Die regte volgorde van velprodukte

Het jy al gewonder of jy jou velprodukte in die regte volgorde aanwend? Het jy geweet serums kom voor rome en olies heel laaste?  Sonette Donker, vel-foendie, deel haar kundigheid oor die regte volgorde van velprodukte. Lees meer hier; Deur Justine Kroes

Volgorde van velprodukte, hoekom is dit belangrik?

“Die volgorde van produkte is uiters belangrik omdat produkte gemaak is om op die verskillende lae van jou vel te werk. Dit word gebaseer op die molekulêre grootte van die bestanddele in die produkformulasie. Dit beteken die produk wat die diepste penetreer (kleinste molekulêre grootte soos jou serum) gaan eerste en die produk wat op die boonste vellae werk volg laaste”

Sonette Donker

“’n Vloeistof of gel bestaan uit klein molekules waar ’n dik room of olie groot molekules bevat. As jy eerste jou olie aanwend dan gaan jou serum nie na die dieper lae van jou vel kan binnedring nie en nie eindig waar dit moet nie. Dus werk jou produk nie effektief nie en jy mors eintlik geld.”

Die regte volgorde van velprodukte lyk so:

Sonette deel die regte volgorde om jou produkte aan te wend, asook die korrekte hoeveelhede in munt- stukgroottes, as jy al ooit gewonder het hoeveel produk is genoeg:

Oggend

  1. Micellar Water/miselwater (as dit nodig is – as jy net geslaap het, dan is dit nie nodig nie) – 50 sent stuk grootte 
  2. Gesigwas – 2 to 3 pompe of R5-stukgrootte 
  3. Tonikum of ‘Essence’ – 50-sentstuk grootte
  4. Oogroom (wend aan voor jou serum sodat die serum wat nog aan jou hande sit, nie die sensitiewe vel rondom jou oog irriteer nie) – vuurhoutjie-bopuntgedeelte grootte vir albei oë.
  5. Serum – 20-sentstuk grootte, 2 pompe of 6 druppels 
  6. Dagroom – 20-sentstuk grootte of 2 pompe 
  7. Sonroom – 50-sentstuk grootte of 2 – 3 pompe (gesig, nek en bors)
  8. Onderlaag – 10-sentstuk grootte of 1 to 2 pompe 

Aand

  1. Micellar Water/miselwater
  2. Gesigwas
  3. Toner of Essence 
  4. Oogroom
  5. Serum 
  6. Nagroom
  7. Olie (in winter) – 10-sentstuk grootte of 3 tot 5 druppels 

Stappe met afsilferaar en masker by:

1-2 keer ’n week; Gebruik ’n afskilferaar en masker in die oggend of aand wanneer jy meer tyd het.

  1. Micellar Water
  2. Gesigwas
  3. Afskilferaar R2 to R5 grootte (gesig, nek en V-lyn op bors)
  4. Gesigmasker R5 grootte (gesig, nek en V-lyn op bors)
  5. Tonikum of Essence
  6. Oogroom
  7. Serum
  8. Vogroom
  9. Sonroom (oggend)
  10. Onderlaag (oggend) 

Hoe lank moet jy wag tussen die aanwending van elke produk vir beste absorpsie?

Sonette se raad: “Wend jou produkte aan so vinnig as moontlik van een na die ander na mekaar aan -die rede hiervoor? Jou volgende produk gaan beter en meer egalig aanwend en sodoende ook meer effektief penetreer.”

“Maak net seker jy volg die regte volgorde, vloeistof/gel eerste dan rome en laaste olies (kleiner molekulêre grootte na groter).”

5 produkwenke van vel-foendi Sonette:

  1. Wend jou oogroom op die boonste- en onderste gedeeltes van jou ooglede aan vir die beste resultate, en nie op die been nie. 
  2. Pak jou produkte in volgorde in jou kas, dit bespaar jou tyd en maak dit makliker om die regte volgorde te volg wanneer jy produkte aanwend. 
  3. Sit jou gesigwas in die stort (as jy stort!), maar nie direk onder the watervloei nie. As water in jou produk kom kan dit sleg word en vinnig verval.
  4. As jou vel van ’n reeks produkte hou, hou aan om dit te gebruik, maar verander elke nou en dan een of twee items in die reeks – byvoorbeeld jou serum en masker, sodat jy aanhou om goeie resultate kry.
  5. As jy kort hare het, wend jou serum, vogroom en sonroom aan die agterkant van jou nek ook aan. 

Meer oor Sonette

SkinFundi Sonette Donker

Sonette is die eienaar van die bekende velsorgkliniek Skin iD in Johannesburg. Sonette is ’n velspesialis met meer as 25 jaar in die industrie – daarby het Sonette ’n begeerte om nooit op te hou leer en innoveer nie. So is die konsep van “Skin Fundi” haar nuwe webtuiste en aanlyngemeenskap wat dien as ’n spasie vir opleiding en advies vir beide beginners en professionele velkundiges om meer te leer.

Sonette se vermoë om moeilike velkundige konsepte maklik verstaanbaar te maak is beslis haar gawe – volg haar op Instagram hier en Facebook hier, glo ons met elke “post” leer selfs ons iets nuuts! Besoek Sonette se webtuiste www.skinfundi.co.za

Lees ook: Die mooiste Bob-haarstyle gaan jy nou wil dra

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Salomé de Wet
Moet en moenies vir gebleikte blonde hare
error: Content is protected !!