7 redes waarom legkaartbou so goed is vir ons

Jy assosieer dalk legkaartbou met kindertyd, maar jy sal verbaas wees hoe lekker (en bevredigend!)dit steeds is. En dit is boonop ook goed vir ons. Deur Suzanne Kotzé

Verlede Desember kuier ons by vriende se vakansiehuis en daar is ’n tafel met ’n legkaart waar almal stuk-stuk bou, sommerso in die verbyloop. En eers dink ek, nooit sal ek so saam met almal wil bou nie, want ek wil dit bou en klaar bou (en die laaste stukkie insit!). Groot was my verbasing toe ek agterkom hoe lekker dit eintlik is. Jy leer mense op op ’n ander vlak ken as julle so saam sit en bou.

Redes waarom legkaartbou so goed is vir ons

1. Dit laat jou afskakel

Jy konsentreer so om die regte stukkies te kry en te bou, dat jou brein te besig is om oor allerhande ander dinge te bekommer. Deur net te fokus op wat jy doen, help jou om af te skakel.

2. Familietyd

Dit is ’n goeie geleentheid om meer tyd saam met jou familie te spaneer, hetsy dit saam met kinders of selfs ouma en oupa is. Dit is ook ’n maklike manier om geselsies aan te knoop.

3. Minder skermtyd

Nog net een stukkie! En dan gaan maklik ’n uur verby sonder dat jy op jou foon gekyk het.

4. Dit laat jou goed voel

Navorsing wys dat wanneer jy daardie ‘aha’ oomblikke het, meer endorfiene afgeskei word. En endorfiene is natuurlik bekend as die goedvoelhormoon.

5. Dit verbeter fyn motoriese vaardighede

En nie net van kinders nie. Navorsers het pasiënte wat beroertes gehad het, bestudeer en bevind dat, deur hulle legkaarte te laat bou, hulle fyn motoriese vaardighede en spierkrag in hul vingers verbeter het.

6. Legkaartbou kan goed wees vir jou fisiese gesondheid

Omdat legkaartbou jou kan help ontspan, laat dit ook jou hartspoed en bloeddruk afneem.

7. Dit help met konsentrasie

Om ’n legkaart klaar te bou, moet jy kan konsentreer op die stukke en hoe en waar dit inpas, sodat jy die legkaart kan klaar bou. Hoe meer legkaarte jy bou, hoe makliker word dit om vir langer te kan konsentreer op dit waarmee jy nou besig is. Dit help om jou brein te leer om te fokus op dit waarmee jy nou besig is, en om ander goed wat jou aandag aftrek te ignoreer.

Van ons gunsteling legkaarte op die oomblik

Gustav Klimt Puzzle 500 stukke (R520, Babylonstoren)
A Still Life of Flowers Puzzle (R550, Babylonstoren)
Inside the Chocolate Factory (R350, Exclusive Books)
The World of Frida Kahlo (R355, Exclusive Books)

 

 

 

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
perfeksie
Vyf redes om jou strewe na perfeksie te laat gaan en eerder Wabi-Sabi toe te pas
error: Content is protected !!