Badkamer-trends en inspirasie

Hier is die mooiste badkamer-trends en inspirasie. Of jy nou beplan om jou badkamer oor te doen, en of julle beplan om te bou of as jy sommer net wil droom. Inligting verskaf deur Veld Architects, saambestel deur Suzanne Kotzé.

Die span van Veld Architects in Johannesburg deel hierdie inligting en en foto’s met Stylvol.

Badkamer-trends

1. Oop, ruim storte

Oop en ruim storte is ’n groot trend deesdae, veral dubbelstorte.

Die tipe teëls maak ’n groot impak met die vorm en kleur van die stortkop en kraan. Daar is baie mooi vorms en teksture van kleiner teëls wat ’n mens kan gebruik om ’n fokuspunt te vorm in ’n badkamer. 

2. Tuis-sauna

Sauna’s is ook in aanvraag deesdae met die gesondheidsvoordele wat dit inhou met die “hot-cold therapy”.

Die effek van badkamers neig al meer na die moderne spa-gevoel toe soos meer mense gesondheidsbewus geraak het en meer tyd tuis deur gebring het tydens Covid-19. 

3. Losstaande baddens met simplistiese, organiese lyne.

Ons hou van losstaande baddens, die effek is net baie meer luuks. Die vorms van baddens het ook al verander na meer simplistiese en organiese lyne.

Ons dink dat daar altyd ’n vraag na die klassieke en simplistiese vorms sal wees alhoewel daar ’n invloed van “trends” sal wees. 

4. Kuns in jou badkamer

Nog ’n trend is om kuns en tekstiele in te bring vir visuele aantrekkingspunte in ’n badkamer.

5. Houtkassies

Houtkassies bly altyd ’n goeie keuse omdat dit ’n natuurlike materiaal is en daarom tydloos is. Die handvatsels en grootte van die kassies maak ’n groot impak met hoe dit saam met die res van ‘n badkamer lees. Wasbakke is deesdae ook ontwerp as deel van die blad wat dit baie meer minimalisties en skoon laat lees.

Ons het saam met Wolkberg Casting Studios gewerk aan ’n ontwerp vir ’n onlangse badkamer. Donker staalrame met pre-cast wasbakke bo-op is ook baie in aanvraag. 

6. Swart krane

Swart krane begin die meerderheid word en vervang ’n groot deel van chroom krane in badkamers.

Brons is ook ’n goeie opsie ,maar die ander materiale in jou badakmer moet in ag geneem word, anders kan dit goedkoop lyk. “Minder is altyd meer” in hierdie opsig. Krane kan ook ontwerp word om visuele elemente in ’n badkamer te wees.

7. Monokromatiese kleure met ’n spatsel kleur

Wat betref badkamerkleure werk monokromatiese kleure met ’n spatsel kleur goed.

Hierdie kleur kan in die teëls of ”feature” ligte in die badkamer voorkom.

Ons het onlangs ’n ligte chartreuse kleur gebruik in teëls vir ’n stort, dit was ontwerp saam met Wolkberg Casting Studios. 


By Veld is dit vir ons belangrik om tydloos te ontwerp en plaaslik te ondersteun. Hiermee bedoel ons handgemaakde items soos die teëls, houtkassies en handdoekrelings.

’n Badkamer is die toonbeeld van jou persoonlike spasie en daarom is dit is vir ons belangrik om altyd te kyk na hoe al die lyne, komposies, teksture en kleure saam werk in geheel, eerder as om te fokus op een item of gedeelte. Daar moet altyd ’n balans wees in enige ontwerp.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Kerstafel
Kerstafel-inspirasie
error: Content is protected !!