modefoute
modefoute

Maak jy een van hierdie 5 inkopiefoute? ’n Modekenner gee raad

Ons kan sonder skaamte erken dat ons al elkeen van die vyf inkopiefoute gemaak het. Met al die uitverkopings en die volgende seisoenstyle wat die winkelrakke begin volstaan, het ons dit goedgedink om vir ’n inkopiekenner en stylkonsultant te vra wat die 5 grootste inkopiefoute is wat sy gereeld vroue sien maak. Lees hier om te keer dat jy nie in dieselfde slaggat beland nie! Saamgestel deur Justine Kroes

28/07/2023

Kyk uit vir die 5 inkopiefoute:

Daniella (Shopologygirl op Instagram) sê “met my ervaring van vroue help met hul klerekaste die afgelope tien jaar deel ek my top vyf inkopiefoute wat ek vroue gereeld sien maak;”

1. Impulsiewe kopies

Stel dit voor: Jy het ’n spesiale geleentheid en jy wil graag asemrowend lyk, maar jy’t niks in jou klerekas om aan te trek nie. Jy skiet winkel toe met minimale tyd om iets perfek te vind, en uit desperaatheid koop jy nou maar die een semi-oraait item wat jy kon vind. Daardie kledingstuk word dan nooit weer aangetrek nie. Danielle sê: “ek stel voor, indien moontlik, beplan vooruit wanneer jy weer vir ’n geleentheid klere moet koop om te verhoed dat jy onder druk klere moet koop.”

2. Aanlyn inkopies

Hoewel aanlyn inkopies gerieflik kan wees, kan jy maklik ’n kat in ’n sak koop as dit by aanlyn klerekopies kom.

Ons kyk gewoonlik vas in hoe die kledingstuk aan die model lyk, maar neem nie noodwendig in ag hoe dit aan ons lywe gaan sit of pas nie.

“Om die groottes van die aanlyn winkels reg te kry, is nie altyd so maklik soos wat jy dink dit is nie”, verduidelik Daniella. Sy stel voor: Lees soveel moontlik resensies “reviews” van die item wat jy graag wil koop. En probeer soveel informasie moontlik oor die produk bymekaarmaak, van die materiaal tot stylbeskrywing. Let ook op na die grootte wat die model op die foto aanhet.

Die belangrikste, is om die teruggeebeleid van die aanlynwinkel te lees voordat jy koop, om seker te maak jy kan die item terugstuur ingeval dit nie pas nie.

Daniella, Shopology

3. Jy koop swak kwaliteit kledingstukke

“Hiedie is ’n fout wat ek baie vroue gereeld sien maak”, verduidelik Daniella. Ons sien ’n pragtige kledingstuk wat so mooi lyk in die winkel maar na een rondte in die wasmasjien lyk die kledingstuk sleg. Van gare wat losstrek tot knopies wat afskiet. In my opinie, sê Daniella, beteken die prys van ’n item nie noodwendig dit is goeie kwaliteit nie. Koop goeie materiale en laat die goedkoper sintetiese materiale eerder verbygaan. Kyk ook na die kwaliteit van die stikwerk voor jy koop.

4. Jy koop iets omdat dit goed lyk aan iemand anders

Jy het daardie kledingstuk aan ’n vriendin, op Instagram of aanlyn raakgesien en dan koop jy presies dieselfde item. Jy is dan teleurgesteld omdat jy nie so goed lyk daarin nie, maar jy neem nie noodwendig in ag dat die kleur nie by jou veltoon pas nie en ook gladnie jou lyfvorm vlei nie.

“Leer eerder wat werk vir jou en jou liggaamstipe – die grootte van die kledingstuk is irrelevant – dit gaan maar oor die hoe dit sit aan jou lyf”,

Daniella, Shopology

5. Jy koop op ’n uitverkoping

’n Inkopiefout wat ons almal al gemaak het – jy koop ’n item net omdat dit op uitverkoping is. Ons weet, wie kan nou ’n goeie winskopie weerstaan?! Dit kan so maklik wees om in daardie strik te trap – om ’n kledingstuk te koop net omdat dit afgemerk is.

Daniella se beste wenk om onnodig op ’n uitverkoping geld te spandeer; Stop voordat jy net koop en oorweeg hoe daardie afgemerkte kledingstuk in jou klerkas sal inpas. As jy kan insien dat jy die item op drie verskillende maniere kan dra, asook by ander items in jou klere kas kan stileer, dan is dit beslis ’n aanwins vir jou klerekas. As die antwoord nee is, hang eerder die item terug op die rak anders sal jy op die lang duur sulke onnodige kopies bly maak.

Daniella is die stigter van Shopology, ’n eksklusiewe diens wat spesialiseer in stiliering en persoonlike mode-inkopies maak. Kontak vir Daniella hier.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Brilraam-trends plus: so werk ’n stylkonsultasie vir brille kies
error: Content is protected !!