Hierdie kom die meeste van ons oor, jy is haastig en probeer dan vinnig grimering aanwend, maar dan maak jy foute en lyk erger met jou grimering aan as daarsonder. Hier is watter foute om te vermy, en wat om eerder te doen. Deur Suzanne Kotzé
Grimeerfoute 1: Jy berei nie jou vel voor nie
Fout: Jy is haastig en smeer jou onderlaag net so aan jou vel, sonder om eers te bevogtig. Ironies genoeg gaan dit nou langer neem om jou onderlaag behoorlik aan te smeer.
Oplossing: Neem die ekstra 30 sekondes en wend eers bevogtiger aan.
Grimeerfout 2: Te veel onderlaag
Fout: Jou tyd is min, en jy wend een dik laag onderlaag aan om alles toe te maak. Maar dan lyk dit onegalig en dik.
Oplossing: Wend eerder BB room aan, of meng ’n bietjie onderlaag met jou vogroom vir ’n ligter, maar meer egalige dekking. Of verdoesel net merkies.
Grimeerfoute 3: Vloeibare oogomlyner
Fout: Jy probeer en is amper klaar getrek en dan is die lyn skeef of jou hand glip. Hierdie is ’n fout wat ons al keer op keer gemaak het. As jy min tyd het, sit neer die vloeibare copolymer!
Oplossing: Gebruik ’n sagte potlood, wat jy sommer kan smeer as jy dalk ’n fout maak.

Grimeerfout 4: Jy vergeet/oordoen jou wenkbroue
Fout: Onversorgde of te ligte wenkbroue kan jou onklaar laat lyk, terwyl oorhaastige te donker wenkbroue weer hard kan lyk.
Oplossing: Gebruik gekleurde wenkboujel of mousse om die haartjies donkerder te laat lyk, sonder dat jy presies wenkbroupoeier of -potlood hoef aan te wend.

Grimeerfout 5: Ingewikkelde ooggrimering
Fout: Jy probeer ’n ooggrimering-voorkoms met ’n klomp verskillende kleure, wat gemeng moet word.
Oplossing: Kies ’n romerige/vloeibare oogskadu wat jy blitsig kan aanwend en meng.

Grimeerfout 6: Klonterige maskara
Fout: Jy wend maskara aan, een laag op die ander, en dan smeer dit of dit lyk klonterig
Oplossing: Vee die borseltjie liggies af en wend eerder net een lagie aan.
Grimeerfout 7: Jy los blosser
Fout: Jy het nie genoeg tyd nie, en los jou blosser en lyk dan bleek. (Blosser kan selfs die kringe onder jou oë laat beter lyk.)
Oplossing: gebruik ’n roomblosser wat jy vinnig kan aantik (en sommer ook aan jou lippe kan aanwend.)






