Ons het onlangs die Laifen Swift haardroër begin gebruik, en dit lyk nie net mooi (hallo minimalistiese sjiek) nie, maar maak ook jou hare vinnig droog sonder dat dit oormatige hitte gebruik. Dit beteken gesonder, blinker hare met minder wegvlieghaartjies. Deur Suzanne Kotzé. Foto’s Tegan Smith
promosie
1. Die Laifen Swift spaar tyd
Danksy Laifen Swift se revolusionêre hoëspoed borsellose motor vloei lug ses keer vinniger as gewone haardoërs. Baie ander tradisionele haardroërs maak staat op oormatige hitte om jou hare droog te maak, wat natuurlik jou hare kan beskadig.
Die verbeterde krag van die Laifen Swift verseker dat jou hare baie vinniger droog word, sonder die hitteskade.
By die bekendstelling van Laifen in Kaapstad het mediapersoonlikheid Bailey Georgiades gedeel hoe vinnig haar hare droog word as sy die Laifen Swift gebruik: “Laifen beweer dat die Swift-haardroër jou hare drie keer vinniger droogmaak, en dit is waar. Ek het baie hare, en dit neem gewoonlik ten minste 45 minute om droog te word, maar met die Laifen Swift het dit net 15 minute geneem.”
Hierdie het ons self ook ondervind; ons altwee se hare word aansienlik vinniger droog met die Laifen Swift.
2. Gebruik lugkrag eerder as hitte om hare droog te maak
Die meeste gewone haardroërs bereik dikwels temperature van meer as 100ºC en dit kan jou hare beskadig. Die maksimum temperatuur wat Laifen Swift kan bereik, is 80ºC. Die hoogstegnologiese haardroër het ook ’n spesiale funksie wat die lugtemperatuur meer as 100 keer per sekonde meet en daarvolgens aanpas. Die haardroër gebruik minder hitte, wat ook jou kopvel en hare help gesond hou.
Ma’s sal bly wees dit beteken minder “eina, eina dis warm,” as jy jou kinders se hare probeer droogblaas.
Imari du Plessis deel: “Hierdie is ’n reuse pluspunt; my kinders is nie bang dat hulle gaan brand as ek hulle hare droogblaas nie.”
Skoonheidsblogger Candice Lee Kannemeyer stem saam: “Ek is mal daaroor dat ek geen hitte op my kopvel voel nie.”
Grimeerkunstenaar Jade Leggat Smith sê: “Ek haat dit gewoonlik om my hare droog te blaas, aangesien dit my so warm laat voel en dit voel of my grimering ook afsmelt van die hitte. Ek kon nie glo hoe koel die Laifen Swift is nie.”
Hierdie is beslis ook ’n goeie keuse vir diegene wat met warm gloede sukkel.
3. Die maklik om te gebruik temperatuurfunksie.
Die meeste mense (ons inkluis!) dink nie twee keer oor die verskillende hittefunksies op jou haardroër nie. En tog het ’n mens vir sekere style (soos natuurlike krulle) nie soveel hitte nodig nie. Juis hierom het Laifen drie verskillende temperatuurfunksies. Elke funksie het ’n verskillende kleur LED ringliggie wat op die agterkant van jou haardroër verskyn. Dit maak dit maklik om te sien op watter temperatuurfunksie jou haardroër is.
Die blou ring dui op koel lug/kamertemperatuur, die oranje ring dui op warm lug/50 ºC en die rooi ring vir warm lug (80 ºC). Hierdie funksie vereenvoudig die droogproses en maak die haardroër gebruikersvriendelik. As jy die knoppie effens langer inhou, verstel dit op ’n outomatiese funksie waar die temperatuur outomatiese aanpas. Jy sal sien dat die ringkleure die heeltyd verander soos die temperatuur verstel.
“Dit is so belangrik om die koue funksie te gebruik nadat jy jou hare drooggeblaas het, want dit seël jou haarvliesies en help om wegvlieghaartjies te voorkom. Laifen se koelfunksie is baie koel en ek is werklik beïndruk hiermee,” sê Imari du Plessis.
Aktrise Carishma Basday deel: “Die koel funksie werk wonderlik om my krulle mooi te vorm en te laat hou.”
4. Blink gesonde hare met minder kroes
Laifen Swift het spesiale ioniese versterkingstegnologie wat help om vog in te seël, kroes minder te maak en jou hare blinker te laat lyk.
Ons hare lyk beslis bonsend en blink nadat ons klaar geblaas het.
Candice-Lee Kannemeyer deel: “Gewoonlik as ek my hare klaar geblaas het, voel my hare droog (ten spyte daarvan dat ek ’n hittebeskermer en olie gebruik). Met die Laifen Swift voel my hare glad nie droog nie.”
5. Dit is so stil
Geraassensitiewe ma’s, ouers van klein kinders of diegene wat besorg is oor hul troeteldiere sal bly wees om te weet dat Laifen haardroër geraas drasties verminder het. Laifen Swift werk teen slegs 59dB, teenoor tradisionele droërs wat teen 80-90 desibels werk.
6. Estetiese, ergonomiese en ligte ontwerp
Die droër lyk vaartbelyn en minimalisties; mooi genoeg om op jou spieëltafel uit te stal en lig genoeg (slegs 407g) om in jou gimsak of tas te gooi.
Imari (en haar gesin) wat baie saam met haar krieketspelerman (Faf du Plessis) reis, sê: “Dit is so lig en kompak; ideaal om saam te neem wanneer ons die wêreld vol reis.”
7. Geskik vir alle haartipes en teksture
Krulle en hare met tekstuur (veral stywe krulle en Afro haartipes) benodig tegnologie wat help om ‘frizz’ te voorkom sonder om volume prys te gee. Laifen Swift gebruik ioniese versterkingstegnologie wat meer as 200 miljoen ione vrystel om statiese hare te voorkom, vog in te seël en hare meer glansend te laat lyk.
Mathahle Stofile van The Matte Project sê: “Om die Laifen Swift op my dogter se hare te gebuik, het soveel tyd gespaar. Die temperatuurbeheer-funksie help ook dat haar delikate kopvel nie brand nie. Hare droogblaas is nou soveel makliker; haar hare word vinniger droog, wat dit makliker maak om haar hare te vleg. ’n Ma se geheime wapen!”
8. Drie magnetiese kopstuk aanhegsels
Geen draai of druk is nodig om hierdie magnetiese kopstukke aan jou haardroër te heg nie. Hou slegs die droër naby en die twee ‘kliek’ aanmekaar.
Koop die Laifen Swift hier
Die Laifen Swift haardroër is beskikbaar in Pearl White, Matte Black en Silver Blue R4 499 by @home and aanlyn Laifentech.co.za. en Bash.com Dit het ’n twee jaar waarborg. Besoek gerus Laifentech.co.za vir meer inligting.
Swart Vrydag aanbieding.
Die Laifen Swift is vir ’n beperkte tydperk beskikbaar teen R4499 by alle @home winkels en ook aanlyn by Bash.com