goed om nooit vir jou haarkapper te sê nie
goed om nooit vir jou haarkapper te sê nie

25 goed om nooit vir jou haarkapper te sê nie

Wat om nooit vir jou haarkapper te sê nie. Ons het ’n paar haarkappers gevra en het lekker gegiggel vir van die antwoorde. Ons mag dalk self al skuldig wees aan een of twee. Deur Suzanne Kotzé

Ons salonmaniere is dalk nie altyd wat dit moet wees nie. Van díé goed het ons twee keer laat dink, terwyl ander amper te verregaande klink om waar te wees. Herken jy jouself dalk ook?

Wat om nooit vir jou haarkapper te sê nie

Oor jou afspraak

1. “Ek het ’n afspraak gemaak vir kleur, maar ek wil eerder net sny.” Jou haarkapper het tyd uit sy besige skedule bespreek om jou kleur in te pas. Charles Junior Louw, Excentric on Kloof, Kaapstad.

2. “O, ja, het ek vir volkop highlights bespreek? Kan ek eerder die keer net ’n T-paneel kry vandag.” Charles Junior Louw,

3. “Kom ons los die konsultasie, ek vertrou jou.” Dan is is jy ná die tyd ongelukkig, want dit is nie wat jy gedink het dit gaan wees nie en jy wou nie tyd afstaan vir ’n konsultasie nie. Francois van der Walt, Tosca Salon, Tygervallei.

Oor tyd

Skuus ek’s laat, ek het gesukkel om parkering te kry.

4. “Skuus ek’s laat, ek het gesukkel om parkering te kry.” (wegneemkoffie in die hand). Salomé de Wet van Excentric Hair in Seepunt.

5. “Skuus ek wil jou glad nie aanjaag nie, maar hoe laat gaan ons klaar wees?” Salomé de Wet

6. “Ek het nie baie tyd nie maar ek wil vandag blond wees en ek moet oor ’n uur hier uitwees. Francois van der Walt, Tosca Salon, Tygervallei.

7. “Oeps, ek het vergeet van my afspraak of ek het besig geraak.” (nie die eerste keer dat dit gebeur nie). Respekteer my tyd. Moenie níé opdaag vir ’n afspraak nie. My tyd is net so belangrik as joune. Charles Junior Louw,

Oor sny

8. “Ek wil graag al my lengte hou, maar sal jy al die dooie punte afsny.” Salomé de Wet

9. “Ek het sommer self my kuif gesny.” Salomé de Wet

10. “Ek soek lae, maar nie baie nie, dalk net een of twee.” Francois van der Walt

11. “Sny al die dooie punte af, maar nie te veel nie.” David Bekker, Tosca salon, Stellenbosch

12. “Sny asseblief my hare, maar ek wil nie sien dat jy my hare gesny het nie. Ek sal eerder meer gereeld inkom.” (En dan is dit een keer per jaar wat die kliënt inkom). David Bekker,

Oor begroting

13. “Ek wil vandag hier uitloop soos ’n nuwe mens met ’n hele makeover, maar my begroting is nie baie groot nie.” Francois van der Walt

Oor produkte

14. “Ek het sommer my eie gentianviolet silver sjampoe gemeng.” Salomé de Wet

15. “Ek het my eie spesiale produkte gebring waarmee jy my hare moet was asseblief.” Ons het ook goeie kwaliteit produkte in ons salon. Charles Junior Louw,

16. “Ek gebruik kokosneutolie vir voeding.” David Bekker

17. “Dankie ek stel nie in salonsjampoe belang nie, ek gebruik Sunlight Liquid en dit is die beste wat my hare al gevoel het.” Kobus Louw, Tosca Salon, Tygervallei, Kaapstad.

Oor kleur

18. “Dis hoe jy my hare moet kleur.” Ek het ’n graad in haarkappery, en weet wat ek doen. Charles Junior Louw,

19. “Ek wil blond wees, maar moet asseblief nie peroksied gebruik nie.” David Bekker

20. “Ek het baie oranje pigment in my hare.” Nonsens, dit word deur haarkappers gesê wat nie weet wat hulle doen nie, ons kan jou kleur reg doen en jy hoef nie oranje te wees nie. Charles Junior Louw,

21. “Ek wil graag my kleur soos hierdie balayage foto hê.” Maar eintlik hou jy van die kleur op die punte en nie die boonste donker kleur nie. Soek eerder vir ’n verwysings prentjie met die kleur van wortels tot punte om vir my te wys. Charles-Junior Louw

22. “Ek wil graag rooi, wit en bruin strepies in my hare sit vandag. Ek hou van baie kontras!”Salomé de Wet

23. “Ek wil blond wees soos dié (wys na foto van platinum blonde Pinterest prentjie), maar nie te blond nie.” Francois van der Walt

24. “Ek het my hare met bokskleur gekleur, maar dit is vier maande terug, so dit is nou al uitgewas.” Nastassia Viljoen, Tosca Salon, Table View, Kaapstad.

Oor jou ou haarkapper

25. “My “ou” haarkapper het altyd …” Vergelyk en vertel van die ou haarkapper terwyl jy in ’n nuwe een se stoel sit. Francois van der Walt

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Vars lentegrimering
error: Content is protected !!