8 Kreatiewe uitstappie-idees vir vriendinne

Hoe klink ’n kreatiewe oggend saam met vriendinne om te ontspan en uit jou maag te skaterlag? Ons kan nie aan iets beters dink nie! Hier is 8 kreatiewe dekor uitstappie-idees om saam met jou vriendinne te geniet. Stuur vir hulle hierdie artikel en bespreek sommer dadelik julle volgende uitstappie! Deur Justine Kroes

08/02/2024

Uitstappie-idees vir Kaapstad vriendinne

1. Tuft Crowd

“Tufting” is ’n prettige matweeftegniek. Voor jy begin, kies jy jou ontwerp en dit word op jou skoon oppervlak geskets.

Die span maak jou touwys met die “tufting gun” se gebruik wat kleurvolle gare deur jou ontwerp druk. Daar is heeltyd iemand byderhand wat jou help om die tegniek te bemeester.

Jy en jou vriendinne kan saam ’n tydgleuf kies om jul eie unieke matjies te skep in hierdie inspirerende en kleurvolle omgewing.

Prys: Klein matjie 50x 50 cm R960/raam. Standaardgrootte 70 x 70 cm R1 400/ raam.

Klik hier om meer te leer en jou eie “tufting” ervaring te bespreek. Adres: 24 Breëstraat Kaapstad

2. Clay Café

Geniet ontbyt of middagete saam met vriendinne terwyl jul elk ’n keramiek-item van jul keuse verf.

Daar is tientalle verskillende keramieke beskikbaar om vanuit te kies – van borde tot bakke en beeldjies.

Wanneer jy klaar geverf is, laat jy jou keramiek kunsstuk agter vir die Clay Café span om afgevuur en geglasuur te word. Clay Café sal aan elke vriendin ’n persoonlike boodskap stuur wanneer jou item reg is om afgehaal te word.

Waar? Daar is Clay Cafés in Houtbaai, Kaapstad (in die stad) asook in die Paarl – klik hier vir meer ingliting of om jou eie Clay Café-uitstappie te bespreek

3. Paint & Pretzels

Ervare kunstenaars wat jou leer om jou eie kunswerk te verf – Paint & Pretzels se “social” werkswinkels is oop vir enige iemand wat graag wil verf of selfs leer verf.

Nooi jou vriendinne en maak ’n uitstappie daarvan, daar is ‘n klompie verskillende werkswinkels beskikbaar (loer hier) elk met ‘n tema van wat geverf gaan word.

Klik hier om te sien waar die volgende verfsessie aangebied word. Pryse wissel vanaf R395 per persoon en sluit al die verf en materiale in.

4. Susie Le Blond Flourish Flower Farm

Ons was gelukkig genoeg om onlangs ’n oggend by Flourish Fower Farm in Constantia saam met talentvolle Susie te geniet. Dit was ’n vreugdevolle ervaring met ’n klomp kreatiewe vroue, ons het geleer hoe om blomme te kies, te pluk en te knip vir ons eie rangskikking. Dot alles terwyl jy ’n asemrowende uitsig van Tafelberg het met eende, katjies en honde wat onder jou voete rondbeweeg.

Susie Le Blond

Daarby het Susie ons ook geleer om ons eie rangskikking en “hand” rangskikking te maak. Ons kon waarlik nie glo hoe baie ons geleer het nie en ons sal nooit weer ’n bossie blomme net in ’n glasvaas kan indruk nie. ’n Lieflike en besonderse kreatiewe oggend saam met vriendinne deurgebring waar ons uit ons maë uit gelag het en so baie geleer het. Klik hier om ons ervaring te sien.

Suzanne, Susie en Justine

Klik hier vir Susie se webstuiste – Volgende werkswinkel Seed to Vase: Growing a Cut Flower Garden (R1500)

Volg vir Susie op Instagram vir tuin, dekor, en selfs diere-inspirasie! Sy deel ook gereeld opkomende werkswinkels hier.

5. Voorstad Studio juweelklas

Kundige juwelier Xtine van Voorstad Studio in Durbanville bied juweelwerkswinkels aan, Xtine leer vir jou en jou vriendinne hoe om ’n juweelstuk van jou keuse te maak met jou eie hande!

Xtine van Voorstad Studio

Kies ’n oorbel-, ring- of halssnoerwerkswinkel, en bespreek vooraf met Xtine. ’n Ideale uitstappie vir ’n klompie vriendinne wat ’n spesiale geleentheid wil vier.

Minimum van 4 en maksimum van 6 persone per werkswinkel (R950 pp) versnaperinge word voorsien. Klik hier om meer uit te vind en jou sessie te bespreek.

Uitstappie-idees vir vriendinne in Gauteng

6. Prison Break Market Lonehill

Johannesburg dames, julle is nie alleen nie, jy kan ook jou eie keramiekkunswerk of bord verf.

Hierdie word aangebied by The Prison Break Market se Create Lonehill. Drankies en ligte versnaperinge word ook aangebied. Bespreking is noodsaaklik vir hierdie gewilde uitstappie. Klik hier om te bespreek.

7. Grey Room

Weef jou eie kuns vir jou mure – kyk net hoe mooi is die ontwerpe van Grey Room.

Kontak vir Jonette Schoeman van Grey Room oor weefwerkswinkels hier. Jy kan ook jou eie “doen-dit-self” bestel en elkeen julle eie “weaving kit” koop. As ‘n groep vriendinne kan julle self ’n bymekaarkoms te reël om te weef (R990 per ‘weaving kit’).

8. The Creatory

Is ’n kreatiewe hub in Johannesburg wat ’n hele klompie kreatiewe werkswinkels aanbied, van ‘toukuns’ tot waterverf en selfs ’n “vision board” klas. Klik hier om al die opkomende werkswinkels te sien en boek solank vooruit jou kreatiewe uitstappie met vriendinne.

Hier is ‘n paar werkswinkels tans beskikbaar:

Pryse vanaf R350 pp en wissel per klas. Aangebied by The Creatory Linden Johannesburg.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Hygge jou winterslaapkamer: 8 wenke vir snoesige ontvlugting
error: Content is protected !!