Valentynsdag hoef nie die kinders uit te sluit nie – as jy en jou ander helfte nie vanjaar ’n romantiese afspraak het vir Valentynsdag nie, vier Valentynsdag saam as gesin. Loer hier na ’n vyf oulike idees om Valentynsdag saam met jou gesin te geniet! Deur Justine Kroes
03/02/2023
1. Geniet ontbyt saam
Hierdie oulike idees gaan wel verg dat jy ’n bietjie vroeër opstaan (of die aand voor die tyd solank wafels maak!) maar kyk hoe oulik (en maklik) is die hartjiewafel-idee – sit voor met bessies, jogurt en nutella vir ’n klein bietjie bederf.
Gebruik jou gewone wafelmaker en druk hartjievorms uit met ’n groot hartjie koekiedrukker of loer hier na die oulike hartjiewafel masjien beskikbaar by Clicks:
Hartjie-flapjacks/pannekoeke
Kyk net hoe oulik is die Flapjack Kit van Woolworths ook.
Hartjie-eierbroodjies, druk ‘n hartjie met ‘n koekiedrukker uit die brood en bak jou eier in die middel van die broodjie, toad in a hole, ala toad in a heart!
2. Dek ’n mooi tafel
Kyk hoe mooi is hierdie breekware vir ’n valentyns-ete saam met jou gesin:
3. Kosblikke vol liefde
’n Spesiale verrassing vir die kinders en jou ander helfte deur die dag
Aarbeie in hartjievorms
Hartjie-broodjies gevul met aarbeikonfyt.
As tyd knyp vul die kosblik met hierdie oulike happies:
4. Bak saam
Om saam as ’n gesin tyd in die kombuis deur te bring is van onskatbare waarde. Bak valentynskoekies, kolwyntjies of sjokoladehappies. Loer hier na die mooiste hartjie-bakware:
5. Fliek-aand in die tuin
Mits dit ’n mooi aand is, dra ’n klompie komberse en kussings buite toe vir ’n fliek-aand onder die sterre. Gebruik jou kersliggies om dit feestelik te laat voel en ’n ou wit laken as jul fliekskerm.
Kyk hoe oulike is hierdie springmieliebokse wat jy aanlyn kan bestel, dit maak die fliekaand net so effens meer opwindend.