Japonne vir nou

Tuis leef albei van ons werklik in ons japonne – en dit is al weer tyd vir ’n nuwe japonne vir ons albei. Hier is van die gunstelinge wat ons raakgesien het en sommer dadelik wil koop. Deur Justine Kroes en Suzanne Kotze


Justine kies japonne

Ek het twee tipes japonne in my kas – een syerige een vir die somer en ’n warmer een vir die winter.

Mr Price Gown (R169,99)

Hierdie japon lyk lieflik – my universiteitsvriendin Lisa het altyd gesê – “dit lyk skoon asof jou japonne vir jou warm, snoesige drukkies gee, jy geniet hul so!” Dit is tien jaar later en steeds so waar.

My perfekte winterjapon resep: nie te lank nie, ook nie te kort nie, dit moet nie soos ’n reenboog lyk wat ontplof het nie (ons wil natuurlik stylvol wees!) en dit moet sakke hê. (Ek dra sommer aldag fopspene, legoblokkies en leesbrille rond in die handige sakke).

Die japon van Mr Price tik al die regte boksies – Plus die “hoodie” gedeelte is ’n bonus om my kop warm te hou vir daardie laataande se sit en skryf. Boonop is die prys in die kol!

Cotton On Satin Robe (R299)

In warmer weer slaap ek graag in Cotton On se nagrokkies, vleiend vir my lyf en o so gemaklik. Daar is ook altyd ’n bypassende nagrokkie-en-japon-kombinasie beskikbaar – wat ek graag as ’n stel dra.

Die kimonostyl-moue lyk altyd vir my so stylvol, ek slaap sommer met die japon wat by my voete lê, en as ek vroegoggend moet opspring vir die kinders trek ek blistvinnig die japon bo oor my nagrokkie aan.

Hierdie patroon-kombinasie is volgende op my wenslysie.

Suzanne kies japonne

Ek het reeds ’n groot verskeidenheid japonne in my kas, van ’n egte Japanese kimono tot Indiese katoen en groot, gemaklike japonne waarin jy net wil rondslons.

Japonne is iets wat lank hou. en as jy reg koop, nie te gereeld hoef vervang te word nie. Hier is ’n paar waarvan ek nou hou.

Woolworths Zipped Embossed Star Hooded Fleece Gown (R529)

Hierdie japon lyk so lekker warm en snoesig. Die gerieflike rits en kappie is ook ’n groot bonus. Ideaal vir kouer, nat Kaapse wintersaande.

Nucleus Knit Coat in Charcoal Melange (R799-R899)

My seuntjies is mal oor ’n ‘pajamadag’, veral in die winter. Ons almal bly heeldag in ons pajamas, steek die kaggel aan en kyk saam ’n fliek. Ek hou gewoonlik nie heeldag in my pajamas uit nie, maar met hierdie mooi japon bo-oor kan ek dit dalk net regkry.

Lees ook: H&M se volhoubare nuwe modereeks

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
STRL?
STRL? Skoon. Sonder [Wreedheid]. Straal(end).
error: Content is protected !!