Andriette de la Harpe
Andriette de la Harpe

Bakterapie; Andriette de la Harpe deel hoekom bak so terapeuties is

Die meeste van ons het deur ’n inperkingbakfase gegaan, maar bakterapie het Andriette de
la Harpe gehelp om haar werksverlies te verwerk en tot die stigting van haar bakkery,
Mondvol, gelei. Die inspirererende, kreatiewe bakster vertel hoe haar inperkingsbaba’, veel
meer as net ’n nuwe passie en werk is. Deur Suzanne Kotzé

28/10/2022

Meer oor Andriette de la Harpe en die begin van Mondvol

Foto: Gently Wild Photography

Andriette de la Harpe het in die begin van 2021 een van vele geword wat haar werk verloor
het. “Ek het gebroke en verlore gevoel, om my werk waarvoor ek baie lief was, te verloor.
Sonder my werk het dit vir my gevoel of ek ’n tipe identiteitiskrisis beleef. Ek het begin bak
by die huis, sonder veel kennis en opleiding. Na vele floppe en laat aande, het ek die moed
bymekaargeskraap en my koeke begin verkoop; uit desperasie vir geld en dalk ’n tikkie
malligheid ook.”

Nou bring bak nie net vreuge aan Andriette nie (jy sien haar dikwels dansend en laggend bak
op sosiale media), maar sy probeer ook met haar unieke koeke vreugde aan haar kliënte
bring. “Ek glo elke mens het ’n tikkie vreugde in hul daaglikse roetine nodig.”

Vir my is Mondvol meer as net ’n bakkery, maar ’n herinnering dat ons sterker is as wat ons dink, brawer is, as wat ons glo en dat ons sterk genoeg is om ’n sukses te maak, maak niesaak wat die lewe vir ons gooi nie. Jy is sterk genoeg om op te staan en op jou eie suksesvol te wees.”

As gedrewe en passievolle sakevrou (en naaswenner van Masterchef 4!) is Andriette ’n
sprekende voorbeeld hiervan.

Bakterapie; vier maniere hoe bak terapeuties is vir Andriette

1. Bak bring vreugde

Min mense het al ’n koek ontvang en nie vreugde ervaar nie. Om vreugde te bring vir ander is my leuse in die lewe en ’n pragkoek is ’n tasbare manier om dit reg te kry!

2. Dit is kalmerend.

Behalwe as dit flop! Maar floppe gebeur net as jy haastig is. Op ’n manier help die stadige bakproses jou om stadiger te beweeg. In vandag se gejaag is stadig beweeg ’n voorreg.

3. Dis kreatief!

Ek glo vas kreatiwiteit is die skepping se geskenk aan ons om nie mal te raak nie. Almal, ALMAL, is kreatief. As jy ander probeer namaak kan jy nie jou ware outentieke self uitdruk nie. Vir my is bak ’n geleentheid vir jou om jou ware self te ontdek. Ek glo diep dat daar ’n balans is wat herstel wanneer jy die ware jy kan voel, wees en uitdruk.

4. Om iets van niks af te skep is in sigself so bevredigend!

Jy het dit gemaak! En dan is dit nog lekker ook. Die bederf vir al jou sintuie stel endorfiene
vry, en alhoewel oefening dieselfde doen, het jy hier ’n sny koek vir al jou harde werk 😉

Die bakster se nuwe ‘broodjie’ in die oond

Andriette verwag in Januarie ’n babadogterjie en is nou eers lus vir soetgoed en bak! “Al my
soettande het teruggekom met my swangerskap. Dit beteken natuurlik enige koekkrummels
beland direk in my mond. Op die oomblik is my gunsteling enigiets grondboontjiebotter! Ek
kan nie genoeg kry nie. Ek het nou eendag van een punt van die inkopiesentrum tot die
volgende gestap op soek na ’n peanutbutter milkshake.

Grondboontjiebotterkoek

The cravings are REAL! Hierdie is my gunstelingkoek op die oomblik.

BENODIGHEDE
1 koppie water
1/2 koppie botter
3/4 koppie grondbootjiebotter
2 koppies meel
2 koppies suiker
1 teelepel koeksoda
1/2 teelepel sout
1/2 koppie melk
2 eiers
1 teelepel vanielje

METODE

  1. Smelt water, botter en grondbootjiebotter saam.
  2. Meng meel, suiker, koeksoda en sout saam.
  3. Voeg melk, eiers en vanielje by droë bestandele.
  4. Meng die watermengel by.
  5. Gooi in koekpanne en bak vir 40 minute teen 180 grade.

VERSIERSUIKER

1 koppie botter
1 koppie grondbootjiebotter (of meer)
2 koppies versiersuiker
1 teelepel sout

Besoek gerus mondvol.co vir meer inligting oor bestellings.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
6 redes waarom jy dadelik moet ophou met bedwerk
error: Content is protected !!