3 Teëltrends op ons dekor radar

Is jy dalk moeg vir jou vervelige beige teëls? Of beplan jy dalk ’n kombuis- of badkamer-opknapping maar het g’n idee wat die huidige teëlmodes is nie? Binneshuis ontwerp-kenners van The Sourcing Lab het die antwoorde, hier is hul top 3 teëltrends om te oorweeg: Saamgestel deur Justine Kroes

3 Teëltrends

Johanna van der Merwe van The Sourcing Lab in Kaapstad deel met ons:

“Teëlkeuses vir jou spasie gaan oor meer as net die keuse van ’n praktiese oppervlak; jou teëlkeuse het die krag om die die gevoel, atmosfeer en karakter van jou hele spasie daar te stel”. 

Jo van der Merwe, The Sourcing Lab

“Huidige teëltrends gebruik natuurskoon as inspirasie met tasbare elemente, teëls wat interessantheid aan jou spasie bied, modern maar daarby ook prakties.”

1. Handgemaakte teëls

Daar is ’n duidelike toename aan die aanvraag van handgemaakte teëls, hierdie teëlstyl bied ’n dekoratiewe afwerking en vier die unieke vakmanskap en die onperfekte teël.

Foto: @decus_interiors Instagram
Foto: @akashic_tiles Instagram

Die tekstuur van hierdie tipe teël bied karakter aan jou geteëlde spasie, hetsy dit ’n muur, ’n spatskerm (backsplash) of buite-area is. Die natuurlike variasies en verskille in die teëls self skep ’n meer organiese, uitnodigende gevoel tot die spasie.

Foto: @akashic_tiles Instagram
Foto: @akashic_tiles Instagram

Elke handgemaakte teël verskil effens in vorm, glans en tekstuur – hierdie variasies skep ’n oppervlak wat organies, amper lewendig voel, ’n effek wat jy nooit sal kan regkry met massaproduksie teëls nie, verduidelik Jo.

Foto: @akashic_tiles Instagram

Die ongelyke oppervlakke en verskillende skakerings vang sonlig op verskeie maniere deur die loop van die dag wat bydra tot visuele diepte en ’n gevoel van beweging skep – wat veral goed werk in spasies waar dit van naby waardeer kan word, soos kombuismure of byvoorbeeld ’n aksentmuur (feature wall).

Foto: @akashic_tiles Instagram

Terwyl sommige massa-beweging trends vining uit die mode sal gaan, sal handgemaakte teëls ’n tydlose gevoel aan jou spasie gee. Hierdie teëlstyl sal nie vinnig verouder nie en sal relevant bly, selfs al verander ontwerpstyle met elke seisoen.

Foto: @akashic_tiles Instagram
Foto: @kalkiceramics op Instagram

’n Luukse teëlkeuse, wat met noukeurige sorg en ongelooflike vakmanskap aanmekaar gesit word.

Foto: @akashic_tiles Instagram
Foto: @akashic_tiles Instagram

Loer gerus na hierdie vervaardigers vir nog inspirasie en idees:

Akashic Tiles

Kalki Ceramics

Opia Design

2. Groot oppervlakteëls

Jo van The Sourcing Lab verduidelik, “vir vloere is groot oppervlakteëls, selfs reuse blaaie (3200mmx1600mm) tans ’n gewilde keuse. Die groot blaaie skep ’n sjiek, kontemporêre voorkoms.

Afwerkings op die teëls het gewoonlik ’n subtiele beweging,die marmering (veining) in die ontwerp, dink aan travertyn, marmer en klip-oppervlakke, wat vir die vloer amper ’n gevoel van “lewe” gee.

Foto: @ceramicalifestile Instagram

Die truuk hier is om minimale bryvullinglyne (grouting) tussen die groot teëls te gebruik, vir ’n soomlose voorkoms. Dit sal ’n spasie meer oop en daarby groter ook laat voel.

Groot teëls met minder bryvullinglyne (grouting) skep dadelik ’n gladde, deurlopende oppervlak wat moeiteloos vloei. ’n Moderne estetiese gevoel wat jou oë ononderbroke deur die spasie laat beweeg.

Foto: @ceramicalifestile Instagram

Dit groot teëls en die gevoel van beweging danksy die marmering (veining) op die marmer of travertyn skep ’n ultra luukse gevoel wat jy nie maklik met kleiner teëls sal kan naboots nie, vertel Jo.

Foto: @ceramicalifestile Instagram

Dit is ook baie gewild om jou groot-oppervlak teëls op beide jou vloer en mure te gebruik vir ’n soomlose spasie.

Vir nog inspirasie loer gerus na:

Studio Masson

Ceramica

Ceragran

3. Teël “drenching” (Tile Drenching)

Tile drenching is ’n ontwerptrend waar vloere en mure in dieselfde teëls geteël word. Hierdie truuk skep ’n soomlose dekorvoorkoms wat samehangend en moeiteloos luuks lyk en voel.

Foto: Pinterest

“Tile-drenching” is die dekorwêreld se ekwivalent van ’n kop tot tone monokroom modevoorkoms – dit is kragtig, maak ’n indrukwekkende stelling, maar lyk steeds luuks en stylvol.

In plaas daarvan dat jy verskillende teëls op jou vloere en weer ander op jou mure gebruik, gebruik jy een enkele teëlstyl op beide jou vloere en mure.

Foto: Pinterest

Die resultaat is ’n intensionele dekorstelling, wat visueel eenvormig en soomloos lyk, watookal jou teëlkeuse. Kleiner spasies voel groter en meer luuks danksy die oog wat makliker oor die spasie beweeg. Alles vloei inmekaar sonder breuke tussen vloer en muur.

Foto: Pinterest
Foto: Pinterest

Om hierdie teëlvoorkoms te skep is dalk makliker as wat jy dink:

  • Begin op ’n punt: die tipe teël behoort ’n teël te wees wat jy op beide vloere en mure kan gebruik. Byvoorbeeld porselein- of keramiekteëls waarop jy nie maklik sal gly nie is eerste keuse.
  • Bly by ’n enkele kleurkeuse, byvoorbeeld groen of wit, en speel rond met verskillende skakering-variasies in dieselfde kleur indien jy diepte wil skep.
  • Vir die bryvulling: – kies ’n skakering naaste aan jou teëlkeuse met fyn bryvullinglyne vir daardie soomlose effek.
Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
5 Slim stoorplanne vir jou handdoeke plus die mooiste handdoeke op ons radar
error: Content is protected !!