Burgundy is terug, dra dit so:

Diep, ryk en vir altyd sjiek, burgundy/ wynrooi/ boergonje (watookal jy dit wil noem) kompeteer tans met bruin (en moontlik bottergeel) as een van 2025 se gewildste mode-skakerings. Van ontwerper-loopplanke tot straatstyl sterre, hierdie dieprooi is meer as net ’n winterstapel, dit is ’n kragtige skakering, hier’s hoe om dit te dra: Deur Justine Kroes

Burgundy; Hoekom ons daarvan hou

Stille luuksheid:

Wynrooi is een van “Quiet Luxury” (modetrend) se gunsteling skakerings. Burgundy is daardie skakering wat die perfekte balans bring; dit lyk duur, is veelsydig en pas by byna enige skakering en bied diepte sonder dat dit vir aandag “skree”.

Siesoenloos:

Burgundy as ’n modeskakering is nie net vir koue winterweer nie. Ligte syrokke, linne- en katoenkombinasies maak hierdie skakering ook gewild vir somermaande en vir dra in warmer weer.

6 Wenke om burgundy te dra:

1. Kop tot tone burgundy

Om een skakering van kop tot tone te dra, skep ’n sjiek, hoë impak voorkoms. Met ’n sterk en kragtige skakering soos wynrooi, selfs nog meer so.

Maak gebruik van verskillende teksture en materiale wanneer jy jou monokroom burgundy voorkoms bymekaar sit. Dink byvoorbeeld aan ’n burgundy satynromp by ’n burgundy trui en blazer baadjie. Hierdie verskillende teksture skep dimensie en diepte in jou uitrusting.

2. Kombineer met neutrale skakerings

Dra jou wynrooi by winter neutrale en skakerings soos beige, kameel, room en selfs swart. Jou burgundy blazer lyk super stylvol boo or jou wit t-hemp en kameel kleurige broek, moeiteloos elegant.

3. Dra dit meer gemaklik:

Jou wynrooi uitrusting hoef nie noodwendig altyd sjiek en kragtig te wees nie, ’n wynrooi bomber-styl baadjie by jou jeans lyk net so cool en in die modekol.

Selfs ’n wynrooi crew/hoodie top, keps en gemaklike broek is ’n stylvolle, gemaklike uitrustingopsie.

Ons gunsteling is natuurlik ook die wyepyp sweetpak-styl broeke, die met die resies-streep langs die been af – sportiewe boergonje? Ja asseblief!

4. Wynrooi is nie net vir die jongspan nie

Burgundy is ’n kleur vir almal, 60+ dames, julle inkluis! Hierdie ultra luukse skakering is vleiend by die meeste veltone en indien jy bekommerd is, moenie die skakering te naby aan jou gesig dra nie (kies eerder ’n broek of romp).

Neem gerus inspirasie van hierdie 60+ stylvolle vroue in hul wynrooi uitrustings.

5. Dra jou wynrooi by ander skakerings

Verbasend veelsydig, pas wynrooi by soveel verskillende skakerings, hier is van ons gunsteling kombinasies:

Burgundy en blou

Ligblou tot vlootblou en navy blou, burgundy lyk klassiek by blou.

Burgundy en pienk

Ligpienk tot selfs meer helderpienk, hierdie kombinasie is hope pret.

Burgundy en grys

Hierdie voel soos die perfekte winter kombinasie.

Burgundy en bottergeel

’n Ongewone kombinasie, maar dit werk!

6. Steeds huiwerig? Probeer ‘n bykomstigheid:

Die maklikste manier om te toets of ’n kleur in jou klerekas hoort – begin klein, met ’n handsak, skoen of serpie. Selfs die kleinste burgundy-bykomstigheid sal ’n tikkie luuksheid aan jou uitrusting gee.

Burgundy stapel-items

As die boergonje gogga jou byt, kyk dan na ander wynrooi opsies om jou versameling op te bou.

Burgundy klere-items om in te belê:

’n Netjies blazer baadjie of jas:

Forever New Hadley Single Breasted Blazer (R1195)

Leer/ kunsleer romp of broek:

H&M Coated Pencil Skirt (R429 Superbalist)

Burgundy handsak:

AYANA Nifa Burgundy Handbag (R299)

Gepunte burgundy hakskoen of enkelstewels:

Mango Cobi Ankle Boot Dark Red (R1299)

Sagte trui/ oopknooptrui.

Mr Price Knit Cardigan (R329,99)

Lees ook: Serpe as gordels, die onverwagse modetrend

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
“High-low”; die aantrekstyl van die oomblik, stylkenners verduidelik hoe
error: Content is protected !!