Alles wat jy wil weet oor gesigwas

Hier is alles wat jy wil weet oor gesigwas; van gesigwasfoute tot verskillende soorte gesigwas. Deur Suzanne Kotzé

Bygewerk 30/10/2025

Gesigwasfoute

Wees versigtig vir ’n gesigwasmiddel wat te hard is vir jou vel

Dr. Suretha sê: “Soveel keer sê my pasiënte my gesigroom is nie bevogtigend genoeg nie, maar dan is dit eintlik hul wasmiddel wat te hard is. Dit bevat dalk te veel van ’n sekere bestanddeel soos glikolsuur. 

Gebruik die regte gesigwas vir jou vel-tipe

“Dit is baie belangrik om die regte gesigwasmiddel vir jou veltipe te gebruik. As jy byboorbeeld ekseem het, moenie ’n gesigwasmiddel wat vir aknee bedoel is, gebruik nie. Mense met ekseem moet verkieslik ’n wasmiddel gebruik wat geen SLS (sodium laurel sulphate) bevat nie. Die teenoorgesteld is ook waar; as jy aknee het moenie ’n reinger gebruik wat sagkens skoonmaak en vir ekseem of sensitiewe velle bedoel is nie. Ek sien dit baie keer met kinders wat met aknee begin sukkel. Iemand met aknee moet ’n wasmiddel wat vir aknee bedoel is, gebruik,” sê dr. Suretha. 

Hoe en wanneer moet jy jou gesig was?

Soggens en saans voor jy gaan slaap. 

Soggens

Sommige mense maak die fout om te dink dat hulle gesig skoon is in die oggend wanneer hulle wakker word. Terwyl jy slaap, slaap jou vel nie. Die selle in die boonste lagie van jou vel (die epidermis) is aktief en vervaardig nuwe selle en raak van ou, dooi selle ontslae. Ons is ook, selfs in ons slaapkamers, aan vrye radikale en stof in die lug blootgestel. Deur jou gesig in die oggend te was, verwyder jy die stof, vrye radikale en dooie velselle.

As jy die vorige aand room aangesmeer het wat vitamiene A bevat, is dit ook veral belangrik om dit te verwyder voordat jy aan die son blootgestel word. 

Saans

Dubbelreiniging word vir saans aanbeveel, veral as jy grimering dra deur die dag. Gebruik eers grimeerverwyderaar of ’n olie-gebaseerde reiniger om grimering te verwyder en daarna ’n reiniger met ’n waterbasis. Ons hou ook daarvan om miselwater te gebruik om grimering te verwyder. 

Dit is veral goed om jou vel tydens ’n bad of stort te was aangesien die stoom ook jou porieë laat oopgaan wat help dat die vuiligheid beter uitkom. 

Moenie jou gesig met ’n handdoek afvee nie, druk dit eerder liggies droog. 

Hoe kies jy ’n gesigwas/reiniger?

Dit hang van persoonlike voorkeur af. Sommge mense verkies die gevoel van water op hulle gesigste om ‘skoon’ te voel en verkies afwas jel-of skuimreinigers, terwyl ander afvee-room, olie- of miselwater-reinigers verkies. Een is nie beter as die ander nie, kies die een wat gaan help dat jy jou gesigwas.

Skuim-en jelreinigers

Skuim en jelreinigers het gewoonlike daardie skuimende gevoel wat ons met skoonvoel assosieer. Sommige van hierdie tipe reinigers kan jou vel meer droog laat voel. Maak seker jou reiniger bevat geen seep nie. As jy ’n sensitiewe vel of ekseem het, kies ook eerder ’n formule wat nie SLS bevat nie. 

NUXE Very Rose Light Cleaning Foam (R395, Orleans Cosmetics)
NUXE Reve de miel Ultra-rich Cleansing Gel (R495, Orleans Cosmetics))
Diego Dalla Palma CELL-DETOXIUM Cleansing Mousse 150ml (R685)

Oliereiniger

Oliereinigers is veral goed om grimering te verwyder en as ’n eerste stap as jy dubbelreiniging doen. Die olie los die olie in grimering en vuiligheid op jou vel op en verwyder dit. Maak net seker jy was dit goed af voordat jy bevogtiger aansmeer. Jy kry afwas en afvee oliereinigers. 

Sothys Organics Cleansing Oil
Sothys Organics Cleansing Oil (R745, Orleans Cosmetics)
NUXE Bio Organic Botanical Cleansing Oil
NUXE Bio Organic Botanical Cleansing Oil (R675, Orleans Cosmetics)

Reinigingsbalsem

Hierdie tipe reinigers is dikwels meer solied of olie-gebaseerd. Dit is wonderlik vir die winter of vir wanneer jou vel droog voel. Dit is voel sensueel om te gebruik. Die balsem verander in ’n melkerige formule sodra dit met water in aanraking kom. Sommiges kan jy net met ’n lappie afvee. 

Gatineau Age Benefit Melting Cleansing Elixir
Gatineau Age Benefit Melting Cleansing Elixir (R895, Woolworths)
Cell-Detoxium Make-up Cleansing Butter 125ml, (R685. Orleans Cosmetics) Hierdie is beslis ‘n nuwe gunsteling. Die tekstuur is ongelooflik.

Miselwater (Micellar water)

Hierdie ‘water’ bevat mikroskopies klein oliemolekules wat aan vuiligheid en grimering vasklou. Jy gebruik dit saam met watte en vee jou gesig af totdat die watte skoon bly. Ons gebruik dit ook saam met wasbare lappies (wat meer omgewingsvriendelik is). Dit versteur nie jou vel se sperfunksie of suurmantel nie en is veral gewild onder dié met sensitiewe velle. 

Roomreinigers

Hierdie tipe reinigers is goed vir droë of sensitiewe velle wat nie geneig is om puisies te kry nie. Dit word net afgevee met watte of ’n lappie. 


Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
vakansie vel
7 redes waarom jou vel gedehidreerd is na jou somervakansie
error: Content is protected !!