Van sagte syserpe tot sjiek knippies, haarbykomstighede fokus vanjaar op hare wat moeiteloos mooi en stylvol lyk daarby. Of jy nou tuisbly of uitgaan saam met vriendinne, hier is ses haarbykomstighede wat nou trend, g’n professionele stilering nodig nie! Deur Justine Kroes
6 Haarbykomstighede wat nou trend
1. Franse stylknip

Die Franse stylknip bring daardie tikkie “stille luuksheid” na jou haarroetine. Jy gebruik ’n gekurfde metaalknip om half-op half-af hairstyle te skep. Of selfs net sjiek bollas of French twists. Gewilde skakerings is goud en silwer.
Wenke: Kies ’n French pin of ’n “U Pin” met kurwes – hierdie hou hou hare glo stewiger vas.
2. Barrette/Haarknip

Barette haarknippies maak ’n modestelling – eenvoudig, sjiek en so veelsydig. Van metaalskuif weergawes tot die wat bedek is met pêrels. Hierdie haarbykomstigheid het die krag om enige voorkoms meer gepoleerd en afgerond te laat lyk.
Wenke:
Stapel ’n klompie barrettestyl knippies aan die een kant van jou hare vir ’n modieuse voorkoms.
Of gebruik vir ’n hare agtertoe voorkoms en knip jou gunsteling barette agter teenaan jou hare vas.
3. Syserp

’n Syserp is een van 2025 se moet-hê modebykomstighede, maar het jy geweet jy kan dit in jou hare ook dra?
Nog ’n truuk wat ons graag gebruik om vuil of uitgroeihare te verbloem. Die stileeropsies met jou haarserp is byna eindeloos – bind dit “bandanastyl” om jou kop, vou dit soos ’n haarband of bind jou haarserp om jou poniestert vas. Ons dink natuurlik ook dit is ’n blitsvinnige manier om ’n stylvolle element aan ’n vervelige uitrusting toe te voeg.
4. Klouknip (Claw clip)
Moeiteloos en ’n funksionele kopie, boonop word daar ook geglo dat hierdie knip gesonder is vir jou hare omdat stywe haarrekkies skade kan aanrig aan jou hare.

Klouknippe oftewel claw clips is die ideale haarbykomstigheid wat dadelik jou “vasmaak haarstyl” meer stylvol as ’n doodgewone poniestert laat lyk.
Veral lekker om in jou kar of handsak te hou vir wanneer die dag lank raak en jou hare net eenvoudig vinnig moet “op”.
Sien jou “claw clip” as ’n modebykomstigheid, daar is so baie verskillende skakerings en style tans beskikbaar of ruil eerder jou ou haarknip uit vir ’n fyn dun metaal knip, ’n knip wat soos ’n seeskulp lyk of een wat met pêrels versier is.
Wenk:
Hou ’n haarknip in jou handsak vir indien jy vinnig jou hare wil vas hê. Perfek vir besige warm somersdae wanneer jy net nie meer die warm hare in jou nek kan hanteer nie.
Kleiner “claw clips” werk gooed om verskillende lengtes lae vas te knip.
5. Retro kopband

Helder kopbande is gewoonlik ons nommer een truuk vir uitgroeihare wegsteek (of te wel dit trek ten minste die aandag weg van jou uitgroeikleur). Maar vanjaar kies ons daardie retro-materiaal kopbande. Dink aan ’n 60’s uitblaas haarstyl en ’n retro kopband daarby. Die kobande in neutrale kleure pronk byna op elke modebekende se kop.
Hierdie retro kopband voorkoms laat enige uitrusting dadelik meer gepoleerd, sjiek en afgerond lyk.
6. Metaal haarrekkies

Hierdie is nou een haarbykomstigheid wat behoorlik oorneem, haarrekkies met metaal versierings. Ons dink dit is ‘n sjiek manier om ‘n doodgewone ponistert of bolla af te rond. Bind eenvoudig jou metaal-versierde rekkie om jou hare om binne sekondes ‘n gepoleerde haarstyl te skep
Wenk: as jy langer hare het stapel ‘n klomp van hierdie metaal-rekkies teen jou ponistert af.


















