Danksy Pantone se Mocha Mousse kleur van die jaar, is bruin skakerings ook in dekor groot nuus. Maar hoe gebruik jy die kleur (sonder dat dit lyk asof jy so reg uit die sewentigs kom)? Hier is raad en ’n paar mooi bruin kopies. Deur Suzanne Kotzé
Bruin skakerings is weer groot nuus en het ’n reuse terugkoms in binneshuise-ontwerp gemaak,” vertel Brenda Hard, stigter van Soft&Co en binnehuise-ontwerper. “Dit bring ’n ryk warmte en anker enige spasie.’
Brenda gee raad
Begin met bruin, aardse aksente

As jy graag hierdie kleurtrend wil probeer, maar nie jou huis met bruin wil oorweldig nie, begin met aksente soos strooikussings, matte en blompotte. ’n Neutrale beige of taupe basis vir jou mure is die ideale agtergrondkleur saam met warm bruin skakerings.
Speel met skakerings

Probeer om verskillende skakerings van bruin saam met ander aardse skakerings soos terracotta, olyfgroen of sagte roes te gebruik vir ’n meer subtiele aanslag, Hierdie laag-op-laag kleurpalet skep ’n atmosfeer van die natuur. Veral wanneer dit met natuurlike materiale soos hout, leer of linne gebruik word.

Kies ’n bruin aksent meubelstuk

’n Meubelstuk wat uitstaan, soos ’n bruin leerstoel of ’n natuurlike hout koffietafel kan ’n stelling maak, terwyl die algehele gevoel van jou vertrek steeds rustig en uitnodigend is. (Sonder dat dit bruin, op bruin, op bruin hoef te wees).
Goud en koper pasmaats
Bruin lyk pragtig saam met goue of koper hardeware om ’n gesofistikeerde, dog aardse gevoel te skep.
Die geheim is balans
Meng warm, bruin skakerings met ander elemente wat dit komplementeer om ’n harmonieuse spasie te skep waar almal welkom voel. Sonder dat dit te swaar of outyds lyk.
Stylvolwenk Ons hou baie van tekstuur soos bouclé, of ander weefstowwe saam met bruin skakerings. Oorweeg gerus ’n neutrale bouclé kussing op ’n leerbank. Of ’n geweefde kussing in bruin skakerings op ’n neutrale bank.
Pinspirasie
Onthou bruin beteken nie noodwending sjokolade bruin nie. Hierdie bruin skakerings lyk gesofistikeerd en ook minimalisties.
Pragtige inspirasie foto’s wat ons op Pinterest gekry het.
Bruin kopies





, Mr Price Home)







