Pofbaadjies, love them or hate them, dit is iets wat baie vroue in hul klerekaste het (ons weet, die winter raak ysig!). Hierdie seisoen is die pofbaadjie steeds groot nuus – en daar is eindelose style, skakerings en afwerkings beskikbaar, die vraag is – watter een is meer jy? Deur Justine Kroes
10/03/2023
Pofbaadjies vir winter:
Pofbaadjies, gewoonlik ’n handige stapel-item, nou die nuutste trendy moet-hê item in jou klerekas vir die winter. As jy nog nie een het nie, is dit nou die beste tyd om een aan te skaf. Pofbaadjies is baie gemaklik en heerlik warm op koue winterdae. En elke dag kan soos ’n duvet-dag voel met snoesige oorgroot pofbaadjies. Hierdie seisoen is die korter “cropped” pofbaadjies ’n moet-hê styl – selfs die moulose pof-onderbaadjies is groot nuus.
Een ding is hierdie seisoen duidelik – jou pofbaadjie moet UITSTAAN, dit moet helder wees, enige skakering van die reënboog word aanvaar, pofbaadjies met patrone en detail, selfs die blink/glinsterende pofbaadjie, is nou hoogmode.
Lees hier hoe om nie jou pofbaadjie te dra nie PLUS stileer jou pofbaadjie so meer stylvol;
2023 se pofbaadjies
Helder en kleurvol
Kies ’n uitstaan kleur wat jy weet jy graag sal wil dra, daardie skakering waarin jy weet jy goed lyk, rooi blou, pienk of groen. Ons is veral opgewonde dat ’n helderkleurige pofbaadjie die mag sal hê om enige grou en grys wintersdag op te helder!
Pofbaadjies met detail
Hierdie is vir die dames wat ’n klein tikkie ekstra drama in hul uitrustings geniet. Kies daardie pofbaadjie met die uitstaan patroon en omhels die pofbaadjie trend behoorlik.
Blink-effek pofbaadjies
Metaalkleure tot blink faux leer-effek pofbaadjies. Die y2k tendens bly steeds volop – probeer gerus ’n blink-effek pofbaadjie wat beslis baie aandag sal geniet. Perfek by ’n wyepypdenim, tekkies en T-hemp – dit gee dadelik ’n tikkie sportiewe glans aan enige uitrusting.
Moulose pofbaadjies
’n Praktiese layering stapel in enige winterklerekas – mits dit hierdie seisoen nie in ’n vervelige kleur of afwerking gedra word nie! Kombineer dit met ’n polonektrui, swart wyepypbroek en stewels vir die perfekte High-Low voorkoms.
Neutrale pofbaadjies
Hoewel die reënboogskakerings vanjaar al die aandag geniet, is daar natuurlik altyd neutrale opsies beskikbaar vir die meer minimalistiese stylpersoonlikhede. Neutrale skakerings van swart, wit en beige is veral gewilde opsies en dit maak dalk vir baie dames meer sin om ’n pofbaadjie te koop in ’n skakering wat vir lang jare in hul klerekas sal hou.