Diego dalla Palma FilLift
Diego dalla Palma FilLift

Diego dalla Palma FilLift

Vel wat dof lyk, wange en ooglede wat skielik op ander plekke sit en plooie wat hard lyk? Ons het die nuwe Diego dalla Palma FilLift reeks hiervoor getoets. Deur Suzanne Kotzé 

Toe ek jonger was het ek altyd gedink veroudering is gelyk aan plooie en grys hare. En ja in die skoonheidsindustrie leer jy van volumeverlies en vel wat minder glansend lyk. Dit is egter eers as jy dit self begin ervaar dat jy regtig besef wat dit beteken. 

Om eerlik te wees pla die volumeverlies (dis glo veral rondom jou slape en wangbene) my nie soveel nie, omdat my gesig altyd aan die ronde kant was. Ek besef ook dat my volumeverlies nou eers begin en oor ’n jaar of vyf gaan dit my waarskynlik baie meer hinder.

Wat op die oomblik pla is:

  • My nasolabiale lyne (die lyne wat van die buitehoek van jou neus tot by die buitehoeke van jou mondhoeke loop).
  • My ooglede se tekstuur en vorm – hallo, om ’n reguit lyn te trek met vloeibare oogomlyner is deesdae ’n uitdaging en ’n half!
  • Plooitjies rondom my mond 
  • Vel wat dof en beslis nie glansend lyk nie (behalwe met die hulp van grimering). 

Diego dalla Palma FilLift

Ek het die afgelope paar weke die professionele Italiaanse salonreeks Diego dalla Palma FilLift op die proef gestel om te sien of dit kan help. 

Wat presies behels die reeks?

Volgens Diego dalla Palma fokus die FilLift reeks op sellulêre bio-herlewing en om jou vel dinamies te lig (so minder hangerig te laat lyk).  Dit is geïnspireer deur estetiese medisyne wat die ovaalvorm en volume van jou gesig naboots en diep sowel as meer oppervlakkige plooie beveg. 

Die hoof aktiewe bestanddeel van Diego dalla Palma FilLift is

Collalift®18 wat verantwoordelik is om die vorming van ’n tipe kollageen (genoem die XVIII kollageen) te stimuleer. Hierdie tipe kollageen omvou die ondersteuningstrukture in die verskillende lae van jou vel. Ongelukkig neem die vlakke van ons vel se XVIII kollageen af soos ons verouder en juis hierom is dit nodig om die produksie van nuwe kollageen (wat op al die vlakke van die vel werk) te stimuleer. Dit help dat jou gesig minder ingesonke lyk op seker plekke. 

Dermaplex peptiedes

Die peptiedes help om jou vel (en plooie) op te vul deur te help om jou vel meer dig te maak. 

Versterkte BTX hexapeptiedes

Hierdie neuropeptiedes help glo om molekules vry te stel wat help dat jou spiere minder saamtrek (soos botoks) en meer ontspan. So help dit om plooie minder sigbaar te maak.  

Die Diego dalla Palma FilLift produkte wat ons getoets het

Remoddeling lifting effect cream (R1550 vir 50ml)

Hulle sê: Dit help met gesigkontoere, herstel die volume van wange en ander areas, verminder fyn en dieper plooie en uitdrukkingslyne.

Stylvol sê: Die room ruik en voel heerlik. Dit trek maklik in en maak geen lagie op die vel nie. My gedihdreerde wintervel voel gevoed en lyk fermer. Vir my lyk dit ook asof my plooitjies minder sigbaar as van te vore is. 

Smoothing eye and lip contour cream (R1550 vir 15ml)

Hulle sê: Dit verminder die voorkoms van hangende ooglede, lagplooitjies, uitdrukkingslyne en vertikale liplyne.

Stylvol sê: Dis vreemd hoe ’n mens nie daaraan dink om room spesiaal om jou mond te smeer nie. Ek smeer gewoonlik my dag of aandroom oor my hele gesig, maar konsentreer selde net rondom my mond. Die feit dat hierdie room vir jou oog- en lip-areas bedoel is, maak beslis dat ek nou meer aandag aan my mond-area gee en dit is ook waar ek die grootste verskil sien. Dit lyk vir my asof my nasolabiale lyne en die fyn lyntjies om my lippe sagter voorkom. Dit voel ook of my oë oper is/lyk. 

Hyalu & Collagen Filler (30 dag behandeling) (R1450)

Hulle sê: vyf verskillende tipes hialuroonsuur help om jou vel op te plomp en te vul. Die Collalift en peptiedes help met volume en dit help met gladder, fermer vel. 

Stylvol sê: Die verpakking wat soos ’n inspuiting lyk, laat dit sommer voel of jy jou eie veldokter is. Jy druk die deurskynende plastiekdoppie in die agterkant van jou swart ‘inspuiting’ tipe houertjie en druk dan liggies sodat die deursigtige serum uitkom. Ek het vir die eerste paar dae altyd te hard gedruk en dan het heeltemal te veel van die serum uitgekom. So ek het my serum binne twee weke al opgebruik. Ek het dit wel heerlik aan my hande (urgh) en décolleté ook gesmeer. Ek is gaande oor hialuroonsuur omdat my vel geneig is om gedehidreerd te wees. ’n Gehidreerde vel se plooitjies lyk minder (dit is opgevul) en jou vel lyk ook plomper en fermer. Ek is gaande oor die syagtige, amper jel-tekstuur van die serum. 

Die Diego dalla Palma FilLift gesigbehandelig

Uitgesoekte salonne doen ’n behandeling waar hierdie produkte gebruik word en wat help met veral volume en diep plooie en fyn lyntjies. Tydens die behandeling word jou vel gemasseer met die Japanese Ko-kobido masseerder. 

Skakel 021-701-2900 of volg Diego dalla Palma Professional op Instagram

Hierdie is ‘n promosie, maar ons gee ons eerlike mening oor die produkte wat ons getoets het.

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Chanel N°5 Factory 5
Chanel N°5 ’n 100 jaar oud!
error: Content is protected !!