stort
stort

10 Stort en lyfsorgwenke om droë vel te voorkom

Hierdie tyd van die jaar is ons lywe geneig om droeër te begin voel, en ons mag dalk ook effens lui wees om room aan te smeer, omdat ons koud kry. Stort reg en gebruik bevogtigende lyfwas en room om dit te voorkom. Deur Suzanne Kotzé

1. Hou jou water louwarm

Die versoeking is daar om die water al hoe warmer te draai, maar dit kan jou vel uitdroog omdat die vel van natuurlike olies gestroop word. Dit kan lei daartoe dat jou vel droog en jeukerig voel. 

2. Vermy lang storte

“’n Mens se vel het ’n suur pH wat bitter belangrik is vir normale funksionering van die sperfunksie. Blootstelling aan water verander reeds die pH na neutraal of selfs ’n bietjie alkalies,” verduidelik dermatoloog dr. Suretha Kannenberg. So hoe langer tyd jy in die stort deurbring, hoe groter is die kanse dat jou vel se pH verander, wat kan lei tot sensitiwiteit of droogheid. “As jy ekseem het, bad of stort so kort moontlik,”, sê dermatoloog dr. Willie Visser.

3. Kies ’n hidrerende lyfwas

“Sepe wat skuim, verander ook die pH van jou vel na neutraal of alkalies. Water en sepe wat skuim is dus baie sleg vir die pH en die gesonde sperfunksie van jou vel,” is dr. Kannenberg se raad. Die bestandeel wat meeste produkte laat skuim en om voor uit te kyk is sodium lauryl sulphate. As jy besorg is oor sensitiwiteit of vel wat baie droog voel, is dit ook wys om lyfwas wat antiseptikums, parfuums en kleurstowwe te vermy.

Stylvol-gunstelinge

Aveeno Skin Relief Body Wash (R230, dermastore.co.za)
Bioderma Atoderm Cleansing Oil 1L (R625, dermastore.co.za) Hierdie reusebottel hou lank en is veral goed vir droë en senstiewe vel.
La Roche Posay Lipikar Huile Lavante Ap+ Lipid Replenishing Cleansing Oil (R285 vir 400ml, Dischem)
Eucerin Ato-derm Bath & Shower Oil (R300, Clicks)
CeraVe Hydrating Cleanser (R230, dermastore.co.za) kan op jou lyf en gesig gebruik word.

5. Begin bo

Begin by jou hare (as jy was), gesig en dan jou lyf. As jy egter met aknee sukkel of as jy vel sensitief is, word dit aanbeveel dat jy jou gesig, rug en borsarea was nadat jy jou haaropknapper afgespoel het. Die bestanddele in jou opknapper mag bydra tot verstopping of dit het dalk geurmiddels in wat jou sensitiewe vel kan laat opvlam as jy dit nie afwas nie.

6. Versigtig vir nat lappies of loofas

As jy met lappies of loofahs was, maak seker jy laat dit elke dag goed droog word. Hang dit gerus in die son uit, want die son kan help om kieme te vernietig. Nat lappies (veral in ’n effense donker area) is die ideale broeiplek vir bakterieë.

7. Onthou om jou lyf ook af te skilfer

Fokus veral op dele soos elmboë, knieë en hakke. Skilfer ook jou bene af (maar vermy harde, geparfumeerde korreltjierige afskilferaars) as jy gaan skeer

8. Skeer laaste

Die warm water versag jou haartjies en maak dit makliker om te skeer.

9. Druk jouself droog

Druk jouself liggies droog met jou handdoek, ’n harde vinnig afdroog kan jou vel irriteer en jou jeukerig laat voel. Deur jouself droog te druk, los ook ’n bietjie ekstra water op jou vel, wat goed is as jy lyfroom aansmeer. Onthou wel om liggaamsdele met voue soos tussen jou tone, onder jou borste en jou maag goed af te droog.

10.Smeer dadelik room aan

Probeer vogrooom so vinnig as moontlik (verkieslik twee tot drie minute na jou stort of bad) aan te smeer. Dit help transepidermale waterverlies voorkom. As jou vel droog en sensitief is, probeer om twee keer ’n dag room aan te smeer. Kyk uit vir bestanddele soos seramiedes en hialuroonsuur en vermy gegeurde lyfroom, veral as jou vel geneig is om sensitief te wees of as jy pas geskeer het. (Skeer veroorsaak mikro-klein skeurtjies in die vel, en die parfuum kan dit branderig laat voel en irriteer).

Aveeno Dermexa Emollient Cream (R300, dermastore.co.za)
La Roche-Posay Lipikar Balm AP+M (R490 vir 400ml, dermastore.co.za)
IISDIN Ureadin Ultra 10 Lotion Plus (R475, dermastore.co.za)
Bioderma Atoderm Sos Spray 50ml (R225, Dischem). Hierdie is wonderlik om jeuk te verlig, en handig om veral op kinders te gebruik. Ons wens net die groter weergawe was in Suid-Afrika beskikbaar.
Nivea Repair & Care Body Lotion (R110, Clicks)) bevat wel ’n bietjie parfuum. So as jy ekseem het of baie sensitiewe vel het, vermy dit eerder. Dit is wel ’n lekker sakpas opsie (wat ons self graag gebruik, as ons velle ‘gesond’ voel)

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Van klassiek tot reënboog en selfs goud; hierdie Franse manikuur wil jy nóú dra
error: Content is protected !!