Slaapopleiding, ja of nee? Voordat jy besluit, lees eers ons onderhoud met Ierland se eie “Mary Poppins”, Kelly Geoghegan. Kelly spesialiseer as ’n slaapkonsultant en bied slaaproetine oplossings vir babas en kleuters. Kelly deel meer met ons oor sekere wanopvattings oor slaapopleiding plus ’n paar praktiese wenke wat dalk ’n positiewe impak op jou nagrus mag hê. Saamgestel deur Justine Kroes
18/04/2025
Elke kind, en elke gesin is so uniek en anders, daar is bloot eenvoudig nie ’n “een-grootte-pas-almal” oplossing wanneer jy ’n baba wil laat slaap nie.
Kelly Geoghegan
Slaapopleiding is nie …
“Mense dink ek maak ’n deur toe en laat ’n baba huil, dit is glad nie wat ek doen nie – waarop ons fokus is om ’n sterk liggaamsklok te vestig. Ek is fisies self in mense se huise saans met slaaptye en oor naweke om te help om roetines te vestig en my ervaring eerstehands te deel”.
“Slaapopleiding is uit en uit gebaseer op jou liggaamsklok. En waneer kinders huil, is mamma en pappa in en uit die kamer om seker te maak die kind weet die ouers is daar – my doel is wel om seker maak dat ons nie eers hiermee hoef te sukkel nie”. Kelly

“Ongelukkig is daar baie aanlyn slaapkonsultante wat dalk nie dieselfde insette bied nie en mense het moontlik al negatiewe ervarings hiermee gehad,” verduidelik Kelly.
Kelly het as ’n au pair eerstehands geleer hoe belangrik ’n gevestigde roetine vir babas en kleuters se slaappatrone is. Kelly het al die wêreld vol gereis met bekendes, sportsterre en daarby ook koninklikes om na kinders om te sien en seker te maak hulle bly by hul roetine.
“G’n boek het my geleer hoe om ’n baba van Londentyd na Australiëtyd te neem nie, maar om die kind se liggaamsklok en roetine te respekteer, het dit die oorgangsproses elke slag vereenvoudig”
Kelly Geoghegan
6 Wenke vir jou baba en kleuter se beste nagrus
1. Roetine is uiters belangrik
Ek het so baie ouers wat na my toe kom wat alreeds desperaat is vir hulp (en slaap), my doel is om ouers te help voordat hulle daardie punt bereik. Hier is waar roetine belangrik is;
’n Roetine waar etes en slaaptye elke dag dieselfde lyk, help om ’n sterk liggaamsklok in jou kleinding te vestig, nie net help dit die ouers nie, maar dit help ook die kleuterskool of oppasser waar almal saam volgens ’n roetine kan werk.
Kelly vertel “Ek het met Novak Djokovic en sy gesin as kraamverpleegster gewerk vir hul tweede kind en ons het van land na land gereis, maar die baba en die 2 en ’n half jarige boetie het saans op hule gewone tye gaan slaap, maak nie saak waar ons was nie, omdat ons dieselfde roetine gevolg het”.
Roetine help veral in daardie oomblikke wanneer jy nie weet wat anders om te doen nie.
2. Slaapgebare/slaapleidrade (sleep cues)
Sleep cues is ’n uiterste belangrike stap in die roetine, hierdie aksies stuur seine na jou kind se brein om hom/haar gereed te kry vir slaaptyd. “Jy kan nie net die een oomblik jou kind voor hul boks speelgoed wegruk en dan die volgende oomblik verwag hulle moet slaap nie”.
Probeer vir eers net ’n mini roetine, verduidelik Kelly, begin met badtyd, lees dan ’n boekie en doen dit elke aand voor slaaptyd. Kelly sê hierdie slaapleidrade en “mini-routine” help nie net jou kind om makliker te gaan slaap nie, dit help ook wanneer jy met vakansie is of as kinders by Ouma en Oupa kuier.

Gebruik badtyd as ’n slaapleidraad en gebruik produkte wat gevoel- en geurleidrade stuur, of gebruik ’n balsem of olie om jou baba of kleuter te masseer na badtyd. Hierdie is ook spesiale een-tot-een tyd met baba en ouers.
Kelley vertel “Ek glo aan die gebruik van organiese en natuurlike produkte en kan die Mustela reeks ten volle aanbeveel. Ek het jare gelede in Monaco die reeks gebruik toe ek by ’n hoëprofiel familie gewerk het. Ek beveel dit van toe af aan. Ek hou natuurlik van die feit dat die reeks organies en natuurlik is en ek het deur al die jare nog nooit ’n kind van Mustela af geskuif nie, dit werk vir elke veltipe.”
3. Pasop vir slaapmiddels
“Ek waarsku my kliënte; onthou sleeping-aids/ slaapmiddels soos die gebruik van fopspene, nagbottels en white noise wat help om jou kinders aan die slaap te kry, het hul ook nodig om aan die slaap te bly – so wees versigtig wat jy hier kies.”
Tydens ’n ontwikkelingssprong (developmental leap) word die brein afhanklik van hierdie sleep aids om jou aan die slaap te kry en te hou. As daar van die begin af geen slaapmiddel was nie, leer jou brein om self af te skakel en aan die slaap te bly
“White noise is nog ’n slaapmiddel wat baie hier gebruik word, sê Kelly, en dit is iets wat ek kliënte aanraai om nie te gebruik nie, jou kind het nodig om gewoond te raak aan hul omgewing, hetsy dit nou die luidkeelse hadeda voëls is wat raas of ’n besige pad buite hul kamervenster, hulle breine en liggame sal gewoond raak aan hierdie klanke”. Kelly vertel white noise is ’n sleep aid, nie ’n sleep cue nie. ’n Sleep cue sê vir ons liggame wanneer dit slaaptyd is en ’n sleep aid hou ons aan die slaap. Dit is ook nie ‘’n natuurlike manier vir ons om te slaap nie” verduidelik Kelly.
My assistent het onlangs besprekings oopgemaak vir ’n werkswinkel in New York, in tien minute was daar 704 applikante – as white noise werklik gewerk het, sou ons beslis nie hierdie hoeveelheid besprekings gehad het nie!
4. Wanneer om met slaapopleiding te begin?
Kelly sê “Slaapopleiding word beskryf as die proses om vir ’n baba te leer om te gaan slaap sonder allerhande slaapmiddels. In ’n ideale wêreld hoort slaapopleiding nie nodig te wees nie. Ons werk sagkens na ’n roetine toe vanaf so vroeg as ses weke” vertel Kelly. “Nie een van die babas wat ek van geboorte af in ’n roetine in gehelp het, het ooit slaapopleiding nodig gehad nie. Omdat hulle al van vroeg af gaan slaap het sonder enige slaapmiddels.”

Dit is nooit te laat vir slaapopleiding nie
Kelly vertel dit is nooit te laat om in te gryp en te help met slaapopleiding en die vorming van ’n gevestigde slaaproetine nie; “ek is tans besig om ’n sesjarige in Dubai te help wat nog nooit goed geslaap het nie en nou reusesukses behaal”.
5. Gedeelde kamers; hier’s hoe
Hoe gemaak met kinders, of babas en kleuters wat ’n kamer moet deel? Kelly se raad;
“Moet nooit ’n swak slaper by ’n sterk slaper in die kamer sit nie, want dit is nie regverdig teenoor die sterker (goeie) slaper nie. Wanneer die jongste kind rondom 8 of 9 maande oud is, sal dit ’n goeie tyd wees om te begin kamer deel, jy weet teen die tyd al hoe die jonger een tande sny en daar is saans nie so baie onderbrekings met voedings nie, so die ander kind se slaap word nie so gereeld gesteur nie.”
“Doen vir beide kinders ’n soortgelyke slaaptydroetine en dit sal die proses ook makliker maak” verduidelik Kelly.
6. Moet nie vergelyk nie
Kelly sê “Moet nooit jou kind se slaappatroon met ’n ander s’n vergelyk nie, elke situasie, kind en ouer, is uniek en jy gaan net jouself onnodig opgewerk kry. Partykeer is daar net een of twee aanpassings wat gemaak moet word sodat jou kind (en jy) ‘n beter nagrus sal ervaar.”

“Ek het byvoorbeeld in Johannesburg ’n werkswinkel aangebied en ’n Ma gehad wat nooit vantevore van ’n “dream feed” gehoor het nie, (om die baba te voed terwyl hy/sy slaap), sy het huistoe gegaan, dit probeer en daardie aand nog meer slaap gekry as wat sy die afgelope 4 maande gehad het.
Dit is nie altyd nodig vir ’n massiewe opskud en verandering nie – klein veranderings en aanpassings kan ’n reuse impak hê.”
Meer oor Kelly:

Kelly Geoghegan van Sleepy Stars Ireland is ’n gekwalifiseerde kraamverpleegster, noodmediese tegnikus, noodhulp-instrukteur en kinderbeskermingsbeampte. Kelly is ’n lid van beide die International Association of Child Sleep Consultants asook die Association of Professional Sleep Consultants. Hierby hou Kelly ook ’n Diploma in kindergesondheid en -voeding.
Kontak vir Kelly en haar span hier.
