9 Somernaeltrends

Ons het ondersoek ingestel na naels van modeloopplanke tot internasionale nailluencers en dit het ons gevind: Bêre gerus daardie donker en aardse winter naelskakerings. Ons deel 9 somernaeltrends met jou, van poeierige pastelle en 70’s se gekurfde-lyne tot helder skakerings en ou gunstelinge wat in die kollig bly. Of jy nou tuis self jou naels verf of salon toe gaan, hier is ’n paar idees vir jou volgende stel. Deur Justine Kroes

30/09/2022

1. Franse manikuur met verskil

@emenstudio_
@emenstudio_

Die tradisionele Franse manikuur sal nooit werklik uit die mode gaan nie. Vir die somer is die fokus wel op ’n Franse manikuur met ’n verskil. Dink aan iets anders, helder skakerings op die punte, lyntjies wat dalk dunner of dikker is, of selfs grafiese dubbellyne of dalk lyntjies wat langer aan die kante van jou naels af beweeg.

@heluviee
@betina_goldstein

As jy nie self (soos ons) baie netjies kan verf met al die bewe nie, probeer die oulike  Franse manikuur-plakkers van Essence French Manicure Stencils 01 Walk The Line (R37,95)

Essence French Manicure Stencils 01 Walk The Line (R37,95)

2. 70’s swirls

Hierdie “psychedelic” patroon is eie aan die 70’s mode era. Laat hierdie patroon vir jou werk met helder kleure, pastelskakerings of selfs swart en wit.

@betina_goldstein
@nails.bab

Vir naels in ’n japtrap tuis, probeer dalk hierdie aanplaknaels:

Cotton On Rubi Press On Nails (R149)
Avoa Nail Wrap Make me Sway (R240)
Cotton On Rubi Press On Nails (R149)

3. Nude naels

Nog ’n staatmaker wat altyd bobaas bly. Ja dit is dalk ’n veilige opsie maar dit bly daarby ’n sjiek, afgeronde stylvolle naelkleur wat boonop by als pas.

@heluviee
@emenstudio_

Ligter, effense deursigtige pienk nudes lyk na die nude nael van die oomblik.

Bio Sculpture Gemini Naellak in Nudes. R110 elk – kliek hier vir 10% afslag

4. Naels met ‘bling’

Jy mag dalk net dadelik sê nee dankie, maar daar is stylvolle maniere om die trend aan te pak. Jy kan of maksimalisties wees en die bling behoorlik aanpak.

@emenstudio_

Of as te veel blink nie vir jou is nie, is die minimalistiese opsie dalk meer jy. ’n Effense lyntjie teenaan jou naelbed of ’n fyn blink Franse manikuur. Minder is soms meer.

@betina_goldstein
@betina_goldstein

Jy kan ook aanplak stene en plakkers gebruik of gebruik net skitterende naellak.

Essence Bling Nail Stickers (R38,95)
Mr Price Scarlett Hill Nail Art Kit (R79,99)

5. Helder naels

Hieroor is ons dankbaar – ’n somer sonder helder naelskakerings sal net eenvoudig nie dieselfde wees nie. Nes die Dopamine Dressing modetendens waar jy klere aantrek wat jou laat goed voel, geld dieselfde vir hierdie helder naeltendens ook.

@betina_goldstein
@betina_goldstein
@emenstudio_

Kies ’n skelhelder skakering wat jou dag in en dag uit goed en vrolik sal laat voel.

Hier is ’n paar van die skakerings wat ons graag wil probeer, blou, pienk, oranje.

Bio Sculpture Gemini Naellak R110 elk – Klik hier vir 10% afslag

6. Blomme bo!

@heluviee

Fyn blommetjies en daarby 60’s kleurvolle blomme is volop. As jy self tuis jou naels doen is ’n blommetjie plakker dalk makliker: hier is ’n paar oulikes:

Typo Nail Sticker Pack (R69)
Cotton On Rubi Nail Stickers (R89)

7. Groen naels bly groot

@emenstudio_

’n Naeltrend wat nog nie verby is nie – die liefde vir groen onder nael foendi’s het oorgespoel van seisoen na seisoen. Hier is die skakerings: enigiets van pastel en smaraggroen tot appel en lemmetjiegroen, en partykeer sommer die verskillende skakerings so saam.

Bio Sculpture Gemini Naellak in “greens”. R110 elk – Klik hier vir aflsag

Ons is dankbaar die tendens is nie op sy einde nie – daar is nog ’n lysie groen skakerings wat ons graag wil toets en probeer.

8. Pragtige pastelle

@betina_goldstein
@betina_goldstein

Poeierige pastelle is in – pastelle bly altyd ’n gunsteling omdat die sagte skakerings byna by almal pas. Kies vanjaar sagte geel, blou, pers, pienk of groen.

@emenstudio_

Probeer ’n interessante grafiese ontwerp daarby of selfs net as ’n Franse manikuur vir ’n moderne mani om jou vingerpunte te vlei.

Bio Sculpture Gemini Naellak (R110 elk) – Klik hier vir 10% afslag

9. Dierepatrone

@betina_goldstein
@betina_goldstein

Van sebrastrepe, tot luiperdmotief en selfs die koeipatroon is dierepatrone nog ’n gunsteling vir die somer/lente 2022 seisoen. Hier sal ons beslis by ’n kundige naeltegnikus moet gaan aanklop of naelplakkers gebruik.

Avoa Nail Wrap Well Spotted (R210)
Avoa Nail Wrap Cat Calling (R240 Takealot)
Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
gesigwas
Alles wat jy wil weet oor gesigwas
error: Content is protected !!