5 Wenke vir klein spasie dekor

Al ooit gewonder of jy die regte ontwerp- en dekortruuks volg vir jou klein spasie? Slim truuks met verf, “layering”, lig en slim stoorplek is ’n paar elemente om in gedagte te hou vir jou klein spasie.

Kreatiewe direkteur en eienaar Erica Schalkwyk van Form Interior Design & Décor in Johannesburg deel 5 wenke met ons vir kleinspasie dekor. Deur Justine Kroes

26/08/2022

1. Skaal en proporsie

Enige dekoritem of meubelstuk hoort in lyn te wees met die proporsie van die kamer, byvoorbeeld ’n baie minimalistiese item kan skraal lyk in ’n groot vertrek en so ook ’n bonkige item oorheersend in ’n klein vertrek.

Dit gaan nie net oor fisiese grootte nie – maar die visuele grootte van ’n item. Die visuele grootte kan maklik gemanipuleer word op die oog af – byvoorbeeld as jy in ’n kleiner vertrek inskuif en jou rusbank is effens groot, kies ’n materiaal met ’n gladde tekstuur. Materiaal met meer tekstuur skep meer skaduwee en skaduwee beinvloed daardie visuele gewig en laat die bank “swaarder” lyk.

Foto: Form Interior Design & Decor

Kies meubelstukke met ’n klein bietjie hoogte – soos ’n bank of stoel met dunner pote. Meubels plat op die grond (of materiaal wat tot op die grond hang) lyk weer swaarder waar meubels met dun pote hoogte skep en daarby die illusie van ’n “ligter” visuele gewig.

Kies minder meubelstukke vir ’n klein spasie om meer plek te laat vir bykomstighede en kuns wat jy graag wil insluit.

Kies ook kleiner kanttafeltjies wat onder mekaar inskuif (nesting tables) eerder as ’n groot koffietafel wat dalk die spasie mag oorheers.

Foto Form Interior Design & Decor

2. Lig is belangrik in jou klein spasie

As daar nie genoeg natuurlike lig in jou vertrek is nie, maak gebruik van lampe en ligte om snoesige hoekies van lig te skep. Dit lei die oog van een area van lig na ’n ander area van lig. ’n Slim dekortruuk.

Byvoorbeeld ’n leeslig/lamp langs jou bank of stoel, of ’n lig teen die muur net bokant ’n kunswerk.

klein spasie
Foto: Form Interior Design & Decor

Moet nie net een lig in die middel van n vertrek hê nie. Speel rond met verskillende areas in die vertrek, en werk met dit wat jy het.

Foto: Unsplash

Indien jou vertrek baie natuurlike lig inlaat – moenie bang wees om donker kleure, teksture en patrone in jou spasie te gebruik nie. Solank dit snoesig en uitnodigend lyk maak die reëls nie saak nie!

3. Werk slim met verf

Daar is honderde trendy kleurblok verftegniekidees beskikbaar op Instagram wat dalk vir jou ’n paar idees kan gee om dalk strepe of lyne te verf in ’n kamer. Verf byvoorbeeld jou muur net halfpad om oë op en af te trek in plaas van oë wat rondom die kamer beweeg.

klein spasie
Foto: Form Interior Design & Decor

As jy graag ’n donker skakering op die mure wil gebruik, verf dan ook net die muur halfpad wat sal verhoed dat die vertrek te donker lyk.

Kleurblokverf is nog ’n wonderlike manier om jou eie kunsstuk te skep in jou eie spasie. Dit skep ’n interessante aksent in die spasie en is heel bekostigbaar om te doen.

Foto: Form Interior Design & Decor

4. Pak weg en stoorplek vir jou klein spasie

Ons weet nou al teen die tyd, n klein spasie wat deurmekaar lyk kan selfs nog kleiner lyk. Probeer “declutter”, regpak en wegpak vir jou klein spasie

Erica se raad: Maar seker jy het genoeg stoorspasie voordat jy met die regpak en wegpak proses begin. Gebruik slim planne soos ingeboude kaste, mandjies en mooi bokse.

Foto: Form Interior Design & Decor

Dink ook aan dit wat jy die nodigste sal hê in hierdie klein spasie of vertrek om jou gelukkig te maak en gelukkig te hou.

Decluttering” is ’n goeie ding – net solank dit jou gelukkig maak. Maak planne vir stoorplek op ’n manier wat sal waarde toevoeg tot jou alledaagse lewe.

5. Dekor in lae “layering”

Enige spasie, maak nie saak hoe klein of hoe groot nie, as die elemente wat jy liefhêt en koester in lae in ’n vertrek geplaas word – sal enige vertrek die perfek grootte wees.

“Layering” skep die illusie van diepte in ’n spasie met ’n koesterende gevoel daarby.

Foto Unsplash

Maak seker die “lae” van dekorelemente wat jy insluit ’n uitstalling is van wie jy is – omhels jouself met items wat jou gelukkig gaan maak.

Voorbeelde van “layering”

As die muur halfpad (in twee skakerings geverf is) met ’n kunswerk teen die muur en ’n lig bokant daardie kunswerk.

Skep die gevoel van lae met klomp kussings op jou rusbank, en mandjies langs jou bank gevul met komberse.

“Layer” ’n mat en ’n klompie kanttafeltjies met jou gunsteling dekorbykomstighede.

Foto Unsplash

Gebruik matte, ligte, kunswerke, gordyne, patrone, kussings en interessante dekorelemente om te “layer”

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Die elegante ‘Neo-Classica’ dekorvoorkoms
error: Content is protected !!