Argitekte deel die 6 grootste aanbou foute

Beplan jy om binnekort aan te bou? Ons het vir die argitekspan by Kraft Architects gevra om die grootste aanbou foute te deel wat hul mense gereeld sien maak. Lees hier om seker te maak dat jy nie in dieselfde strik trap nie – vermy hierdie 6 grootste aanbou foute. Deur Justine Kroes

1. Jy is nie bewus van die kostes nie

Wees bewus van kostes. Bou is duur. Wees seker hoeveel jy eintlik kan doen met jou begroting en hoe selfs die kleinste verandering dit vinnig kan opstoot.

Kraft Architects |M I L K & H O N E Y • Waterkloof, Pretoria|

Daar is baie elemente om aan te dink as dit by enige bouprojek kom, baie van hulle is nie op die oog af sigbaar nie en is dus maklik om te mis. Daarom is die volgende punt baie belangrik:

2. Jy maak nie gebruik van professionele dienste nie

Maak seker jy kry altyd ’n professionele persoon om te adviseer. Dit lyk dalk maklik om ’n eenvoudige verandering te doen of ’n muur uit te breek maar daar is baie komponente in ’n gebou wat ’n mens nie altyd kan sien nie. Hierdie kan moontlik ’n groot impak hê op struktuur, elektrisiteit, gasaanlegte, ventilasie, plafonkonneksies, om maar ’n paar te noem.

Sonder professionele insig kan jy ook foute maak rondom eiendomsregte, hoe die bouwerk die estetika kan beïnvloed, en op die ou einde hoe dit die eiendom se waarde kan beïnvloed.

Kraft Architects

Al hierdie komponente werk soos ’n legkaart saam en die een professionele diens neem die ander se werk in ag – maak seker jy gebruik werklik professionele, goedgekeurde dienste.

Kraft Architects | H O U S E 154 • Sable Hills, Pretoria|

3. Jy het nie ’n meesterplan in plek nie

Vir enige aanbouwerk benodig jy ’n meesterplan, ’n groter prentjie. Moet nie die fout maak en net stuk vir stuk aanbou nie, hier is waar die grootste probleme altyd opduik – en hierdie probleme sal altyd volg. Werk duidelik na ’n groot prentjie toe. Met ’n meesterplan in plek is dit ook makliker om die projek in fases op te deel en te bou soos geld beskikbaar raak. Beplan een keer, “those who fail to plan, plan to fail”!

Skets
Ontwerp
Uitvoer

4. Goedkoop koop is duurkoop

Gee waarde aan goeie ontwerp. Kom ons sê iemand laai al jou boumateriaal op jou sypaadjie af vir X bedrag. ’n Onkundige ontwerper sal die waarde van daardie fisiese materiaal kan laat daal, maar ’n goeie argitek en ontwerper sal die waarde van daardie selfde materiaal kan verdriedubbel. Kies jou argitek en ontwerpspan versigtig.

Kraft Architects |M I L K & H O N E Y • Waterkloof, Pretoria|

5. Jy maak nie ander leefplanne vir sloopwerk nie

Indien dit in jou aanboubeplanning is om af te breek en enige sloopwerk (demolition) te doen, maak seker jy bly nie in die huis gedurende die tydperk van hierdie konstruksie nie. Dit is baie indringend en die proses is nooit vinnig verby nie. Die stof (o die stof!) en waar dit kan opeindig verbaas die meeste mense.

Kraft Architects |H O U S E 251 • Rest Country Estate|

6. Daar word geen planne ingedien by die munisipaliteit nie

Dit gaan heel moontlik nodig wees om planne in te dien by die munisipaliteit vir jou aanbouwerk of die opknap van jou spasie. Hierdie goedgekeurde planne is nie net belangrik vir jou regterlike verpligting of huis versekering nie maar sal ook nodig wees die dag waneer jy jou eiendom verkoop. Die meeste banke vereis dat opgedateerde en goedgekeurde bouplanne voorsien word voordat hulle ‘n lening sal toestaan.

Kraft Architects |H O U S E Bouwer • Waterfall Estate|

Kraft Architects

Kraft Architects, gestig deur Charles Pittaway en Ruhan Dreyer is ’n vars, ontwerp gefokusde firma wat streef na uitnemende ontwerp, pasgemaak vir jou persoonlike behoeftes. Die firma spesialiseer in residensiële, kommersiële en industriële geboue. Psst die dinamiese duo het die luukse Sonop en Omaanda vakansie-oorde in Namibië ontwerp (waar Angelina Jolie graag vakansiehou!) – loer hier!

Volg Kraft Architects op Instagram en Facebook vir aanbou inspirasie.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Piekniekpartytjie vir Paasfees
error: Content is protected !!