Hoeveel keer het jy al trekkende ’n lyn probeer teken met ’n oogpotlood en dan smeer dit in elkgeval kort daarna net af? Ons is gaande oor Revlon se ColorStay Multi-Player Liquid-Glide potlode, wat nie net lank aanbly nie, maar ook supersag is. Deur Suzanne Kotzé
Die sagste oogpotlode wat aanbly: Revlon ColorStay Multi-Player Liquid Glide Pencils
Dink vloeibare oogpotlood, maar een wat kan skerpmaak en ’n kwassie aan die agterkant het. Die Revlon ColorStay™ Multi-Player Pencil wend so glad soos vloeibare oogomlyner aan, maar met ‘’n romerige afwerking wat kan meng en ewe maklik as oogskadu ook gebruik kan word. Hierdie sagte, romerige potlode wend so maklik aan, geen meer trekkende ooglede nie en dit bly lank aan. (Psst: Onthou net om die doppie terug te sit, anders droog dit uit.)
Jy dink dalk dit is oogpotlode, maar jy kan die potlode ook op jou gesig en lippe gebruik. Die kwassie aan die agterkant is om jou lyne te meng en is veral handig as jy die potlode as oogskadu of vir kontoering gebruik. Buig die kwassie effens voordat jy dit gebruik om dit sag te maak.
Die twee nuwe glansryke skakerings; Jackpot en High Score
Aanvanklik was daar net ses skakerings beskikbaar (ons gebruik dit daagliks!) in donker kleure beskikbaar. Twee nuwe skakerings, Jackpot en High Score, is pas bekendgestel.




Ek het die Jackpot skakering (wat so effense blinkerigheid het) as beklemtoner onder my wenkbroue, in my binneste ooghoeke en net bo my kupido-bogie gebruik.


Justine het die pienkerige High Shine skakering gebruik. Sy het dit as ’n oogomlyner op haar onderste en boonste lede gebruik en dit met die kwassie gemeng sodat dit ’n sagte lyn vorm. Jy kan dit beslis ook as oogskadu gebruik.
Die potlode is ook waterdig. Veral handig vir die van ons wat in die Kaap bly waar dit op die oomblik aanhoudend reën, of as jy sukkel met hooikoors en jou oë gereeld traan.
Hierdie potlode is ook wonderlik om in te pak vir vakansie aangesien dit so veeldoelig is en plek spaar.
Psst: Moenie ‘n gewone potloodskerpmaker gebruik met hierdie potlode nie, die sagte punte breek af. Gebruik ‘n spesiale oogpotloodskerpmaker, te kry by meeste apteke en skoonheidswinkels.
Revlon ColorStay Multi-Player Liquid-Glide potlode is beskikbaar by winkels soos Woolworths, Superbalist, Truworths
