Selfs ons is skuldig daaraan om nie elke dag sonskerm te dra nie; maar danksy Eau Thermale Avène weet ons nou hoeveel skade bloulig aanrig en dat daaglikse bloulig beskerming ’n moet is. Ons het Eau Thermale Avène se nuwe sonskerms getoets. Daar is geswem en gehardloop daarmee, en ook gewoon daagliks gebruik. Deur Suzanne Kotzé
04/02/2022
promosie
Redes waarom ons van Eau Thermale Avène sonskerms hou

1. Dit bied uitstekende beskerming teen blou lig
Vir lank het die sonskerm-industrie op UVA en UVB gefokus, maar nou weet ons ook watter geweldige skade bloulig (wat hoofsaaklik in sonlig voorkom en tot ’n mindere mate in tegnologie-skerms) ook kan aanrig. Bloulig, of meer korrek, hoë energie sigbare bloulig, penetreer ons vel veel dieper (tot by die hipodermis) as UV-strale. 25% van selskade word veroorsaak deur blou lig, en dra daartoe by dat ons vinniger ouer lyk en plooie en merke kry. *
TriAsorBTM™
Die Eau Thermale Avène sonskerms bevat TriAsorBTM ™. Dit is ’n eerste-in-sy-soort organiese filter met die unieke vermoë om die skadelike dele van sonlig (insluitend, UVB, kort en lang UVA en bloulig) te absorbeer en te reflekteer.
Blou lig is beslis die nuwe ‘rooi gevaar’ as dit by sonskade kom.
2. Dit help foto-veroudering voorkom
Danksy die TriAsorBTM ™ bied dit ’n 95% vermindering in selskade wat deur blou lig veroorsaak word en 72% minder pigmentasie deur blou lig veroorsaak.
3. Dit brand nie ons oë nie
Ons altwee sukkel met sonskerm wat ons oë laat traan en branderig voel.
Justine oor ‘kontaklens-oë’ wat nie brand nie
Justine dra kontaklense, en sy sukkel veral hiermee. Sy sê: “Ek draf graag en sukkel alewig met oë wat vreeslik brand as gevolg van sweet vol sonroom wat in my oë inloop. Kombineer dit met kontaklense en my draf eindig met bloedrooi oë (en wange!).
Met die nuwe Eau Thermale Avène Ultra Light Fragrance Free Fluid , is oë wat brand iets van die verlede. Ek het selfs een oggend vir my dogtertjies voor skool aangewend en daar was nie gekla oor oë wat brand soos al die ander dae van die week nie. Soggens wanneer ek nou sonroom aanwend roep ek hul nader (sodat ons almal onthou om sonroom aan te wend) en nou het dit al ’n ritueel geraak!
Suzanne se ervaring
Suzanne swem en bootcamp weer vroegoggende. “Ek weet dit is verkeerd om nie sonskerm aan te smeer voor ek swem of oefen nie, maar omdat ek vroeg-oggende oefen, het ek in die gewoonte verval om nie soggens sonskerm aan te smeer nie. Juis omdat, sodra ek my kop onder die water sit en opkom, sonskerm in my oë inloop, en dan die res van my swem deur brand.
Met bootcamp vind ek ook dat ek op oefen wil fokus, want ek sukkel tans om weer fiks te word. Ek wil nie nog sukkel met sonskerm wat my oë laat brand nie. Gedurende die winter was dit donker, of die son het net begin opkom, nou brand die son egter al vroegoggend, fel en ek het die Eau Thermale Avène Fragrance-free cream for dry sensitive skin begin gebruik. Na twee weke se daaglikse gebuik was daar nog geen oë wat gebrand het nie!
Danksy Eau Thermale Avène se kenner, Dr Daniel Redoules, weet ons ook nou dat daar groot hoeveelhede bloulig in daglig teenwoordig is.
Die bloulig-strale rig veral skade aan op daardie mooi wolklose somersdae, en verander reeds ons velselle binne die eerste uur van blootstelling. Daardom smeer ons sonskerm reeds voor sonblootstelling aan.
4. Dit voel nie taai nie
Daardie taai gevoel van sonskerm, wat voel of dit net bo-op jou vel bly sit is vir niemand lekker nie.
Die Cream 50+ (vir droë tot baie droë velle) wat Suzanne gebruik, voel fluweelagtig en bevogtigend, sonder om taai te voel.
Justine gebruik die Fluid 50+ aangesien sy ’n normale tot kombinasievel het. “Die tekstuur van die sonroom is lieflik lig, vryf heel maklik in en voel nie taai en olierig op my vel nie”. Daar is ook ’n Cleanance 50+ beskikbaar vir olierige velle wat geneig is tot puisies.
5. Dit trek vinnig in
Met vele haastige oggende voel dit of ’n mens nie nog ’n paar sekondes (wat soos minute voel as jy laat is nie) kan wag vir sonskerm om in te trek voor jy grimering aansmeer nie. Ons altwee het egter ondervind dat hierdie sonskerm vinnig genoeg intrek, sodat jy vinnig daarna jou onderlaag kan aanwend.
Psst moenie vergeet om agter jou ore, jou nek, bors en hande ook in te smeer nie!
6. Dit voel soos velsorgprodukte
En geen wonder nie, want hierdie sonskerms is juis geformuleer om soos ware velsorgprodukte te werk en voel. Suzanne se droë vel voel gehidreerd na aanwending, danksy die gliserien en versagtende ryspoeier wat die sonskerm bevat. Justine sukkel nie met ’n blink vel (danksy Tapiocapoeier in die formule) , of verstopping en puisies as gevolg van sonskerm nie.
Die Cleanance sonskerm bevat weer monolaurin wat help om die vel mat te hou deur sebumproduksie te reguleer. Al die sonskerms is fyngeur-vry.
7. Dit respekteer die omgewing

Hierdie is veral vir Suzanne belangrik. “Omdat ek baie lief is vir seeswem, is ek baie bewus van die seelewe en watter skade die mensdom aanrig. Dit is vir my gerustellend om te weet dat die sonskerm wat ek aanwend die bio-diversiteit van die oseaan respekteer. Volgens Eau Thermale Avène het dit geen impak op drie hoofspesies; koraal, phitoplankton en zooplankton nie.
Ons familie-sonskerm

Nadat ons laasjaar fotos vir Eau Thermale Avène Intense Protect 50+ (R360, Dermastore) geneem het, is selfs ons kinders ook nou al aanhangers van Eau Thermale Avène. As hulle sonskerm soek hoor ons: “Mamma, waar is die Avène?”. Met daaglikse buite-speel, waterpolo en bergklim (Suzanne se seuntjies) en twee dogtertjies met ligte velletjie (Justine) is dit ’n daaglikse staatmaker. Dit is geskik vir kinders van so jonk as 6 maande, kinders, swanger vroue en baie ligte velle, beskadigde velle, na tattoeërmerke en selfs deur kankerbehandeling.
Lees meer hier: Familiesonskerm en sonskermwenke vir jou gesin
Ons staatmaker Eau Thermale Avène Thermal Spring Water

’n Goeie truuk wat ons by die kenners van Eau Thermale Avène gekry het is om ons gesigte met die Eau Thermale Thermal Spring Water (R95 vir 50ml, R195 vir 150ml en R260 vir 300ml, Dermastore) te spuit sodra ons klaar geswem het. Dit help om die pH van die vel te herstel na die droë soutwater. Dit is ook handig om in jou oefensak te hou, nie net om jou af te koel gedurende oefening nie, maar ook om jou pH te herstel. Onlangs het ons alwee saam vir ’n PRP-behandeling gegaan en was tamatierooi na die tyd. So ’n rukkie later stuur ons vir mekaar ‘kar-selfies’ van gesigte wat baie minder rooi lyk, danksy die Spring Water wat in ons motors bly. Die sproei gaan oral heen saam, dit is ook handig om sonbrand of selfs insekbyte te kalmeer.
Besoek eau-thermale-avene.co.za vir meer inligting
* Blue light induces oxidative stress in live skin (2017), Alexander M. Wolf et al. * Journal of Investigative Dermatology (2010) 130, 259 – 269; doi: 10.1038/jid.2009.194; published online 13 August 2009). * Differences in visible light-induced pigmentation according to wavelengths: a clinical and histological study in comparison with UV exposure (2014), Luc Duteil et al. |