Spieëls op ons wenslysie

In die dekorwêreld is ’n spieël daardie een ontwerpstuk wat die krag het om ’n spasie te verander – ’n spieël kan jou spasie groter en meer lewendig laat voel. Op soek na ’n spieël vir jou spasie? Hier is 17 van die mooiste spieëls op ons dekor-wenslysie. Plus 5 handige spieël-kies wenke om te oorweeg voordat jy op ’n spieël vir jou spasie besluit. Deur Justine Kroes

8/11/2024

5 Spieël-kies wenke:

1. Spieëlgrootte?

Sal natuurlik afhang van jou spasie – hou die volgende in gedagte: ’n enkele klein spieël sal uit plek en verlore lyk teen ’n reuse muur – gaan liewer groter as te klein.

Kies ’n oorgroot spieël vir ’n klein spasie. ’n Groter spieël in ’n klein spasie sal baie lig refklekteer wat die spasie groter laat voel.

Art Of Curation Emily Steel Floor Mirror (R13500)

Indien jy jou spieël bokant ’n tafel wil plaas, maak seker die spieël is nie groter as die tafel onderaan nie. Byvoorbeeld, as jou ingangsportaal tafel 6 voet (1,89 m) wyd is, maak seker jou spieël wat bo dit hang is nie wyer as 4 voet (1,21 m) nie. Dit skep ‘n gevoel van balans en simmetrie. Hou hierdie tipes proporsies in gedagte wanneer jy jou spieël hang.

Elevenpast Odessa Aluminium Mirror Gold Small (R1 999)

2. Kies ’n spieël en raamstyl wat jou spasie sal komplementeer

Jou spieël hoort by die res van jou spasie te pas en jou spasie te komplementeer. Vir ’n moderne spasie, kies ’n raamlose spieël of een met ’n dun swart metaalraam.

Elevenpast Aura Small Mirror Black (R2 899)

Vir ’n kleurvolle en energieke vertrek, kies ’n prettige spieëlstyl, ’n kleurvolle raam met kurwes, byvoorbeeld.

Leroy Merlin Full Length Standing Mirror with Boucle Fabrics (R1 975)

’n Hout spieëlraam werk byvoorbeeld weer in ’n plaashuis dekorstyl, en ’n ligte minimalistiese houtraam weer by ’n Skandinawiese dekorstyl.

Elevenpast Randy Round Wooden Mirror Oak (R3699)

3. Hang jou spieël op die regte plek

Probeer om jou spieël op so ’n manier te hang sodat dit natuurlike lig reflekteer – byvoorbeeld as jou spieël ’n buite-area of venster kan reflekteer sal dit die heel meeste lig skep. Indien dit nie kan nie, probeer om dit so na as moontlik aan ’n venster te hang.

Coal Interiors Wavy Full Length Mirror (R6 900)

Indien dit moeilik is om jou spieël naby natuurlike lig te hang, is ’n spieël wat ‘n LED ligraam of ligte aan die agterkant het, ’n goeie opsie – veral  byvoorbeeld in ’n donker badkamer. 

4. Die vorm van jou spieël het ’n impak

’n Groot langwerpige spieël kan jou spasie groter laat voel, so kan ’n spieël met kurwes of ’n ronde spieël die gevoel van ‘n hoekige spasie versag. Die teenoorgestelde is ook waar, die gebruik van ‘n spieël met sterk lyne kan struktuur bied vir ‘n spasie met baie kurwes.

‘n Vertikale spieël kan gebruik word om hoogte te skep in ’n spasie en trek jou oë opwaarts. Om jou spieël horisontaal te hang, het weer die krag om ’n spasie wyer te laat vertoon.

Deesdae is spieëls met kurwes, of druppelvormige spieëls, baie gewilde keuses en kan ’n tikkie interessantheid in jou spasie skep.

Sixth Floor Organic Full Length Mirror (R3 999 Superbalist)
Elevenpast IRA Tear Drop Mirror (R3 099)

5. Hou die spieël se hoogte in gedagte

‘n Goeie reël om te volg, is om die bopunt van die spieël effens hoër as die langste persoon in die huis se oogoppervlak te hang. Die onderste gedeelte van die spieël behoort steeds vir korter individue te werk.

Spieëls op ons wenslysie

Art of Curation Soho Oak Mirror (R8 700)
Haus by Hertex Molveno Mirror in Matte Black (R7 500)
Art of Curation Pond Mirror (from R1 700)
Daily Itai Mirror (R3 799)
Daily Munesu Mirror (R950)
Weylandts Cog Round Mirror Teak (R5 995)
Sixth Floor Curvy Mirror Walnut Brown (R4 499 Superbalist)
Vamp Furniture Mirror Wavy (R3 300)
Art of Curation Cobble Mirror (from R1 700)

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
georganiseerde tuiskantoor
’n Georganiseerde tuiskantoor vir georganiseerde denke
error: Content is protected !!