Meer glans, minder donker kringe

Wie wil dan nou nie meer glans en minder donker kringe hê nie! Ons toets NUXE Merveillance Lift Firming Radiance Cream en Super Serum (10) Eye Concentrate. Deur Suzanne Kotzé en Justine Kroes. Foto’s Tegan Smith

promosie

Meer glans met NUXE Merveillance Lift Firming Radiance Cream

Suzanne toets

NUXE Merveillance Lift Firming Radiance Cream (R925 vir 50ml, orleanscosmetics.co.za)

NUXE Merveillance Lift Firming Radiance Cream is die jongste toevoeging tot die Merveillance Lift velsorgreeks wat daarop fokus om jou vel se plooie en fermheid aan te spreek.

Glans

Die Radiance Cream het egter die bykomende voordeel dat dit glans gee.

En is hierdie roompie nou ’n wenner, veral op dae wat jy moeg en vaal voel!

Die room het so ’n rooierige perskekleur, danksy die botaniese tamatie-ekstrak. Moenie bekommerd wees nie, die room se kleur laat jou glad nie tamatierooi lyk nie, dit gee glans en is geskik vir alle velkleure.

Die room laat jou nie blink nie, dit laat jou net minder moeg lyk. Amper soos die mooi lig wat op jou gesig val net nadat die son opgekom het. (Golden hour lig soos fotograwe dit noem.)

Verpakking

Ek is mal oor die gevoel van die buisie in my hand (en die ligte verpakking is wonderlik vir reis!)

Tekstuur

Die room se tekstuur is lig en dit trek maklik in. Daar is geen oortollige produk wat jou gesig sweterig laat voel nie.

Plooie en verferming

My plooitjies lyk beslis sagter nadat ek die room aansmeer; dit is amper asof dit ’n tipe blur effek gee.

Soos die res van die Merveillance reeks bevat die Radiance Cream ook ’n antieke groen-alg bestanddeel (wat al vir 2.5 biljoen jaar oorleef!), hoog in essensiële vetsure en anti-oksidante, wat ook help met verferming en om jou vel gladder te laat lyk.

Minder donker kringe: NUXE Super Serum (10) Eye Concentrate

NUXE Super Serum (10) Eye Conentrate (R1195, vir 15ml, orleanscosmetics.co.za)

Justine toets:

Ek is mal oor die gewone NUXE Super Serum; daardie klein hialuroonsuur en botaniese balletjies wat so ‘bars’ terwyl jy dit aanwend!

Donker kringe

Vandat ek kinders gehad het, voel dit asof my donker kringe nog nooit regtig weggegaan het nie, al slaap hulle darem nou die meeste nagte deur. Jare se nie slaap nie en probleme met allergieë dra seker maar daartoe by. Ons het natuurlik ook minder kollageen en elastien in ons oog-area, juis daarom dat ’n mens ook die eerste tekens van veroudering hier sien.

Soos NUXE Super Serum bevat die Super Serum Eyes ook mikrosfeertjies (wat soos balletjies lyk) gevul met botaniese olies, omring deur die super-bevogtigende hialuroonsuur en niasinamied. Die formule is spesiaal aagepas vir jou oog-area. Botaniese kaffeïne en biomimetiese (biomimetic) peptiede is ook by die formule gevoeg. (Biomimetiese beteken maar net dat dit stowwe wat natuurlik in jou vel voorkom, naboots).

Saam help dit veral om donker kringe en pofferigheid beter te laat lyk, omdat dit die opeenhoping van gifstowwe in die area verminder.

Ek verbeel my sommer ek voel hoe dit begin werk terwyl ek dit aanwend!

Aanwending

Die regte aanwending van hierdie serum is baie belangrik. Trek so min of meer een druppel serum in die pipet op en drup dit op jou vingerpunte. Vryf jou vingerpunte liggies oormekaar (sodat die balletjies ‘bars’) en wend die serum met jou wysvinger onder jou oë, op die been aan.

Vee drie keer liggies vanaf die binnehoeke na die buitehoeke van jou oë met jou wysvinger. Hierdie beweging help om jou oog-area te dreineer en pofferigheid en donker kringe minder opsigtelik te maak.

Maak hierdie aanwending sommer deel van jou velsorgroetine! Wanneer ek tyd het, gebruik ek ook graag my ’jade roller’ op my oogarea, nadat ek die serum aangesmeer het.  My donker kringe en pofferigheid is beslis minder.

Tekstuur

Die tekstuur is heerlik lig en dit trek vinnig in.

Soos die Super Serum (10) kan jy die Super Serum Eyes saam met enige van NUXE se velsorgprodukte gebruik. Soos Prodigieuse ® Boost (25+), Merveillance LIFT (35+), Nuxuriance Ultra (50+) en Nuxuriance Gold (65+). En natuurlik werk die twee serums baie goed saam!

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Hair bow H&M
Hierdie haarstrikke en serpies wil ons nou dra!
error: Content is protected !!