Dit is sosiale swart rok seisoen, maar met slim stileerwenke kan jy jou staatmaker rok vir veel meer as ’n aand uit dra. Van serpe om jou middel tot kraaghemde bo-oor. Probeer gerus hierdie planne, vir (nog) meer ‘cost per wear’. PLUS mooi swart rokke nou in die winkels. Deur Suzanne Kotzé
Slim stileerplanne met jou staatmaker swart rok
1. Bind ’n serp om jou middel

Hierdie is ’n reuse trend en ’n maklike manier om jou swart rok voorkoms in ’n japtrap te verander. Bind gerus die serp om die kleinste deel van jou middel om dit te beklemtoon, of om jou heupe as jou rok se lyn hier val.
2. Met ’n onderbaadjie bo-oor

Dra gerus ’n onderbaadjie bo-oor jou swart rok. Jy kan dit oop of toe dra.
3. Met ’n kraaghemp onderaan

Hierdie werk veral goed met dun bandjie slooprokke.
4. Met ’n kraaghemp bo-oor

Dra jou hemp asof dit ’n baadjie is. Dit werk goed saam met meer noupassende slooprokke.
5. Met ’n T-hemp onder

As jy die dun bandjie rokke so kyk en dink ‘ek kan nie sonder ’n bra nie’ of ‘ek wil nie my arms wys nie,’ is hierdie ’n goeie manier om steeds die dun bandjie rokke met selfvertroue te kan dra.
7. Met ’n blazer bo-oor

Rol gerus jou moue effens op. Die voorkoms kan ewe goed saam met tekkies as bonkige skoene of hakke werk.
8. Swart rok met ’n mandjie-styl sak en sandale

’n Lekker manier om jou swart rok meer informeel te laat lyk, en die mandjie sakke is natuurlik nou hoogmode.
9. Met ‘loafers’ en sokkies

Gee jou swart rok ’n moderne hupstoot deur sokkies en ‘loafer’ skoene hierby te dra. As die wit sokkies vir jou te veel is, oorweeg gerus mooi deursigtige sykous tipe sokkies wat tot net bo jou enkels kom.
10. Saam met ’n leerbaadjie

Leer saam met swart laat dit dadelik meer ‘edgy’ lyk. Hetsy jy jou leerbaadjie saam met keps en ‘sneakers’ wil dra, of hakke en kant.
11. Met ’n gordel om jou middel

Gordels om jou middel is baie vleiend vir vroue met ’n uurglasfiguur en is ook ’n goeie manier om ’n lospassende rok meer vleiend te laat lyk.
12, Saam met ’n bonkige halssnoer

’n Bonkige halssnoer trek aandag en lyk elegant, maar tog ook anders.
Swart rok koopwenke
Dit is die soek werd
Soek todat jy díe swart rok kry wat jou op al die regte plekke vlei en waarin jy gemaklik en mooi voel. Dan sal jy jou rok oor en oor dra, en anders stileer.
‘Cost per wear’
Hou in ag hoeveel keer jy jou swart rok gaan dra, as jy na die prys kyk. Dit is die moeite werd om effens meer te spandeer as die rok se materiaal duursaam is en lank sal hou. Kies gerus ook ’n klassieke styl wat nie sommer uit die mode sal gaan nie.
Die lengte is belangrik
Veral met midi rokke (waar hy jou kuit vang kan bepaal of dit vleiend of nie vir jou is nie). Laat maak gerus jou rok korter as jy kort is.
Staatmaker swart rokke nou in die winkels




















