georganiseerde werkspasie
georganiseerde werkspasie

5 Wenke vir ’n georganiseerde werkspasie

’n Stylvolle werkspasie is georden, met ’n perfek georganiseerde skryfbehoeftelaai, ’n digitale laai gevul met die nuutste toestelle (almal natuurlik wit) en nie ’n papier uit plek nie.

Die vraag is of dit enigsins moontlik is? As huisorganiseerders sien ORDEN dikwels dieselfde uitdagings in werkspasies – te veel boeke, stapels ou tydskifte, drade wat gekoek is en papiere wat oral rondlê. Deur Natascha Mostert

10/02/2023

Die meeste van ons spandeer eindelose ure per week by ’n lessenaar, daarom is dit nodig dat dit nie net mooi lyk nie, maar ook goed ingerig moet wees. ’n Deurmekaar lessenaar of oorvol kantoor kan lei tot verhoogde stresvlakke, emosionele uitputting of selfs fisiese ongemak soos rugpyn en verswakte visie.

Belê in ‘n goeie kantoorstoel

Raak ontslae van jou ongemaklike stoel en koop een wat ergonomies vir jou werk. Dit mag dalk na ‘n groot uitgawe lyk, maar dit is ‘n belegging in jou gesondheid.

Skaf ’n mooi lamp aan

Goeie beligting het ’n impak op jou produktiwiteit of luim. Natuurlike lig is ideaal, maar indien daar nie ’n venster naby is nie, skaf ’n mooi lamp aan. ’n Lamp, kuns teen die muur, ’n mooi mat en ’n plant kan ’n vaal spasie sommer vinnig omtower.

Hier is vyf wenke vir ’n georganiseerde werkspasie

Wenk 1: Gooi weg!

Raak ontslae van ou toestelle en laaiers, ou tydskrifte, koerante, strokies en papier.

Wenk 2: Kry ’n stelsel in plek.

Organisering gaan alles oor ’n sisteem. As jy dokumente moet liasseer, kies eenkleurige lêers – dit skep eenvormigheid. “File organisers” is ’n begrotingsvriendelike manier om hanglêers te stoor.

Wenk 3: Kalmeer die “clutter” of warboel

Hoewel ons in ’n digitale era leef, is ons mal oor ’n goed ingerigte skryfbehoeftelaai. Stoor onooglike papiere in ’n houer met ’n deksel. Merk dit ook met ’n mooi etiket. Stal jou mooi goed uit en steek dit wat onooglik is weg in houers en laaie.

Wenk 4:  Hoe gemaak met al die drade?

Drade is ongelukkig ’n oogseer. Soms is dit nodig om alle toerusting te ontkoppel, die hele spul te ontkoek en dan weer van vooraf in te prop. Maak net seker jy weet waar om dit weer in te prop! ’n Koordlose digitale stasie help om drade te verminder en jou toestelle altyd gelaai te hou.

Wenk 5: Die digitale laai

Ons hou ook van digitale laaitjies waarin laaiers, oorfone en batterye gestoor kan word. Deursigtige houers in verskillende groottes wat bo op mekaar kan stapel [soos THE HOME EDIT ALL-PURPOSE DRAWER LARGE DEEP van @home] werk nie net vir skryfbehoeftes nie, maar ook om elektroniese toestelle en koorde in te organiseer.

Oulike produkte om jou kantoor georganiseerd te hou

Acrylix Tape Dispenser deur Alexa Lily (beskikbaar by thelocaledit.com)
Multifunctional Pen Holder (R99, Trendz of today)
Stationary Holder Fluted Glass & Metal (R349, home.co.za)
Mellow Magazine Holder – Felted Sand Brown (R675, santos.co.za)
Simply Stored Office Division Organiser (R199, home.co.za)
Yeelight Staria Bedside Lamp Pro with Wireless Charging (R1 399, digicape.co.za)
Typo Collapsible Tech Hub (R199, cottonon.com)
Acrylic Floating Shelf Large (R1 699, home.co.za)
Acrylic Leaning Shelf (R8 299, home.co.za)
Typo Metal Scissors (R149,99 cottonon.com)

Volg ons gerus op Instagram of Facebook by orden.ocd vir meer idees of besoek ons webwerf by www.orden.co.za of stuur ‘n epos na hello@orden.co.za

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
beddegoed
Die beddegoed wat ons nou wil hê
error: Content is protected !!