’n Rok op ’n snikhete somersdag bly nou maar eenmaal ’n redder. Hierdie rokstyle is nou in, en ook koel genoeg vir die warm weer. Deur Suzanne Kotzé
1. Blomme; van drieminsioneel tot minimalisties


Blomme wat hierdie jaar in is:
3 Dimensionele blomme
Blompatrone is nie net gedruk nie, maar drie-dimensioneel. Van appliekwerk, tot blomblare wat laag op laag vasgewerk word.
Groot blomme
Groter blompatrone wat ’n stelling maak is nou in.
1950’s tipe ‘vintage’ blomme
Dink aan 1950’s-geïnspireerde blomme, waterverf-effekte en romantiese, nostalgiese patrone op vloeiende midi-rokke en ander style.
Sagte, dromerige ontwerpe
Romantiese blompatrone op sagte sjiffon wat ’n dromerige gevoel skep.
Minimalistiese blomme
’n Skoner ontwerp met ’n paar blomme eerder as blomme oraloor.





2. Gehekelde rokke
Gehekelde rokke bo-oor swemdrag was die afgelope Desembervakansie op al wat ’n strand was te sien. Die rokke bly groot nuus (jy kan natuurlik ’n styfpassend onderrok/slooprokkie dra hieronder). Sommige ontwerpers se rokke laat ons selfs ’n bietjie aan ouma se doilies dink. Ons bly lief vir die neutrale skakerings in die styl, maar gekleurde weergawes is besig om al hoe meer gewild te word.




3. Blou
Van ’n koue, ysblou tot die sogenaamde capri-blou en kobalt-blou; blou is nou.




4. Slooprokke

Van die 90’s styl slooprokkies, tot slooprokke met kant by, wat amper meer soos onderklere/nagklere lyk as rokke.
Wenk: As dit te veel lyf wys vir jou, kan jy altyd ’n baadjie bo-oor dra, of ’n styfpassende T-hemp daaronder. Die korter styl rokkies met kant word selfs bo-oor broeke ook gedra.




5. Hemprokke
Hemprokke lyk altyd elegant en klassiek. Kies gerus een wat effens meer lospassend sit, en waarvan jy die moue ook kan oprol. Natuurlike materiaal soos katoen en linne bly natuurlike goeie opsies vir somer.





6. Strepe

As dit by strepe kom, is dit hoe groter (en skuinser) hoe beter. Kyk gerus vir strepe wat in verskillende rigtings gaan, of wat ’n Riviera tipe gevoel het.



7. Polkakolle

Van groot tot klein, en in verskillende kleure. Polkakolle was laasjaar groot nuus, en bly gewild hierdie jaar ook.




8. Vroulike valle

Van valle op die bolyf, middel en skouers, tot by die bene. Onthou valle sit volume by en is ’n goeie manier om jou proporsies te balanseer. ’n Peervormige lyf sal byvoorbeeld goed werk met valle op die skouers, terwyl ’n driehoek of appel weer goed kan werk met valle by die bene.






9. Lemmetjie groen

Verkies jy helder kleure, sal jy bly wees om te weet dat Chartreuse en lemmetjie groen weer mode is. Wonder jy watter kleure jou bykomstighede moet wees? Neutraal, bruin of swart werk goed hierby.



Lees ook:







