Ons het nuwe (Justine) en eerste (Suzanne) brille nodig gehad en het die oogkundiges Bril gevra om vir ons brilkies-wenke te gee.
Die oogkundiges by Bril se brilkies-wenke
1. Pas die raam by jou persoonlikheid
Die lewe is kort, dra ’n bril wat jou persoonlikheid beklemtoon. Versier jou gesig met jou gunsteling kleur of gedetailleerde versierings. Dit is goed om ’n versameling rame te hê wat jou dae stylvol kan aanvul.
2. Voorskrifte
Of jy nou hou van gewaagde rame, of meer diskrete brille, sal jy jou voorskrif in ag moet neem met die dikte van die lense en in watter rame dit sal pas.
3. Perfekte passing
Afhangende van jou gesigvorm sal die raam jou voorkoms komplementeer. Onthou, teenoorgesteldes trek aan, so kies brille wat kontrasteer met jou gesigkontoere en simmetrie om jou prominente kenmerke te beklemtoon.
Ovaal
Kies rame waar die raam so breed of breër is as die wydste deel van jou gesig.
Hartvormig
Om die boonste breedte van jou gesig te versmal, kies rame wat breër onder is. Dun, ligte rame wat lugtig lyk is altyd ‘n goeie opsie.
Rond
Om ’n ronde gesig smaller en langer te laat lyk, kies hoekige of vierkantige rame.
Vierkantig
Om vierkantige gesigte langer en sagter te laat lyk, kies rame wat meer breedte as diepte het of ’n smal ovaalvorm het.
4. Kies kleure wat by jou velkleur pas
Net soos die vorm van jou gesig help bepaal watter rame die beste lyk, so ook jou velkleur. Velkleur gee die toon aan vir hoëmode-rame. Kies ’n skakering wat jou warm of koel veltoon komplementeer.
Warm velkleur kies:
- Kameel
- Kakie
- Goud
- Koper
- Perske
- Oranje
- Koraal
- Afwit
- Brandweerwarooi
- Warmblou
Koel velkleure kies:
- Swart
- Silwer
- Roosbruin
- Blougrys
- Pruim
- Pienk
- Jade
- Blou
5. Voel-goedgemoed!
Brille is deesdae meer as net ’n mediese bykomstigheid, dit is ’n manier om jou styl uit te beeld. ’n Nuwe bril kan jou hele voorkoms verander en jou gemakliker laat voel.
Justine se brilkies-wenke
Justine beskryf haarself as ’n regte molletjie wat al vanaf 13-jarige ouderdom bril dra. Sy is bysiende en kom uit ’n gesin van brildraers. Hier is haar wenke vir Suzanne en ander eerstekeer brildraers
- Maak seker jou vals wimpers is nie te lank nie, anders druk dit dalk teen jou brilglase.
- Hou jou bril elke dag op dieselfde plek. Dis veral belangrik as jy kontaklense dra en ‘blind’ is daarsonder en dan moet begin bril soek.
- Maak seker dat as jy jou kop vorentoe gooi,j ou bril.lekker stewig sit. Enige oogkundige sal die skroefies vir jou kan stewiger vasdraai.