Wie sou kon raai dat daar so ’n groot verskeidenheid boekrakke beskikbaar is. Ek het onlangs in ’n poging om my my huis te organiseer, begin soek na boekrakke (vir ekstra pakplek natuurlik), en was so beïndruk met die opsies dat ek dit graag julle wou deel. Loer hier na 19 verskillende boekrakke op ons kooplysie, van boekrakke wat ’n stelling maak tot boekrakke vir klein spasies en selfs boekrakke vir kinderkamers, met ‘n klompie inspirasie fotos daarby. Deur Justine Kroes
19/04/2024
Boekrakke wat ’n stelling maak
As jy dalk op soek is na ’n enig in in sy soort boekrak wat ’n fokuspunt in jou spasie behoort te wees, loer gerus na hierdie mooi ontwerpe:
Boekrakke vir klein spasies
Daar is nie altyd spasie vir reuse boekrakke nie, veral in kleiner tuiskantore. Loer hier na ’n paar boekrak-opsies vir jou klein spasie:
Boekrakke vir kinderkamers
Vir die kleinspan is dit belangrik dat hulle self hulle boeke gemaklik kan bykom. Indien hulle nie self kan bykom nie, gaan hulle nie op hul eie geneig wees om boekies uit te kies en te soek nie.
Maak dit so maklik en toeganklik as moontlik om die leesgogga by klein kinders aan te moedig! Dit is natuurlik ook belangrik dat hulle leer om mooi na boeke om te sien en op hul plek te bêre – wat ’n maklike taak is – mits hulle die boekrak ordentlik kan bykom.
Kyk net hoe mooi is hierdie boekrakke vir kinderkamers, van boekrakke wat draai tot huisie boekrakke, beslis iets vir elkeen.
Boekrak inpirasie fotos:
Hier is ‘n paar idees, ons hoop hierdie fotos inspireer jou om jou boekrak te verf, jou boeke volgens die reenboog metode uit te stal maar belangriskte – om jou boekrak te geniet!
Fotos: Pinterest
Uitstalwenke
Hier is 7 maklike uitstal- en boekrakwenke om in gedagte te hou vir wanneer jy jou boekrak versier; ’n kenner gee raad.