Die beste skeerwenke vir melkbaarde, hardebaarde en selfs volbaarde

Wêreldbekende ‘barbers’(kappers) het saamgewerk om ClarinsMen se nuwe skeer en baardreeks te skep en deel ook hulle beste skeerwenke.  Hier is wenke en produkte vir die man(ne) in jou lewe, of hulle nou skoongeskeer is, of stoppelbaarde of langbaarde het.  Deur Suzanne Kotzé

24/02/2023

promosie

As jou seun skielik donker hare op sy bo-lip begin kry, en jy dit eers ignoreer (want jou baba kan tog nie al moet skeer nie) en jy weet dit is nou nie juis jou ‘afdeling’ om skeerraad uit te deel nie. Hierdie ma se raad: “kom ons waks sommer jou bo-lip,” is met afgryse deur pa en seun ontvang. Vandaar die besluit om eerder self ook navorsing en skeerwenke te kry.  Want ma’s hou mos daarvan om in beheer te voel. Nou kan ons sommer vir die manne in ons lewe presies vertel hoe hulle moet skeer (😜), of minstens klink of ons weet waarvan ons praat.

Vir die melkbaard het ons (ja ons) vir ’n wyle ’n elekstriese skeerder gebruik om die bo-lip hare korter te skeer, tot ‘ons’ reg was vir die eerste skeer. En as jy jou eerste skeer met ClarinsMen doen is, daar nie juis omdraaikans nie.

Wêreldbekende ‘barbers’ (kappers) se beste skeerwenke

ClarinsMen het wêreldbekende ‘barbers’ (kappers) gevra om saam met hulle te werk om ’n nuwe skeerreeks te ontwikkel. (En as jy nie weet wie hulle is nie, ons het ook nie, google of youtube hulle gerus. Hulle is soos die rockstars van ’n skeer- en kapperwêreld wat ons nooit geweet het bestaan nie.) Die doel was om ’n skeerreeks te skep, wat uitstekend werk, maar maklik is om te gebruik en soos alle Clarins produkte op plantbestanddele staatmaak.

Die wêreldbekende ‘barbers’

Samy Zerouali

As die seun van ’n haarkapper, is dit geen wonder dat baarde en hare die Franse Samy Zerouali se passie is nie. Soveel so dat hy meesterklasse in ‘modern barbering’ begin gee het in Parys, en kappers van reg oor die wêreld touwys gemaak het.

“Ek is mal oor hierdie beroep omdat ek die voorreg het om mense beter te kan laat lyk”.

Justin Carr

Die Britse Justin Carr is so geliefd onder Engeland se top sokkerspelers, dat hy tuisbesoeke doen om hulle baarde en hare te tem. Sommige val wel ook gereeld by sy gewilde salon in Hertfordshire in. Om die beste voorkoms te skep, die perfekte skeer te gee en net ’n totale gevoel van welwees aan sy kliënte te gee, is iets waarop Justin trots is.

Lord Jack Knife

Lord Jack Knife word gereken as een van die heel beste kappers in die wêreld. Hy is oorspronklik van Spanje af. Hy bestuur tans twee salonne in Noorweë en is reg oor die wêreld in aanvraag. Hy is ook ’n skrywer, vervaardiger en DJ.

En die beste skeerwenke

Skeermesbrand

1. ’n Strelende tonikum of jel voorkom skeermesbrand

Gebruik ’n warm handdoek om jou gesig voor te berei en wend ’n strelende tonikum of jel na jou skeer aan.

Warm handdoek wenk: Maak ’n (skoon) handehandoek nat, en draai die water uit. Sit dit vir so 30 sekondes in die mikrogolfoond en siedaar.

Raakskeer en snytjies

2. ’n Warm handdoek op jou gesig of ’n warm stort voor jou skeer

Gebruik ’n warm handdoek op jou gesig. Die help om jou vel se porieë oop te maak en om jou baardhare te versag. Jy kan ook ’n warm stort neem.

3. Meng olie by jou skeerroom in

’n Paar druppels skeerolie by jou skeerroom ingemeng, help dat jou skeermes gladder oor jou gesig skeer. So skeer jy jouself minder raak.

4. Trek jou vel liggies

Trek jou vel liggies by die area wat jy wil skeer, en skeer in die teenoorgestelde rigting as wat jy trek (maar nie in die teenoorgestelde rigting van jou haargroei nie.)

Ingroeihare

5. Skilfer af

Skilfer gereeld jou vel af, sodat dooie velselle nie jou porieë verstop en ingroeihare veroorsaak nie (dit help ook om jou lemmetjie langer skerp te hou).

6. Skeer saam met die rigting van jou haargroei

Moenie teen die rigting van jou haargroei skeer nie, skeer saam met dit.

7. Was en bevogtig

Was en bevogtig jou gesig daagliks.

ClarinsMen produkte vir skoongeskeerdes, kort en lang baarde

  • Die produkte word deur kundiges in die laboratorium gemaak.
  • Plante en wetenskap vorm die basis van al die produkte.
  • Die produkte is spesifiek vir mans se velle gemaak, aangesien mans se velle dikker en meer olierig is.
  • Die produkte voel almal lig.
  • Dit het eko-vriendelike verpakking
  • Organiese bestanddele (Bessie- en Bison gras-ekstrak is die hoofbestanddele van die reeks) word op verantwoordbare manier verkry

Vir skoongeskeerdes

ClarinsMen Smooth Shave Foaming Gel (R365, clarins.co.za)
  1. ClarinsMen Smooth Shave Foaming Gel om jou baard te versag en jou vel voor te berei vir die skeermes. Dit bevogtig jou vel en help dit beskerm teen irritasie. Dit laat ook jou vel sag, vars en gemaklik voel na jou skeer.
  2. Nasorg met After Shave Soothing Toner of After Shave Soothing Gel.
ClarinsMen After Shave Soothing Toner (R500, clarins.co.za)

Die Toner help om die branderige gevoel te voorkom, en laat jou vel vars voel. Veral as jou vel warm en geïrriteerd voel na die skeer. Dit help ook om die voorkoms van sigbare porieë te verminder.

ClarinsMen After Shave Soothing Gel (R500, clarins.co.za)

Die Gel help om ongemak en irritasie te voorkom en streel. Dit help dat jou vel vars en bevogtig voel en mat lyk. Die gemaklike tekstuur bevat geen olie nie en voel ook glad nie taai nie.

Vir stoppelbaarde

ClarinsMen skeerwenke volbaar

Om jou baard netjies en gestruktureerd te laat lyk, behoort jy dit minstens twee keer per week te versorg. Jy kan of smooth Shave Foaming Gel of Shave + Beard Oil gebruik.


ClarinsMen Shave and Beard Oil (R480, clarins.co.za)

Die olie werk veral goed om jou baardhare sagter te maak en te versorg en ook om jou vel te voed en te versterk. Na jou ligte skeer kan jy After Shave Soothing Toner of After Shave Soothing Gel gebruik.

Vir volbaarde

Kam altyd eers jou baard voordat jy dit skeer. Gebruik die Foaming Gel of Shave + Beard Oil, afhangend van die tekstuur wat jy verkies.

Gebruik die olie om jou baard in stand te hou, jou baardhare te versterk en om dit sag en soepel te hou.

Pro-wenk: Masseer die Shave + Beard Oil in sirkelbewegings teen jou vel onder die baard aan. Dit help dat dit nie jeuk of brand nie.

Onthou, hou ’n lang baard skoon, deur dit met sjampoe en stortproduk te was.

“’n Baard kan ’n man heeltemal anders laat lyk … dit kan hom jonger, of die teenoorgestelde, meer volwasse laat lyk.”

Samy Zerouali

Het jy geweet 92% van 24-34 jaar oues in Frankryk het baarde!


Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
13 Wenke vir ’n gehidreerde wintervel
error: Content is protected !!