Badkamers is van nature ’n vogtige spasie en die humiditeit maak dit soms moeilik om jou badkamer vars te hou. Ons is nie almal gaande oor die reuk van toiletsproei nie en was opsoek na wenke vir ’n varser, lekkerruik badkamer. Hier is 6 wenke wat ons sommer dadelik gaan probeer. Deur Justine Kroes
10/03/2025
1. Essensiële olies
Jy het nie noodwendig ’n aromatiese diffuser nodig om ’n lekkerruik spasie met essensiële olies te skep nie.
Vir jou toiletrol

Drup ’n paar druppels essensiële olies aan die binnekant van jou toiletrolletjie, dit laat die geur vry soos die rolletjie gerol en gebruik word.

Vir jou asblik

Drup ’n paar druppels essensiële olies op ’n katoenballetjie en los dit onder in jou badkamer asblikkie. Dit hou die asblik vars en laat ’n lekkerruik geur vry soos die asblik gebruik word.

In die stort
Drup een of twee (minder is meer!) druppels van jou gunsteling essensiële olie geur in die stort voordat jy inklim – die stoom en laat dei geur die hele spasie vol lekker ruik sommer heeldag lank.
2. Hang bloekomblare in jou stort

Deur bloekomblare onderstebo aan jou stortkop te hang laat nie net aromaterpie geure vry nie maar het ook ’n kalmerende en strelende effek op jou liggaam. Die warm water en stoom van die stort laat bloekomolie van die blare vry en laat ’n lieflike reuk in die badkamer, ’n spa gevoel in jou eie huis!

Die bloekomolie bevat anti-inflamatoriese eienskappe, kan sinus, allergie en loopneus simptome verlig.
3. Natuurlike reuk en vogbeheerders
Jou badkamer se ongewenste reuke kan veroorsaak word deur vog wag nie behoorlik opklaar nie, die humiditeit in ’n badkamer (weens stoom en water) is partykeer die oorsaak.
Daar is ’n paar maklike oplossings wat jy dalk net die truuk mag doen:
Koeksoda in ’n houertjie absorbeer vog en onaangename reuke van klam handdoeke.
Jy kry ook slim sakkies vol houtskool wat verder reuke en vog absorbeer.
4. Gebruik geurverspreiders en kerse

’n Geurverspreider is een van ons gunsteling manière om ’n spasie vars te hou – en daar is sekere verspreiders wat werklik die truuk doen, hier is ’n paar gunstelinge:
Kerse in ’n badkamer is wonderlik vir ontspan in ’n borrelbad maar selfs nog beter om die spasie te laat lekker ruik.

Hier is ’n paar van ons gunsteling lekker ruik kerse:
5. Plante vir ‘n lekkerruik badkamer

Het jy geweet sekere plante kan die kwaliteit van die lug in jou spasie verbeter als terwyl dit daardie tikkie dopamiene varsheid bied.
Vir jou badkamer – kies plante wat lugreinigende eienskappe het. Plante soos Peace Lilies, Snake Plants en spekboom is perfek hiervoor.

As jou badkamer baie vogtig is kies plante soos varings, palms, spinnekop plante en delicious monsters.
6. Maak gereeld, goed skoon

Dit is natuurlik die heel belangrikste om gereeld jou badkamer, toilet en dreine goed skoon te maak om te verhoed dat ongewenste reuke rondhang.
Vir jou dreine, gebruik ’n kombinasie van koeksoda en wit asyn wat bakterieë elimineer en so ook die opbou van ongewenste reuke.

Gebruik ’n silikoon toilet borseltjie en voeg ’n bleikmiddel in aan die onderkant van die houertjie hiedie truuk elimineer ook bakterieë en reuke.
Sny suurlemoene in die helfde en gebruik dit teen jou krane of selfs stortdeure om die opbou van daardie ongewenste with kalk te verwyder – boonop ruik die sitrus suurlemoen geur vars en skoon.
