Díe 2024 haarkleure en snitte waarvan jy moet weet

Ingeleefde blonde en warmer ‘uitgewasde’ haarkleure en snitte wat elegant en grasieus is, is nou groot nuus. Deur Suzanne Kotzé.

24/08/2024

Haarkleure; meer natuurlike blonde skakerings

“Dink aan die meer natuurlike skakerings van die sestigs en sewentig. Die effense gelerige kleure en pêrelrige skakerings; daardie Farah Fawcett tipe haarkleure,” sê Kaapste haarstilis Charles Junior Louw.

Die gewilde ‘mob wife blonde’ en ‘old money blonde’ waaroor sosiale media gons, voorkomste het ook meer natuurlike blonde skakerings.

‘Mob wife blonde”

Die ‘mob wives’ TV-en filmkarakters van die tagtigs en negentigs is die inspirasie agter die voorkoms. Lees meer oor die voorkoms hier: Die meer is meer ‘mob-wife’ voorkoms

Foto: Pinterest

Ou geld blonde

Die ou geld blonde kleur lyk moeiteloos en natuurlik. So asof jou hare net natuurlik die warm en sagte skakering is.

Model en ontwerper Sofia Richie Grainge se haarkleur is ’n goeie voorbeeld van die kleur. Foto’s Instagram

Glansende blonde

Dit is nie altyd maklik om blonde kleur blink en glansend te laat lyk nie. Hierdie Wella Professionals Illumina Color Glo lyk behoorlik of dit lig weerkaats en soort van binne aangeskakel is. Die Illuminage tegniek is gebruik om kleur so te plaas dat dit lig rondom die gesig lyk, terwyl skakerings soomloos inmekaar vloei.

‘Lived in Blonde;

Volgens Schwarzkopf Professional is ‘Lived in Blonde’ die kleur waarna almal wêreldwyd vra. Wortels wat effe te uitgegroei is, is nie net meer vir eksperimentele studente nie. Maar moenie dink jy kan bloot jou hare laat uitgroei om hierdie effek te kry nie. Die ‘Lived in Blonde’ voorkoms word verkry deur ’n mengsel van Ombrè en Balayage kleurtegnieke.

“’Die ‘Lived in Blonde’ trend is moeiteloos en elegant. Dit is hoog in impak en laag in instandhouding.”

Angela Smith, nasionale opleier vir Schwarzkopf Professional in Suid-Afrika. 
Sofia Vergara is ’n Scwharzkopf Professional handelsmerk-ambassadeur en wys hier haar Lived in Blonde voorkoms
Foto: Schwarzkopf Professional Essential Looks 1.24 The Optimists

Jy kyk dalk soos ons na die foto en dink, maar dit is nie blond nie. Die trend gaan nie noodwendig daaroor om ’n tradisionele blonde voorkoms te skep nie, maar eerder dat die kleur rondom ’n natuurlike basiskleur  geskep word, met ligter mid-lengtes en punte.

Warmer kleure

“Die koper en warmer kleure wat nou groot nuus is, is minder helder; dit moet amper lyk asof die kleur besig is om uit te was,” sê Junior.

Foto: Schwarzkopf Professional Essential Looks 1.24

Appelkoosskakerings

Foto:  Wella Professionals Illumina Color Restage
Foto: Intercoiffure Mondial “The Age of Elegance” versameling.

Gloeiende goue en perskeskakerings

Wella Professionals se Golden Hour Glow voorkoms is geïnspireer deur die kleure van ’n sonsondergang. Dink aan die rooi en goue skakerings op die horison.

Die sagte lig wat warm skakerings reflekteer en gloeiende goue perskekleure. Verbeel jou hierdie kleure reflekteer in ’n haarkleur.

Foto: Wella Professionals se Golden Hour Glow voorkoms

“Hierdie trend is besonder vleiend en sag, en bied ’n veelsydige reeks skakerings om enige veltoon te komplementeer. Die warm gloed moderniseer dadelik die haarkleur,” sê Briana Cisneros, Wella Professionals se Noord-Amerikaanse ambassadeur.

Blink en glansende kleure

Koel bruin, met glans en diepte

Met die Illumina Color Nude voorkoms word ’n natuurlike voorkoms met multi-dimensionele kleurmengsels en glansende kleurweerkaatsing geskep.

Kleurblok

“Kleurblok is op die oomblik ’n reuse trend,” sê Charles Junior Louw

Foto: Schwarzkopf Professional Essential Looks 1.24 Hierdie is deel van Schwarzkopf se Daring Crowd trend en fokus op kleurspeling en die samesmelting van die digitale en fisiese wêreld. Dit kan so helder of so subtiel wees soos wat jy dit wil hê.

“Dit hoef egter nie noodwendig helder en uitspattig te wees nie, dit kan ook meer subtiel wees, soos een stukkie blond in ’n warmer kleur. Of een helder kleur rooi streep in ’n koper kleur.”

Elegante bob-style is die snit van die jaar

Bekendes het behoorlik hare laat waai, en pronk met elegante bobstyle.

Jessica Biehl wys haar haartransformasie in die Instagram reel:
Instagram will load in the frontend.
Aktrise Joey King het haar sjiek bobstyle gewys op die rooi tapyt. Fotos: Instagram

Elegante style is so in, dat die toonaangende Intercoiffure Mondial sy 2024 haarversameling “The Age of Elegance” genoem het. Elegansie gaan oor die kuns van lewe, oor goeie smaak wat hou en volhoubaar is. 

Foto: Intercoiffure Mondial “The Age of Elegance” versameling.Die snit en kleur van hierdie is ongelooflik. Dit het beslis ook ’n ‘ou geld’ gevoel.  

Grafiese lyne

Die bob styl met sy grafiese reguit gesnyde punte is deel van Intercoiffure Mondial “The Age of Elegance” Pure White versameling.

Ou geld bob

Laasjaar was die ou geld mode-voorkoms groot nuus, en dit het oorgewaai na die haarwêreld ook. Dink klassieke bob, met bonsende, blink hare wat gesond en goedversorg (duur) lyk. En natuurlik mooi drooggeblaas het (dikwels met punte wat effens inkrul).

Foto: Hair by Suzi Instagram

Die Franse bob

Foto: Salsalhair Instagram

Die Franse bob is so net onder jou en bo jou ken gesny. Die eenlengte styl kan met of sonder ’n kuif gedra word. Dit is bekend gemaak in die 1920’s deur Franse aktrises wat die styl ook soms saam met ’n baret gedra het. Dit is moeitelose en word as 2024 se sjiekste styl beskryf. 

Die Italiaanse bob

Die kenlengte Italiaanse bob met sy stomp punte en effense lae (maar nie te veel nie!), minimale lae, trend behoorlik weer op sosiale media en veral TikTok. Die styl is natuurlik nie nuut nie, maar mense het bloot die klassieke gesofistikeerde styl herontdek. Dink aan die eenvoudige skoonheid en sagte ouwêreldse glans van Italië, dit is wat hierdie styl vasvang.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
skoonheidsblapse
Ons grootste skoonheidsblapse
error: Content is protected !!