Eye is 96% natuurlik en bestaan uit 13 verskillende plantekstrakte, waarvan Wild Chervil (wildekerwel) en Turmeric (borrie) die hoofbestanddele is.
Dit komplementeer mekaar om die gedeelte rondom die oog te versterk en ook die vel se belangrike funksies (selvernuwing, hidrasie, voeding en beskerming) te optimaliseer .

Verbloem jou donker kringe so

Revlon se nasionale grimeerkunstenaar, Lucoh Mhlongo, deel haar wenke oor hoe om donker kringe te verbloem en jou oogarea te verhelder deur Revlon Glimmer Brightening Concealer te gebruik.

1. Berei die area voor

“Begin deur ’n ligte oogroom of serum aan te wend om die vel te hidreer en ’n gladde basis te skep,” sê Lucoh. “Vel wat goed bevogtig is, help keer dat jou grimering voutjies vorm en help dat jou onderlaag beter meng.”

2.     Kies die regte onderoogverbloemer

Lucoh beveel Revlon se nuwe Glimmer Brightening Concealer aan, aangesien dit ’n ligte formule het. Jy kan meer lagies aanwend soos jy dit nodig het, sonder dat dit swaar voel en lyk. Dit bevat ook velsorgbestanddele wat help om jou oogarea te bevogtig, helderder te laat lyk en donker kringe aan te spreek.

Dit bevat

  • Pigment wat verhelder: Ligreflekterende pêrelpigment wat die onderoog-area verhelder.
  • Niasinamied (Vitamien B3): Help om donker kringe te voorkom.
  • Kaffeïene: Help met pofferigheid.
  • Hailuroonsuur gee hidrasie en plomp die vel op sodat dit gladder lyk.

“Kies ’n verbloemer een tot twee skakerings ligter as jou onderlaag vir in die binnehoek en middel van jou onderoog-area om die area te lig en te verhelder,” is Lucoh se raad.

Revlon se nuwe Glimmer Brightening Concealer is beskibaar in ag skakerings.

3.      Aanwending: Stippel en meng

“Gebruik die aanwendingstokkie om drie klein kolletjies onder jou oog te maak in ’n driehoek te vorm. Begin by die binnehoek, uitwaarts na jou wangbeen. Gebruik ’n klam sponsie of die hitte van jou ringvinger om die verbloemer in te meng. Maak tikbewegings (met jou sponsie of vinger) totdat dit goed ingemeng is.”

Wenk: As jy baie donker kringe het wat steeds wys nadat verbloemer aangewend is, is dit n goeie idee om ’n perske- of oranjekleurige oogvoorbereidingslagie (primer) te gebruik voordat jy jou verbloemer aanwend.

4. Laat dit hou met deursigtige poeier

“Gebruik ’n tikkie deursigtige poeier (ColorStay™ Blot Setting Powder) bo-oor jou verbloemer, om te keer dat dit smeer of voutjies maak. Gebruik ’n los borsel of ‘puff’. Fokus om dit liggies in die binnehoek en onder jou oë te druk. Wees versigtig om nie te veel of te hard aan te wend nie, aangesien die poeier fyn lyntjies kan beklemtoon.”

5. Eindig met grimeersproei

As jy klaar is met jou grimering, is dit belangrik om ’n grimeersproei (soos ColorStay™ Lock Setting Mist) te gebruik om jou grimering in plek te hou en die grimeerlae te laat saam smelt sodat jy meer van ’n vel (eerder as grimering) gevoel kry. “Dit lyk meer natuurlik en sit weer glans terug in jou vel,”sê Lucoh.

Lucoh se ‘pro’ wenk:

As jy ekstra wakker en vol energie wil lyk, wend ’n klein bietjie verbloemer aan die middel van jou neus, (van bo na onder), aan die onderkant van jou ken, en op die middel van jou voorkop en meng goed. Dit laat jou hele gesig ligter, helderder en meer energiek lyk.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Vars lentegrimering
error: Content is protected !!