As Suid-Afrikaners leef meeste van ons se huise na buite toe en mooi buitemeubels is op byna almal se wenslysie. Met vier seisoene se hoë en lae temperature, wind, reën en son is daar ’n paar faktore om in ag te neem wanneer jy meubels kies vir jou stoep/buitearea. ’n Binnehuis-ontwerper deel haar 6 beste wenke vir buitemeubels kies, van stylwenke tot stoorplek raad. Saamgestel deur Justine Kroes.
22/09/2023
1. Hou die meubelstyl in gedagte
Binnehuis-ontwerper Marne Koorts verduidelik “Van ’n ontwerps-perspektief is dit belangrik dat die styl van meubels wat jy kies, jou huis se buitekant asook jou binne-areas komplementeer. Veral as die stoep of buite-area direk uit die huis vloei.
Hou skakerings, afwerkings en boustyl in gedagte wanneer jy meubels kies om seker te maak al die stylelemente pas goed bymekaar.
2. Klimaat
Die klimaat speel ’n belangrike rol in die keuse van meubels. Die Suid-Afrikaanse wind, son en reën en daarby die uiterste hoë en lae temperature kan buite meubels vinnig beskadig. Hou jou plaaslike klimaat in gedagte wanneer jy meubels kies. Om meubels in ’n materiaal te kies wat die beste werk in jou klimaat, sal verseker dat die meubels langer hou.
Hou hierdie in gedagte:
Sonblootsteling: Sal die meubels heeldag in direkte sonlig staan of word dit onderdak gebruik?
Humiditeit en temperature moet ook in ag geneem word. Areas hoog in humiditeit kan lei tot muf op jou buitekussings byvoorbeeld.
Of woon jy in ’n area waar sterk wind voorkom? Kies dalk swaarder meubels; ligte meubels sal moontlik deur die wind omgewaai word.
3. Stoorplek
Marne sê “Indien jou buitemeubels nie reg deur die jaar gebruik word nie, probeer ’n stoorplek vind of skep wat jou meubels sal beskerm teen die elemente. As stoorplek en spasie ’n probleem is, is meubelbedekkings of oortreksels altyd ’n goeie idee. Hierdie truuk sal jou buitemeubels beskerm teen die natuurelemente en jou meubels in ’n puik kondisie hou.”
Marne se raad; Party buitemeubel verskaffers bied pasgemaakte oortreksels vir hulle reeks van meubels, hou dit in gedagte wanneer jy jou kopie maak.
Indien jy nie die regte mates in vir meubeloortreksels kan vind nie, wees gerus; jy kan natuurlik jou eie meubelbedekking laat maak om bo-oor en rondom jou buitemeubels te pas.
Bloc Outdoor Furniture Weatherproof Cover kan ook meubelbedekkings laat pasmaak om jou buitestel te pas.
Hier is nog ’n paar voorstelle van Marne;
4. Onderhoud
Marne se topwenk wanneer dit kom by meubels kies vir jou buite-area is:
“Wees realisties oor die hoeveelheid onderhoud wat jy bereid is en in staat is om te doen”.
Houtmeubels verg byvoorbeeld meer onderhoud as aluminium. Maak die nodige berekeninge voordat jy koop – as jy elke tweejaarliks jou hout buitestel moet vervang omdat jy sdit nie gaan afskuur ens nie, dan is dit dalk nie die regte stel vir jou nie.”
5. Kies die regte materiaal
Hier is ’n paar materiaalvoorstelle om in gedagte te hou voor jy jou volgende buitestel koop;
All weather wicker / resin wicker
Indien jy op die “riet” oftewel wicker afwerking besluit, kyk uit vir woorde soos “High Density Polyethylene (HDPE) wicker” en nie ’n goedkoop plastiek of PVC Wicker nie. Die sintetiese PVC wicker / riet afwerkings sal vinnig bros raak, lostrek en kraak. Die HDPE weergawe is ’n baie beter weerstandige materiaal.
Daar is ook heelwat All Weather Wicker opsies by Patio Warehouse, loer hier.
Tou
UV bestande poliëstertou word ook gebruik om interessante en unieke ontwerpe en meubelstukke te skep. Die tou is weerstandig teen alle weerkondisies. Dit skep ook ’n meer gemaklike sitplek op bankies
Hout
Indien jou houtmeubels aan direkte sonlig blootgestel word, sal dit heel moontlik bleik en van kleur verander, wat beteken dit sal gereeld behandel moet word om te verhoed dat dit kraak. Hout is ’n hoë onderhoud materiaal vir buitemeubels en sal gereeld afgeskuur en vernis moet word. Iroko – African Teak, is ’n goeie keuse en dit sal die beste hou in die meeste weerkondisies.
Aluminium
Aliminium is sterk, duursaam en verg min tot geen onderhoud. Die meubels is ook lekker lig en kan maklik rondgeskuif word indien nodig.
Staal is nog ’n opsie indien aliminium nie jou begroting pas nie. Kyk net hoe mooi is die reeks bedekte staal van Perdersen Lennard
Stofferingsmateriaal
Dit wil sê enige kussings wat geskik is vir buitegebruik moet ’n hoë UV-bestande telling hê, dit moet kleurvas wees, ’n hoë “rub count” hê, en mildew resistant wees. Selfs die binneste deel (inner) van die kussings sal van ’n spesiale spons gemaak moet word wat vogweerstandig is.
Indien jy jou buite kussings stoor om te beskerm teen die elemente, kies ’n droë, koel en donker area.
6. Beplan reg en gebruik jou buite-area reg deur die jaar
As jy graag jou buite-area tydens die koeler maande ook wil benut, is ’n bron van hitte altyd ’n goeie idee. Kies opsies soos:
’n Losstaande vuurput kan ook goed werk as ’n koffietafel tydens somermaande. (loer hier)
En lees gerus ’n Vuurput vir jou buite-area
Gas verwarmers kan ook ’n buite-area baie gesellig maak. Hier is ‘n paar opsies.