5 Wenke vir ’n groener skoonheidsroetine

’n Omgewingsvriendelike, oftewel ‘groener’ skoonheidsroetine, is makliker (maar soms ook moeiliker) as wat jy dink. Die belangrikste is om te begin, maak een verandering op ’n slag. Hier is wenke oor hervulbare produkte en selfs raad oor hoe om jou produkte op die regte manier weg te gooi. Deur Suzanne Kotzé en Justine Kroes.

18/09/2023

1. Wees realisties

Jy hoef nie dadelik alles te verander nie. Dit is dalk oorweldigend om te dink jy moet skielik jou hele roetine verander en nuwe produkte koop (en ure se navorsing doen daaroor) vir ’n meer omgewingsvriendelike skoonheidsroetine.

Dit is nie die geval nie; elke klein veranderinkie wat jy maak, kan help. Of dit nou is om meer omgewingsvriendelike produkte te koop, of selfs net om jou skoonheidsrommel reg weg te gooi.

2. Vermy enkelgebruik-produkte

Vermy dit om enkelgebruik-produkte te koop en te gebruik. Enkelgebruik-produkte (single use products) verwys na produkte wat jy net een (of dalk net ’n paar) keer gebruik en dan weggooi. Voorbeelde sluit in watte, sheet masks of gesiglappies (face wipes) wat boonop nie bioafbreekbaar is nie. Verruil eerder jou watte of weggooi-gesiglappies vir ’n moeselienlappie waarmee jy jou grimering kan verwyder en weer en weer kan gebruik. Daar is deesdae selfs herbruikbare oorstokkies en katoensirkels beskikbaar (wat ons nog nie probeer het nie!).

Nog ’n paar items in ons almal se badkamers is daardie weggooiskeermes – kies eerder ‘n vlekvryestaalskeermes, waar jy die lemme kan vervang wanneer nodig. Verruil sommer ook jou plastiektandeborsel vir ’n bamboes- of bioafbreekbare alternatief.

3. Verpakking en hervulbare produkte

Dit is veel beter om hervulbare produkte te gebruik. Ons hoop meer skoonheidsmaatskappye sal hierdie omgewingsvriendelike idee volg. Met hervulbare produkte is spesifieke aandag aan die ontwerp en ontwikkeling, sowel as verpakkingmateriale gegee.

Ons nuwe gunsteling- hervulbare produk is Molton Brown se New Infinite Refill Bottle van hul ou gunsteling Bath & Shower Gel. Hierdie slim ontwerp beloof om jou plastiekspoor met 63% te verminder omdat die hervulbare bottel baie lank gebruik kan word. Jy hoef eintlik nooit weer ’n ander houer aan te skaf nie – jy koop net ’n hervulweergawe wanneer jou Molton Brown-stortjel op is.

Molton Brown Infinite Bottle Re-Charge Black Pepper 400ml (R1065); Molton Brown Re-Charge Black Pepper 400ml Bath & Shower Gel Refill (R720)

Die Infinite Refill Bottle is uit 100% herwonne aluminium gemaak. Aluminium moet glo minstens van 75% herwonne materiale gemaak word om meer volhoubaar as plastiek te wees. Molton Brown se innoverende span het nie teruggehou nie en besluit die bottel moet uit 100% herwonne aluminium gemaak word, wat beteken 95% minder energie word gebruik en 83% minder koolstofdioksiedvrystellings vind plaas met die maak van so ’n bottel.

Beslis indrukwekkend dat die maak en die hergebruik van ’n stortjelbottel so ’n merkwaardige ‘groen’ impak en verskil in jou daaglikse skoonheidsroetine kan maak.

Ons nuwe gunsteling- bad- en stortjel is beskikbaar in drie hemelse geure (soos net Molton Brown kan!) Fiery Pink Pepper, Coastal Cypress & Sea Fennel en Re-Charge Black Pepper Bath & Shower Gel. (Beskikbaar by skinscosmetics, Arc Store, Edgars en Woolworths).

4. Gooi jou produkte reg weg

Jy is dalk goed daarmee om jou kombuisvullis uit te sorteer, maar wanneer dit by jou badkamer kom, land alles in een drommetjie. Oplossing: Kry ’n drommetjie met twee kante soos die Joseph Joseph Split™ Bathroom Bin (R769, Woolworths). Nog ’n oplossing is om twee klein drommetjies in verskillende kleure te koop en herwinbare verpakking in een kleur drommetjie te gooi.

Onthou ook: gooi jy bioafbreekbare verpakking in jou gewone drom, beteken dit niks dat jy bioafbreekbare produkte gekoop het nie, want tussen al die gewone rommel op die ashoop kan dit dekades neem om af te breek – of selfs nooit nie. Gooi dit eerder op jou komposhoop.

5. Kies omgewingsvriendelike handelsmerke

Maar hoe weet ek ’n skoonheidsprduk is werklik ekovriendelik? Wees op die uitkyk na tekens of woorde soos: Ecocert, COSMOSFrance, Leaping Bunny, Faír for Life.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
4 Grimeerkunstenaars se gunsteling onderoog verbloemers
error: Content is protected !!