Stylvolle hondemodes is die afgelope ruk ’n groot tendens. Ons deel graag ons gunsteling troeteldier-bykomstighede wat ons raakgeloop het. Stylvol se eie Chloé speel selfs model vir ons met haar sjiek nuwe ontwerpershalsband. Deur Justine Kroes
Ontwerper halsband
Chommies adjustable Neo collar (R900) is nie net die mooiste ontwerp nie, maar is gemaak om te hou. Die beskrywing lees – ideaal vir honde wat graag swem en vuil raak gedurende speeltyd. Gooi eenvoudig die halsband in die wasmasjien, die koperringe sal boonop nie aanslaan nie.
Slaaptyd
Kyk net hoe mooi is hierdie swart en wit streepmotief hondekussing/bed met skakerings van mosterd daarby. Beslis ’n hondebed wat gemaklik is en boonop mooi sal lyk in enige vertrek in jou huis. (Poetry Black & Milk Striped Dog Pillow vanaf R1299 – beskikbaar in verskillende groottes).
Winskopies
Mr Price opvoubare waterbak (R49,99 beskikbaar in pienk en blou) en bottel-waterbak perfek vir honde wat graag saamreis of saam oefen.
Die mooiste pastelkleurige kouspeelgoed (Mr Price R69,99 elk)
Pienk halsband (R49,99) met bypassende leiband (R79,99), met ’n pienk bandana (R49,99)daarby om die prentjie af te rond! Ook beskikbaar in blou by Mr Price.
Luukse halsband
Kyk net hoe stylvol is die waterdigte hondehalsbande van www.valgrayfordogs.com met luukse afwerkings. Beskikbaar in verskeie skakerings met tikkies goud, roosgoud of silwer daarby. Bonus! Valgray bied gratis gravering en aflewering vir jou halsband. (Valgray Waterproof Dog Collar vanaf R439).
’n Snood vir jou hond
Kyk net hoe fraai, is hierdie gehekelde snoods/serpies wat jou viervoet kind sal warm hou in die winter. (Valgray Dog snoods R399)
Hondemodes selfs vir kosbakke
Vir honde met lang ore
Vir honde met langer ore is Benji+Moon se Long Ear Ceramic Dog Bowl (R480) ’n moet. Ontwerp om honde se ore skoon, droog en uit hul kosbakke te hou. Boonop kan die keramiekbak in die skottelwoedwasser gewas word!
Weg met miere!
Sukkel jy ook alewig met miere in jou troeteldiere se kosbakke? Kyk net hoe oulik is Benji+Moon se Anti-Ant Ceramic Food + Water Bowl (R580). Ontwerp met ’n waterslootjie rondom die kosgedeelte, keer dit dat die miere al jou diere se kos wegdra.
Vir jou dier se postuur
Benji+Moon se 20cm Elevated Dog Stand + Bowl (R580). Hierdie ontwerp is veral goed vir kleiner en ouer honde – die effense hoogte help verlig enige spanning op jou troeteldier se rug en nek.
Vir die haastige eter
Die keramiekkosbak het halfmaangedeeltes wat uitstaan – dit keer dat haastige honde te vinnig eet. Dit beteken honde sal nie verstik nie, en dit sal ook hul spysvertering verbeter. (Benji+Moon se Slow Feed Ceramic Dog Bowl R540).
Mooiste ontwerpe
Hondemodes selfs vir kosbakke! Kyk net hoe mooi is die keramiekbakke vir diere om van te kies en keur (Benji+Moon Ceramic Bowls vanaf R350).
Lees ook: Japonne vir nou