glansende vel
glansende vel

Die seisoen van glans; die glansende, gesonde vel- en grimeerprodukte

Glansende vel, die tipe gloei wat jy lyk asof jy net van vakansie af gekom het, is iets waarna ons altyd streef. Daar is natuurlik nie net een wonderproduk wat hierdie vir jou kan gee nie. Hier is ’n klompie produkte wat die afgelope ruk op die Stylvol-skoonheidslessenaar beland het, van hardwerkende reinigers tot herstellende olies en voorbereidingslagies en blossers wat kan help met glans. Deur Suzanne Kotzé

1. Die reinigingsroetine; smelt, ontgiftig, beskerm

Glansende vel begin met ’n skoon, gebalanseerde vel. Skuimende seepreinigers wat jou vel stroop is iets van die verlede. Vandag se reinigers respekteer jou velversperring en voed terwyl dit reinig.

    Diego Dalla Palma Cell Detoxium Cleansing Butter (R685, Orleans Cosmetics)

    Diego Dalla Palma Cleansing Butter is ’n ryk, fluweelagtige balsem, los moeiteloos grimering (selfs waterdigte maskara) en sonskerm op sonder om die vel te stroop. Dit verander in ’n syagtige olie sodra dit jou vel aanraak en jy die sensuele botterformule (wat ook lieflik ruik) inmasseer.

    SVR Gel Lavant Topialyse Protective Anti-dryness Cleanser (R289 vir 200ml, SkinMiles)

    As jy sensitiewe of droë vel het, is SVR Gel Lavant Topialyse Protective Anti-dryness Cleanser ’n goeie opsie en is geskik vir die hele gesin. Die seepvrye formule reinig sagkens terwyl dit die velversperring versterk, irritasie en styfheid verminder. Dit is ’n wonderlike reiniger vir alledaagse gebruik en is dermatoloog-goedgekeur, terwyl dit tog luuks ook voel.

    2. Die behandelingslaag: voed, skilfer af, beskerm

    ’n Glansende vel begin onder die oppervlak; daarom is afskilering, anti-oksidante en velversperring so belangrik.

    Optiphi Antioxidant Face Oil (R345, Optiphi.co.za)

    Voed jou vel met Optiphi Antioxidant Face Oil, ’n syagtige mengsel van aanvullende olies en beskermende anti-oksidante. Hierdie liggewig formule absorbeer onmiddellik en laat geen olierigheid agter nie. Dit help veral om die dofheid wat veroorsaak word deur stres, sonblootstelling en stadsbesoedeling te bestry. Druk ’n paar druppels soggens en saans op jou vel.

    (Cetaphil Gentle Exfoliating SA Lotion R315 vir 236ml, Dischem)

    Cetaphil Gentle Exfoliating SA Lotion skilfer af en bevogtig in een! Met salisielsuur (SA) en bevogtigende versagmiddels verfyn dit die tekstuur sagkens terwyl dit jou vel se vogbalans handhaaf. Dink daaraan as jou kortpad vir gladde vel, selfs vir die sensitiefste tipes. Dit kan op jou gesig en lyf gebruik word.

    (Wenk: as jy dit oorweeg om selfverbruiningskleur aan te wend, gebruik gerus hierdie die week van te vore; dit raak ontslae van dooie velselle en help dat jou vel goed bevogtig is om sodoende streperig kleur te help voorkom.)

    3. Die versperring hupstoot; kalmeer en herstel

    As jou vel styf, reaktief of net dof lyk, is dit tyd om spesiale sorg aan jou velversperring te gee. Sonder ’n gesonde velversperring is glansende (en gesonde) vel nie moontlik nie!

     SVR Crème Topialyse Ultra Melting Cream (R379 vir 200ml, cosmetology.co.za)

    Die SVR Crème Topialyse Ultra Melting Cream gee intensiewe voeding sonder dat dit swaar voel. (Sommige lyfrome los mos daardie taaierig gevoel, wat jou sommer ook sweterig laat voel). Dit tekstuur smelt behoorlik in jou vel in, en help om irritasie en droogheid te verlig. Dit is ryk in seramiedes, omega olies en niasinamied. Saam help dit om jou vel se balans te herstel

    Dermalogica Neurotouch Symmetry Serum (R2999, Dermalogica)

    Velsorgliefhebbers wat veral van nuwe uitvindsels hou, sal gaande wees oor die nuwe Dermalogica Neurotouch Symmetry Serum. Die help om jou vel se natuurlike ritme (jou vel se 24 uur klok van aktiwiteit gedryf deur jou sirkadiese ritme) te herkalibreer sodat jou vel bedags beskerm is en saans herstel. Die serum gebruik neuro-kosmetiese wetenskap om jou vel se behoeftes aan te voel en te help met hidrasie, veltonus en fermheid.

    4. Oë wat wakker en helder lyk

    ’n Moeë oogarea kan die gesondste glans bederf.

    CF Ceuticals Exo-Eye-Serum  (R609, Franck Global)

    CF Ceuticals Exo-Eye-Serum is ’n oogroom wat pofferigheid, donker kringe en fyn lyntjies aanspreek. Ons is mal oor die metaal aanwender wat heerlik koel en lig voel, terwyl die oogroom (wat onder andere peptiedes en anti-oksidante bevat) jou vel streel en versterk.

    5. Die glans voorbereiding; skittererend lagie

    Grimering lyk beter op vel wat voorbereid is.

    Skin Functional Illumination Glow Primer (R320, Skin Functional)

    Skin Functional Illumination Glow Primer skyn (letterlik) deur jou onderlaag. Die multi-funksionele voorbereidingslagie (wat ook op sy eie gebruik kan word en nie net voor onderlaag nie) help om merkies te vervaag (blur), hidreer en gee ’n sagte gloed.  Dit lyk nie net mooi nie, maar bevat ook velsorgbestanddele wat help om jou vel te bevogtig en hidreer.

    6. Die spatsel kleur; blosser

    So baie vroue maak die fout om nie blosser te dra nie, omdat hulle dalk met rooiheid sukkel. Onthou egter jou onderlaag neutraliseer jou kleur, en sonder blosser lyk jy vaal. En hiedie seisoen, is vars, glansend wange juis in.

    Dior Backstage Rosy Glow Blush  (R915, Dior)

    Daar is ’n rede hoekom Dior Backstage Rosy Glow Blush klassieke kultusstatus het. Die slim formule reageer met jou vel se pH, om ’n roserige glans te gee, spesifiek vir jou velkleur. Dit lyk soos jou eie natuurlike blos, maar net beter.

    Dior Backstage Rosy Glowstick (R980, Dior)

    Die nuwe Dior Backstage Rosy Glowstick bied dieselfde , maar in ’n romerige, glansende afwerking wat in jou vel insmelt, sonder dat jy natuurlik ’n borsel nodig het vir aanwending. Ideaal vir die van ons wat haastig is.

    NARS The Multiple (R965, Arc Store)

    NARS The Multiple is stigter Francois Nars se ikoniese veeldoelige stiffie (wat op jou wange, lippe en oë gebruik kan word), nou met ’n nuwe formule. As jy haastig is, is hierdie werklik ’n wenner. Jy dink dalk pienk op jou oë, maar die kleur is werk en die room voel ook meer poeierig nadat jy dit aangesmeer het.

    Catrice Blush Affair Cream Powder Palette(R124,95, Dischem

    Catrice Blush Affair Cream & Powder Palette het twee blosafwerkings; ’n sagte room en ook poeier. Jy kan of die een of die ander gebruik, of die room aantik met ’n tikkie poeier bo-oor, vir kleur wat langer hou.

    7. Glansryke natuurlik oë

    Vir oë wat jou vars, glansende vel komplementeer is Chanel Les 4 Ombres Boutons 209 Boutons Mademoiselle ’n goeie keuse. Die palet (amper te mooi om te gebruik) het delikate pienk, warm neutrale en sagte skitterende skakerings wat alle veltone vlei en ’n tikkie subtiele glansrykheid gee.

    Chanel Les 4 Ombres Boutons 209 Boutons Mademoiselle (R1765,Arc Store)

    Die glansfilosofie: balans

    Onthou; die ware geheim agter glansende vel is balans en roetine. Reinig sagkens, hidreer en gebruik grimering wat jou vel beklemtoon eerder as wegsteek.

    Stylvol

    Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

    Oor ons

    Stylvol sosiale media

    Nog Stories
    9 Moeitelose planne vir hare op warm somersdae
    error: Content is protected !!