Deur jare agter die skerms en op fotosessies te werk het ons ’n paar slim maskaratruuks by grimeerkunstenaars en modelle geleer. Ons deel 6 van ons beste maskarawenke plus hoekom hierdie vyf slim Clarins maskaras op ons gunstelinge lysie is. Deur Justine Kroes & Suzanne Kotze
Promosie
30/09/22
Ons 6 beste maskarawenke;
1. Wikkel daai borseltjie
Wikkel die borseltjie tot amper reg teen jou ooglid. Ek het onlangs weer ’n vriendin gesien wat maskara net op die punte van haar wimpers aanhet. En moes toe eers weer vir haar verduidelik dat as jy nie die maskara van die wortels af aanwend nie, die punte van jou wimpers (waar die maskara aangewend is) swaarder is, en dan afhang. Dit maak dan dat jou oë meer toe lyk, eerder as meer oop. En dit is tog die rede hoekom ons maskara aanwend. Groter, oop oë. Suzanne
2. Waterdigte maskara vir ‘niesers’
Die van ons wat met hooikoors sukkel weet hoe maklik jou maskara smeer as jy nies of as jou oë tranerig is. Juis hierom is waterdigte maskara ’n goeie keuse. Maak net seker jy het ook ’n grimeerverwyderaar (soos Clarins Instant Eye Make-Up Remover) wat waterdigte ooggrimering kan verwyder. Suzanne
3. Wimperkruller
’n Wimperkruller maak ’n reuseverskil. Die meeste van ons het nie elke dag tyd hiervoor nie, maar doen dit gerus vir spesiale geleenthede. Ek blaas myne sommer vinnig met my haardroër warm, vir ekstra krul. Pasop net dat jy nie brand nie. Suzanne
4. Wend meer as een lagie aan
Baie van ons dink een lagie maskara is genoeg – maar vir voller wimpers, wend gerus ’n paar lagies aan. Om seker te maak dat daar nie klonte vorm nie, wag so 2-3 sekondes tussen lae. Onthou ook om aan jou onderste wimpers maskara aan te wend, as jy dit net bo aanwend kan dit jou wimpers swaar maak en laat hang. Justine
5. Poeier op wimpers, probeer dit!
’n Truuk wat ons jare gelede geleer het – ’n swiep deursigtige gesigpoeier (as jy nie het nie werk baba-poeier net so goed) oor jou wimpers met ’n groot poeierkwas, grimeerborseltjie of selfs ’n oorstokkie. Wend dit aan albei kante van jou wimpers aan. Wend daarna jou maskara bo oor aan, nie net sorg dit vir voller wimpers met “woema” volume nie, maar dit voorkom ook dat jou maskara maklik smeer. Justine
6. Wimpervoorbereiders
Wimpervoorbereiders (primers) is ’n goeie idee. Dit voed jou wimpers en laat hulle terselfdertyd langer en dikker lyk. Wend dit aan voordat jy jou maskara aanwend. Baie wimpervoorbereiders moedig ook die groei van wimpers aan – veral goed vir die van ons wat daarvan hou om vals wimpers te dra. Justine
5 Gunsteling maskaras van Clarins
Die serum-maskara wat omgee:
Die nuwe Clarins SOS Lashes Serum Mascara kom tot die redding van beskadigde wimpers. ’n Slim maskara- en-wimperbehandeling in een.
Hierdie maskara bestaan uit 94% natuurlike bestanddele – die ander 6% is preserveermiddels wat ’n vormende effek skep op die wimpers.
Die SOS Lash Serum wenresep:
- Organiese kasterolie, wat aanwending vergemaklik.
- Organiese hawermoutsuikerekstrak wat die wimpers se natuurlik vorm en krul aanmoedig.
- Mastic ekstrak wat die wimpers versterk vanaf die wimperlyn, selfs tot by die wortel.
- Clarins se ikoniese LASH BOOSTING COMPLEX wat wimpers verleng en versterk.
Gebruik dit daagliks so:
As ’n serum – die effense karamelkleur gee jou natuurlike wimpers se kleur ’n hupstoot. Hierdie serum versorg en beskerm jou wimpers gedurende die dag.
Gebruik as ’n wimpervoorbereider (lash primer) voor jou maskara – dit berei jou wimpers goed voor en sorg vir foutlouse aanwending en maskara wat langer sal hou.
Saans:
Gebruik saans as ’n serum op jou wimpers vir intense voeding en versterking van jou wimpers.
Die maskara wat “lig” en krul
Met die Clarins Supra Lift & Curl Mascara kan jy gerus jou “lash lift” afspraak maar kanselleer– hierdie maskara sorg vir ’n onmiddelikke lig van van jou wimpers (sonder enige skade).
Die maskara bevat Clarins se LASH LIFTING COMPLEX wat met gereelde gebruik en tyd die natuurlike vorm en krul van jou wimpers verbeter en aanmoedig.
Die slim gekurfde maskaraborseltjie is gemaak van sagte, dun haartjies wat die kurwe van elkeen van jou wimpers perfek raakvat, lig, krul en bedek met maskara.
Wimpers met volume:
Clarins se Supra Volume maskara beloof voller wimpers met ekstra volume en boonop versorgings-voordele daarby.
Hierdie maskara bevat Clarins se spesiale VOLUME BOOST COMPLEX wat die volume van jou wimpers voller laat vertoon na slegs vier weke se gebruik.
4 Dimensionele wimpers
Vergeet van jou vals wimpers – met Clarins se Wonder Perfect Mascara 4D, sal jy letterlik nie jou oë glo nie. Hierdie slim maskara:
- Skep volume; bedek elke wimper van wimperlyn tot wimperpunt en laat elke wimper voller en dikker voorkom. Na gereelde gebruik te danke aan Clarins se LASH BOOSTING COMPLEX versorg dit boonop jou wimperhaartjies.
- Eindelose lengte; die tekstuur van die maskara skep ’n verlengende effek op jou wimpers.
- Ongelooflike krul; Met behulp van drie verskillende plantwasse insluitend rooswas , bedek hierdie maskara jou wimpers met ’n ligte film wat daardie mooi krul aan jou wimpers terug besorg.
- Hoë definisie; geen wimper word gemis nie ,danksy die slim borseltjie wat wimpers skei en bedek met ’n eweredige hoeveelheid maskara vir hoë definisie wimpers.
Die maskara wat hou en hou (en hou!)
Al die voordele van Clarins se Wonder Perfect Mascara 4D maar nou ook in ’n waterdigte weergawe.
Hierdie maskara skep ook volume, krul, en gee definisie maar is “emosie weerstandig” daarby. Wat Clarins hiermee bedoel is ’n maskara waarin jy kan huil (trane van vreugde natuurlik!), oefen en sweet, wat dus hitte en waterbestand is. ’n Maskara wat hou en hou? Ja asseblief!