veaudry
veaudry

Alles-in-een krultang

Het jy ook al gewonder wat die regte krultang vir jou spesifieke haarstyl, lengte en tekstuur is? Ons het onlangs die Veaudry myCurl ontdek en gedink hierdie slim alles-in-een krultang moet ons eenvoudig met julle deel. Deur Justine Kroes

13/10/2021

So werk die Veaudry alles-in-een krultang

Met Veaudry se slim, innoverende, uitruilbare stelsel (Veaudry interchangeable system) koop jy ’n basis vir jou krultang apart (Veaudry myCurl Interchangeable Base R1 255). Die beginpunt om jou unieke krul- voorkeur te bou.

Afhangende van persoonlike voorkeur vir die tipe krul, lengte en tekstuur van jou hare kan jy hierdie “attachments” vir jou krultang se basis, kies uit die volgende:

Veaudry myCurl Interchangeable Base (R1 255) gebruik die kode STYLVOL10 vir 10% afslag op jou kopie

Veaudry myCurl Interchangeable Base (R1 255) gebruik die kode STYLVOL10 vir 10% afslag op jou kopie

Hierdie sal jou eerste stap tot jou Veaudry versamleing wees.

Veaudry myCurl interchangeable Wand Duo (R1255)

Hierdie duo sluit twee krul “wands” in (1 x19-25mm en 1 x 25 – 38 mm). Elk laat jou toe om sagte golwende krulle van verskillende groottes te skep. Justine verkies die wand duo vir haar langer hare en gebruik die dunner stafie vir stywer krulle wat heeldag lank hou en die groter stafie vir sagte, losser krulle.

As ek ’n lui haardag het, maar wil lyk asof ek ’n bietjie moeite gedoen het, maak ek eenvoudig my hare in ’n hoë poniestert vas. Dan krul ek blitsvinning die poniestert met my Veaudry Wand. My poniestert lyk voller en sommer effens glansryk, so asof ek baie moeite gedoen het met my haarvoorkoms.

Justine

Veaudry myCurl interchangeable Clamp Duo (R1255)

Veaudry myCurl interchangeable Clamp Duo (R1255) gebruik die kode STYLVOL10 vir 10% afslag op jou kopie

Met hierdie krultangapparaat kan jou hare om die krultang vou en vasknyp met die “clamp” gedeelte.

Suzanne verkies hierdie stel omdat die “clamp” haar korter lengte hare in plek kan hou terwyl die krultang die hare krul.

Veaudry myCurl interchangeable Triple Barrel (R936)

Veaudry myCurl interchangeable Triple Barrel (R936) gebruik die kode STYLVOL10 vir 10% afslag op jou kopie

Hierdie gee die effek van daardie perfekte “beach waves” binne minute – veral ’n goeie krultangopsie vir iemand wat dalk nie gemaklik voel om hul hare self te krul nie, knyp eenvoudig jou hare vir ’n paar sekondes in hierdie krultang vas. Geskik vir die met mid tot langer lengte hare.  

Hoekom ons van die Veaudry myCurl alles-in-een krultang hou:

Onthou gebruik die kode STYLVOL10 vir 10% afslag op jou kopie
  1. Jy kan die hitte op jou basisapparaat verstel afhangend van jou haartekstuur, 130° tot 210° Celsius.
  2. Die slim krultang skakel na ’n uur sonder gebruik af (perfek vir die van ons wat halfpad op pad werk toe wonder of ons die krultang afgeskakel het!).
  3. ’n Ekstra lang koord, nogal 3 meter, ideaal vir wanneer die spieël net-net te ver van die kragprop af is.
  4. Die koord is ’n slim 360 grade draaikoord om te sorg dat jy nie jouself vasknoop terwyl jy jou hare krul nie.
  5. Die basis kom met sy eie hitteweerstandige handskoen sodat jy nie jou vingerpunte brand met enige een van die krultange wat jy gebruik nie.

Hou krulle hou!

Nog ’n moet-probeer produk by jou Veaudry stileerder is hierdie Hot MUK 6 in 1 Working Spray (R455 beskikbaar op everythinghair.co.za).

Hot MUK 6 in 1 Working Spray (R455 beskikbaar op everythinghair.co.za) gebruik die kode STYLVOL10 vir 10% afslag op jou kopie

Hierdie handige sproei werk as ’n termiese sproei wat jou hare teen hitte beskerm, ’n haarsproei wat ook volume en tekstuur gee. Plus dit is ’n werkende sproei wat jou hare teen humiditeit in die lug beskerm. Dit verseker dat jou hare nie sommer platval nie. Glo ons, jou krulle en golwende lokke gaan dankbaar wees oor hierdie alles-in-een-sproei.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Plaaslike winterkopies
Plaaslike winter-modekopies
error: Content is protected !!