Al ooit gewonder of jou bedkassie die regte hoogte teenoor jou bed is, of gewonder of albei jou bedkassies identies moet wees? Ons ook! Ons het dit goed gedink om vir kenners by Form Interior Decor & Design raad en wenke te vra oor hoe om die regte bedkassie uit te kies. Hier is al jou bedkassie vrae beantwoord, plus 12 van die mooiste bedkassies wat ons NOU wil koop! Deur Justine Kroes
17/02/2023
Wat is die standaardgrootte van ’n bedkassie?
Erica Schalkwyk, stigter en kreatiewe bestuurder van Form Interior Décor & Design verduidelik “Die standaard hoogte van ’n bedkassie is gewoonlik 600 tot 900mm in lengte, 420 tot 460mm diep en 500 tot 560mm hoog”.
Wanneer jy op soek is na ’n bedkassie, hou eerste die lengte van die bedkassie in gedagte – pas dit goed by die grootte van die kamer en die grootte van die bed? Raak dit weg (te klein) of is dit oorheersend (dalk te groot of bonkig).

Moet jou bedkassie hoёr of laer wees in vergelyking met die bedhoogte?
Erica sê “Dit is altyd eerder beter as jou bedkassie laer is as hoër. Dit maak dit makliker om te strek en iets op te tel of neer te sit sonder om teen die kant van die bedkassie te stamp. Ek dink ook ’n laer bedkassie lyk sjiek en trendy”.

Wat is die ideale bedkassie hoogte vir verskillende bed groottes?
“Ek sou nie fokus op die bedgrootte nie maar eerder kyk na die bedkassie in vergelyking tot die kopstuk (headboard) van die bed asook die grootte van die kamer. Die bedkassiegroottes voorheen genoem sal goed pas by al die verskillende bedgroottes” verduidelik Erica.

As daar moontlik ’n lang of hoër kopstuk is bly ’n laer bedkassie steeds beter – hoewel kies dalk ’n langer/wyer een (so 900mm in wydte) wat die spasie sal vul en visuele gewig sal dra.
Is daar ’n reёl dat albei bedkassies identies moet wees?
Nee, geensins, gladnie. Die reёl is eerder op balans, skaal en die regte proporsies in die spasie. Byvoorbeeld as jy ’n hoër en smaller bedkassie aan die een kant het kies dan ’n laer en wyer bedkassie vir die ander kant.

Lampe maak ook hier ’n verskil. Die hoër bedkassie kan ’n hoër bedlampie he terwyl die laer, wyer bedkassie dalk ‘n lig het wat uit die dak hang byvoorbeeld. Die doel is om die spasie te vul aan albei kante van die bed, ongeag of die bedkassies identies is.

Skuif en rangskik ook items op jou bedkassie rond om balans te skep as dit as die bedkassies se visuele gewig ongelyk voorkom.
Erica Schalkwyk Form Interior Design & Décor

Wat is belangrik om in gedagte te hou wanneer jy ’n bedkassie kies?
’n Bedkassie is ongelukkig ’n duur meubelstuk in vergelyking met ander meubelstukke in jou huis, sien dit dan as ’n belegging of ’n erfstuk wat vir jare lank nog sal hou.
Dit is baie belangrik dat jy die kwaliteit in ag neem veral die kwaliteit van skarniere op deurtjies en laaie – niks sal jou meer frustreer as om te sukkel met ’n deurtjie of laai warmee jy elke liewe dag moet stoei om oop of toe te kry nie. Dit is ’n item wat jy daagliks gaan gebruik, neem dit in ag.
Watter bedkassiestyle is tans op jou radar?
’n Bedkassie is ’n wonderlike manier om tekstuur en patrone in ’n slaapkamer in te bring. Ek hou veral van “slatted” houtbedkassies of bedkassies met patrone wat bydra tot die karakter en diepte van ’n kamer saam met ander natuurlike teksture soos byvoorbeeld by jou bedlinne.

12 Bedkassies op ons wenslysie:
Vir enige dekor of ontwerp navrae besoek gerus forminterior.co.za vir meer informasie.