Ilse-Lee van Niekerk
Ilse-Lee van Niekerk

Aktrise Ilse-Lee van Niekerk se kreatiewe uitlaatkleppe

Met ’n kreatiewe familie (van koor-dirigent oupa tot ’n konsertpianis ouma en boeties wat drom en klavier speel) is dit geen wonder dat Troukoors aktrise Ilse-Lee van Niekerk kreatiewe uitlaatkleppe gebruik om haarself geanker te hou nie. Van sing en dans tot selfs brei. Deur Suzanne Kotzé

06/05/2022

Ilse-Lee van Niekerk se kreatiewe uitlaatkleppe

Musiek

“Ons huis was nogal musikaal omdat my ma grootgeword het in ‘n besondere musikale huis,” vertel Ilse. Ilse se oupa John Pauw (haar ma se pa) was vir jare die dirigent van die Durban mannekoor. “My ouma Leonie Pauw (ma se ma) was weer ’n konsertpianis en aktrise. My middelbroer, Lood, speel die tromme sowel as uitstekend klavier (en bietjie cello). Alwee my broers (Lood en John) het deelgeneem aan Sêr op Stellenbosch. Ek het bietjie klavier gespeel het en ek sing graag. Ek het in ’n stadium ukulele probeer speel omdat ek makliker musiek wou maak en myself begelei – en die kitaar het vir my te moeilik gelyk! Maar ek sou nou nie sê ek is besonders begaafd met die ukulele nie,” vertel sy laggend.

Sang

Ilse-Lee sing graag en hou elke nou en ’n sangaand/konsert vir liefdadigheid. “Ek het juis vroeër in April een gedoen.

Ek kry iemand om my op die klavier te begelei en dan sing ek ’n paar liedjies en dra ’n monoloog of twee voor. Niks vreeslik kompleks nie, dis net veronderstel om ’n lekker aand te wees.”

Ilse vertel dat sy dit vreeslik geniet. “Daar’s ’n absolute magic wat gebeur as mense iets regkry met ’n liedjie. As ek kan ‘connect’ met die musiek, en as die gehoor dan ook daarmee ‘connect’… ag, dit voel of mens vlieg. Dis heerlik! Maar dit is vir my so met enige tipe optrede waar als net saamwerk. Dis die ongelooflike ding van optree/die verhoog. En musiekmaak saam met ander mense of voor ’n gehoor is net nog ’n ekstra vlak. Ek was ook deel van die Stellenbosch Universiteitskoor (o.l.v Andre van der Merwe) en dit was ook absoluut heerlik!

Dans (en oefening)

“Ek sou nou nie sê ek is ’n goeie danser nie, maar ek geniet dit!” As kind het Ilse baie ballet gedoen en terwyl Ilse haar Meestersgraad in toneel voltooi het in Engeland het sy ballet en ‘tap’ klasse geneem. “Ek geniet die “full-body” ervaring van dans – dis jou hele lyf wat deelneem, jy tree op én daar is musiek. Dit is beslis ’n lekker tipe oefening, want ’n mens raak verlore in die musiek en die “moves” en dan vergeet jy dat jy oefen.

Endorfiene na enige oefening is natuurlik wonderlik in terme van geestesgesondheidsvoordele!

Ek dans nie op die oomblik nie, ek probeer nou draf en wil baie graag meer begin boks. Boks is, snaaks genoeg, vir my baie soos dans. Daar’s ook “moves” en dit voel ook bietjie soos ontsnapping met die musiek waarop ’n mens so rondspring. 

Brei

Ilse se ouma (haar pa se ma), Babs van Niekerk, het haar leer brei -en help haar nou nog as sy iets nuuts wil probeer. “Ek brei nie so gereeld nie, maar ek brei gewoonlik as ek op stel is of verveeld is in die winter.

Brei is vir my ’n heerlike ontsnapping en baie terapeuties. Mens se gedagtes kan heerlik dwaal, want dit dwing mens om “stil” te raak sonder om doodstil te sit.

Ilse se ouma Babs het haar leer brei.
Ilse met ‘n serp wat sy self gebrei het.

Ilse geniet dit om op stel te brei tussen tonele wanneer akteurs dikwels moet wag en stilbly. “Ek hou nie daarvan om tussen tonele op my foon te wees nie (dit breek my fokus baie) en ek voel ek kan nie genoeg konsentreer op ’n boek nie, want my aandag is nog half betrokke met wat op stel aangaan. So, met die brei kan ek genoeg afskakel tussen in, maar steeds gefokus bly. 

Op stel gedurende die verfilming van Troukoors 2 was die laaste keer wat ek gebrei het. Maar die winter is om die draai, so ek sal seker weer met iets moet begin!

Ilse-lee van Niekerk as Jessica in Troukoors 2

As Jessica in Troukoors seisoen 2.

Net haar troubeplanner karakter, Jessica, beskryf Ilse-Lee haarself ook as ’n borrelende mens. “Ek het egter nie soveel energie soos Jessica nie, en is ook nie so goed georganiseerd nie. Ek sal beslis nie ’n troubeplanner kan wees nie.”

Troukoors volg drie beste vriendinne: bruilofbeplanner Jessica (Ilse-Lee van Niekerk); haar suster Luca (Blyde Smit), ‘n sagteware-ontwikkelaar; en haar beste vriendin Abi (Bianca Flanders), ‘n professionele bakker.

Saam met Luca, Jessica en die stoute Abi gaan ons lekker ‘kuier’ met Troukoors Seisoen 2. Die reeks kry dit reg om jou te laat voel of jy deel is van die driemanskap.

Ons het behoorlik seisoen 1 ge‘binge’ en ’n paar laataande lê beslis voor met Seisoen 2 wat nou beskikbaar is op Showmax! As jy nog nie seisoen 1 gekyk het nie, begin dadelik. op Seisoen 1 op Showmax: Kliek hier om te kyk.  

Troukoors is lig, vars, modern en ’n tikkie stout hier en daar. Ons kan nie wag om Seisoen 2 te begin kyk nie! Dit is maklik om te sien hoekom dit een van die mees gekykde Afrikaanse reekse op Showmax is.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Essensiële olies vir beter slaap
Kan essensiële olies help vir angstigheid en slaaploosheid?
error: Content is protected !!