8 wenke om ’n meer georganiseerde familie te wees díe jaar

’n Nuwe jaar is die ideale tyd om gesinsroetines te skep wat hopelik kan help met minder chaos en meer kalmte. (Iets waarna ons beslis streef in 2026!) Om georganiseerd te wees gaan nie oor rigiede skedules of perfeksie nie, maar oor die skep van stelsels wat almal ondersteun en spanning verminder. Hier is ’n paar praktiese, gesinsvriendelike wenke om jou te help om die hele jaar lank georganiseerd te bly. Deur Suzanne Kotzé

1. ’n Gesinskalender

Of dit nou ’n muurkalender in die kombuis is of ’n digitale een waartoe almal toegang het, ‘n gedeelde kalender hou afsprake, skoolgeleenthede, sportoefeninge en sosiale planne sigbaar. Hou weekliks ’n vinnige beplanningsessie oor wat gebeur en wie waar moet wees. Sondae is gewoonlik ’n goeie tyd hiervoor.

Acrylic Monthly & Weekly Planner – Protea (R1 066, Ma Petite)
Household A3 Magnetic Planner (R149, Typo)
A1 2026 Hanging Calendar (R249,99, Typo)
Kikki and Franki Large Wall Planner and Organiser (R1 800, kikkinandfranki.co.za)

2. Vereenvoudig roetines

Oggend- en aandroetines werk die beste wanneer dit voorspelbaar is. Kry skooltasse, kosblikke en uniforms/uitrustings (ook vir jouself) die vorige aand reg. Skep eenvoudige om-te-doen-lysies vir jonger kinders sodat niks in die haas vergeet word nie.

3. Ruim gereeld rommel op

’n Georganiseerde huis begin met minder goed. Sit een keer per seisoen tyd opsy om klere, speelgoed en papiere wat jy nie meer nodig het nie, op te ruim. Betrek die hele gesin sodat almal verantwoordelikheid neem vir hul eie ruimtes en goed.

4. Gee alles ’n huis

Wanneer items ’n duidelike plek het om te bly, word opruim vinniger en makliker. Gebruik gemerkte mandjies of laaie vir skoene, huiswerk, sporttoerusting en laaiers. Maak bêre deel van die daaglikse gewoonte.

Cable Tidy Box, Cable Management Box, Cables Organised Box| Electrical Cables for Hiding Messy Cables Wire Management for Office Home Storage (R349, Amazon)
Plastic Cord Organizer with Lid Large Desktop Cable Box for Home Office (R189, Takealot)
Sport Heavy Duty Three Tier Basketball Storage Rack With Wheels – 81cm (R820, Takealot)

5. Beplan maaltye vooruit

’n Weeklikse maaltydplan bespaar tyd, geld en laaste-minuut stres. Hou dit buigsaam, herhaal gesinsgunstelinge en betrek kinders by die keuse van maaltye of help met voorbereiding.  Oorweeg gerus ’n aand van die week waar verskillende gesinslede (veral as jy tieners in die huis het) verantwoordelik is vir kosmaak (en sit dit so op julle beplanning ook).

(Wenk: ’n maklike resepteboek soos Jamie’s 10 Minute Meals werk lekker hiervoor.)

Meal Planner (R390-R550, kikkiandfranki.co.za)
Ons het hierdie beplanner vir ons intekenare gestuur, stuur gerus vir ons ‘n epos na info@stylvol.co.za as jy ook een wil hê. En onthou om in te teken op ons weeklikse nuusbrief.

6. Hou kort gesinsvergaderings

’n 10-minuut gesinsvergadering een keer per week kan ’n groot verskil maak. Praat oor die week wat voorlê, wat gewerk het, wat nie, en waar hulp nodig is. Dit bou spanwerk en hou almal in lyn. (Dit kan deel van julle weeklikse beplanningsgesprek wees.)

7. Neergooiplek

Julle kom by die huis en skoolsakke en werkgoed word net neergegooi of op die eetkamer-tafel neergeplak. Skep ’n spasie vir elkeen se sak en goeters naby jou voordeur of motorhuis.

8. Wees realisties en buigsaam

Die lewe raak besig en planne verander. Organisasie moet jou gesin ondersteun, nie druk plaas nie. Kies stelsels wat vir jou huishouding werk en pas aan soos nodig. En besef jy kan die beste beplanning doen, maar die lewe is nie altyd voorspelbaar nie, en sommige weke of dae gaan waarskynlik chaoties wees.

Met ’n paar eenvoudige gewoontes en gedeelde verantwoordelikhede kan ’n georganiseerde gesinslewe meer doenbaar word en ’n tikkie meer kalmte bring.

Lees ook:

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Piekniekpartytjie vir Paasfees
error: Content is protected !!